Dave Pepler se Snuf in die Neus: Die reënboog van reuk
Dis maklik om kleur vas te pen, want ons het mos die rëenboog; geen wonder dat daar onlangs gevind is dat gesofistikeerde tale ryk is aan kleurbeskrywings nie.
Rooi is rooi is rooi. Maar as dit kom by reuke, raak dinge moeilker. Kyk gerus wat gebeur as ‘n aantal mense ‘n onbekende reuk moet beskryf – is dit toffie, of amber, of roos? Daar is bitter min vaste reuke, onmiskenbaar en uniek.
By parfuum is dit effe makliker, want daar is groeperings van reuke wat dadelik herkenbaar is, en dit bestaan gewoonlik uit geur-note en families. As dit by note kom, lyk dit só:
* Blomnote – blomme, sagte blomme
* Oosters – oosters, sag oosters
* Houtagtig – mosagtige hout, droeë hout
* Vars – groen, water en sitrus

By byna alle parfuums word note gekombineer in “lae” om bo-, middel- en basisnote te vorm, waar mens die bo-noot eerste waarneem, die middelnoot kom te voorskyn nadat die eerste indruk verdwyn, en dan die sogenaamde “drydown”, die blywende indruk van die parfuum.
Teen 1900 het die klassieke klassifikasies ingetree en mens kon dus parfuums indeel as volg:
1.1 Enkel blomgeur – Fracas van Robert Piguet is ‘n skitterende voorbeeld, met tuberoos as dominante geur.
1.2 Blom-boeket – Victorian posy van Penhaligon
1.3 Oosters – Guerlain se Shalimar troon hier uit met sublieme vanielje en amber
1.4 Houtagtig – Standard van Comme des Garcons
1.5 Leer – Die meesterstuk van Robert Piguet, Bandit, of Rien van Etat libre d’Orange
1.6 Cypre (uitgespreek seefre) – Mitsouko van Guerlain, en, laastens
1.7 Fourgère – laventel en boom-mos domineer met Cartier se Roadster ‘n goeie voorbeeld
Deesdae het moderne en nuwe klassifikasies ingetree, met sintetiese wonders wat water naboots (Davidoff se Cool Water), groen soos in Chanel No.19, lekkerbek-geure soos by Thierry Mugler se Angel en ook die onklassifiseerbare, die randfigure soos Bulgari se hemelse Black, Timbuktu van L’Artisan Parfumeur en die ontstellende Secretions Maginfique van Etat libre d’Orange.
Nou is daar genoeg gepreek, en vanaf volgende week sal ons begin om die ware reënboog van parfuum te verken – noot vir noot en groep vir groep.
Bronne:
Robert Piguet - http://www.robertpiguetparfums.com
Penhaligon - www.penhaligons.co.uk
Guerlain - www.guerlain.com
Comme des Garcons - www.doverstreetmarket.com
Etat libre d’Orange - www.etatlibredorange.com
Cartier - www.cartier.com
Davidoff - www.zinodavidoff.com
Chanel - www.chanel.com
Artisan parfumeur - www.artisanparfumeur.com
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
60 sekondes met Dave Pepler
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Dié stories fokus grootliks op inheemse plante en elkeen word met 'n nostalgiese anekdote ingelei en in pragtige, liriese Afrikaans beskryf.
-
Dave Pepler blog: Die blondine in die kryt-wit Austin Healey
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nee, hulle vra om ’n vrou wat ’n soliede sin van self het, en wat haar nie steur aan wat die mode voorskryf nie.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler blog: Esteé Lauder – so Amerikaans soos pampoentert
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Tolbosse het oor die pad gewaai, êrens suid van Laramy. Ver, ver teen die westerse horison kon ek die sneeubedekte Rockies sien en ek verbeel my dat die Grand Tetons deur sliert mis sigbaar was.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2
SARIE - April 2010
Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
-
Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Donker geure, wilde geure
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
SARIE - Mei 2010
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.


















Kommentaar