Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
Mr. Truman Capote
Requests the pleasure of your company
At the Black and White Dance
On Monday, the twenty-eighth of November
At 10 o’clock
Grand Ballroom, The Plaza
Dress
Gentlemen: Black Tie, Black Mask
Ladies: Black or White Dress
White Mask, Fan
Truman Capote kon ewe maklik saam met die Kennedys seil of, in die ure voor sonop, met Andy Warhol deur die loergate van smerige klubs kyk na vleeslike en vreeslike ontsporing.Een ding was seker: Capote kon, as hy nugter was, subliem skryf, en as hy nie geskryf het nie, het hy van die mooiste vroue op aarde om hom versamel.
Daardie aand was Capote se triomf – met Katherine Graham aan sy sy, het hulle die crème de la crème van New York verwelkom: Sinatra en Mia Farrow, Lee Radziwell, Gloria Guiness, Penelope Tree, Marella Agnelli, Cecil Beaton en nog vierhonderd ander.En Babe Paley.

“Babe Paley het net een fout gehad”, het Truman Capote opgemerk. “Sy was perfek.Andersins was sy perfek”.Ook Bill Blass is deur haar betower: “Ek het nooit gesien dat sy nie iemand se aandag afdwing nie: die hare, die grimering, die varsheid.Jy was nooit bewus van wat sy gedra het nie, jy het net Babe Paley gesien en niks anders nie.
Beide Capote en Blass was fyn waarnemers van die modes van hul tyd, beide was venynige skinderbekke en versamelaars van die mooiste vroue in New York. “My swane” het Capote hul genoem - CZ Guest, Slim Keith, Gloria Guinness, Jacqueline Kennedy en Babe Paley.
Dis verstommend dat die bron van byna alles wat elegant is aan ‘n vrou, sy oorsprong in Frankryk en Italië het.Hier en daar is ‘n uitsondering maar die inspirasie vir mode en skoonheid is suiwer Wes-Europees.Net so verstommend is dat die toepassing van al hierdie finesse op sy suiwerste in Amerika voorkom.Dis Anna Wintour en Diana Vreeland wat oor dekades heen bepaal het wat die wêreld sal dra, maar meer belangrik, hoe hulle dit moet dra.Dit geld ook vir parfuum, en as jy oor die jare heen kyk na die voorkeure van die styl-ikone, loop dit regdeur soos ‘n refrein: Mitsouko, Mitsouko, Mitsouko..............
Guerlain troon uit bo die parfuumhuise van die wêreld.Reeds sedert 1828 maak hul hemelse parfuums en was, van die begin, baanbrekers met nuwe formulerings.In 1889 verskyn Jicky, tot vandag een van die verruklikste parfuums ooit.Toe, in 1906 verskyn Après l'ondée en in 1912 L'Heure bleue, beide nog beskikbaar.Met die vrystelling van Mitsouko in 1919 en Shalimar in 1925 was daar nie meer twyfel nie; Guerlain was die meesters.
Mitsouko (1919): Tot vandag bly Mitsouko die maatstaf waaraan alle ander Cyphre-tipe parfuums gemeet word.Vernoem na Coty se beroemde Cyphre (1917), is hierdie parfuum ‘n delikate balans tussen eikemos, labdanum en bergamot.Dis speels en ernstig, somber en vars tegelyk – geen wonder dat dit Serge Diagilev se gunsteling was nie.
Shalimar (1925): As ek dink aan die mees luukse geur op aarde, dan dink ek aan Shalimar.Vanielje is die hart van talle parfuums, maar hierdie een is perfeksie – die balans tussen vanielje en amber is nét reg.Dit ruik na Parys se naglug, daardie wonderlike balans tussen sjiek vroue en goeie kos.
Samsara (1989): Naas Opium van Yves Saint Laurent is Samsara vir my die volkome Oosterse geur.Opulent, luuks en luidrigtig staan Samsara op ‘n basis van drie geure: sandelhout, jasmyn en vanielje.Toe my dogter Sarah dit die eerste keer geruik het, het sy haar oë styf toegeknyp en gesê: “Vir die winter”. Samsara is so luuks soos nerts.
Insolence (2006): Ek onthou my eerste kennismaking met Insolence en die gedagte het by my opgekom dat dit so outyds is, so “kerkerig”.Mens leer egter om alle parfuums te herbesoek want tyd, plek en gemoed het ‘n kragtige uitwerking op die neus.Nou weet ek dat dit ‘n simfoniese blom- en vrugtegeur is – laag op laag van viooltjies, tuberoos en ryp bessies.Kragtige goed hierdie; wees gewaarsku en spuit lig aan.
Vetiver (1959): Die manlikste van alle mansparfuums.Sitrus word gevolg deur ‘n fabelagtige kuskusgras soos géén ander, groen en grond en effe peperagtig, en dan, laastens, mos.As ‘n man slegs een parfuum op die rak mag hê, moet dit Vetiver wees.
Habit Rouge (1965): Ek wens dat ek hierdie subtiele juweel beter kon opsom as Luca Turin wat dit as “Soet stof” beskryf het.Klink dit vreemd?Nee, as jy dit eenmaal geruik het, sal jy verstaan hoe seder, kaneel, leer en ‘n titsel sitrus kan saamwerk om hierdie efemere wonder te vorm. Soek Habit Rouge op en ek waarborg dat jy dit sal koop,vir jouself of vir iemand wat jy liefhet.
“Mode vervaag, maar styl is ewigdurend” was Yves Saint Laurent se beroemde segging. In ‘n parfuumwêreld waar elke pop-sensasie of eendagvlinder ‘n geur of drie op die mark het, staan Guerlain alleen as die skepper van meesterstukke.
- Foto van mylusciouslife.com
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
Dave Pelpler Blog: Looopneus in Londen
SARIE - Maart 2011
Die dag na Kersfees stap ek en Sarah die Tate Britain binne, op pad na haar eerste ontmoeting met Francis Bacon se oorrompelende “Three studies for figures at the base of a crucifiction”.
-
Dave Pepler blog, Snuf in die neus: Sewe doodsondes
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 3
Van die sewe doodsondes weet ek slegs hoe wellus ruik. My neus vertel my dit het 'n effe olierige reuk, byna soos vars botter, met ‘n ondertoon van gekneusde gras.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler blog: Die geur van groen
SARIE Augustus 2010
Hoe ruik groen?
-
Dave Pepler blog: Die nuwe landskap van parfuum
SARIE Augustus 2010
"Van die laaste "oud-wêreldse" skeppings was Yves Saint Laurent se Opium, en kort daarna Estee Lauder se Cinnabar."
-
Dave Pepler blog: Esteé Lauder – so Amerikaans soos pampoentert
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tolbosse het oor die pad gewaai, êrens suid van Laramy. Ver, ver teen die westerse horison kon ek die sneeubedekte Rockies sien en ek verbeel my dat die Grand Tetons deur sliert mis sigbaar was.
-
Dave Pepler blog: Hermès - draagbare Franse kultuur
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Seville op ‘n somermiddag en die kwik staan op 48 grade Celcius - die stad is doods want die siesta het almal platgetrek.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2
SARIE - April 2010
Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se parfuumblog: "'n Tuberoos, is 'n tuberoos, is 'n tuberoos..."
SARIE September 2010
Reuke kan vet wees, of reuke kan maer wees. Suurlemoensap is maer en muskus is vet, byvoorbeeld. Die hemel weet waar ek aan hierdie aroma-klassifikasie kom, maar selfs as kind het reuk by my geregistreer as swaar of lig, groen of ryp, vet of maer.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Die reënboog van reuk
SARIE - Mei 2010
Dis maklik om kleur vas te pen, want ons het mos die rëenboog; geen wonder dat daar onlangs gevind is dat gesofistikeerde tale ryk is aan kleurbeskrywings nie.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Donker geure, wilde geure
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
-
Sarie.com-blogger Dave Pepler se besoek Ysland vir aardverwarming
SARIE - Desember 2010
Dave Pepler, aanbieder van Groen op kykNET, bewaringskenner en akademikus, ontsluit die wonderwêreld van parfuum in sy blog. ’n Besoek aan Ysland in Augustus 2010 het hom tot ’n nuwe besef gebring.


















Kommentaar
Isabella Niehaus het gesê:
Ai Dave ek lees sooooo lekker aan jou stories! Net na die bekendstelling van Samsara was dit vir jare my gunsteling....en my besoeke aan die Guerlain-winkel in Parys sal my altyd bybly! Dankie vir al die herinneringe wat jy wakker maak! Isabella.
29ste Nov. 2010, 09:15