Dave Pepler se Snuf in die Neus: Katjiepiering
Ek het vergeet hoe jonk ek was toe ek vroeg een oggend, in die lente van 1984, die lang kronkelpad opgestap het na die Alhambra in Granada, Spanje.
Soos ‘n seeskulp met ‘n kosbare juweel daarbinne verklik die gebou niks van buite nie. Die argitektuur is monumentaal, maar sonder groot ontwerp, byna organies, asof dit as nagedagte aanmekaargesit is. Dan tref die ruimtes jou, een na die ander, suiwer, koel abstraksie, byna om soos deur ‘n albaster te kyk.
Na ‘n uur moes ek na buite, oorversadig aan die oordaad van detail, die skoonheid, die gees. Ek het verder bult-op gestap na die Generalife, die Nasrid-konings se rusplek – Die tuin van die hoë paradys. By die fontein van die Patio de la Acequia het ek ‘n koeltekol gekry, my water gedrink. Met my oë toe, my rug teen die stam van ‘n sipres, het ek bewus geword van ‘n geur in die lou oggendlug. Nou, as ek katjiepiering ruik, voel ek die bas teen my blaaie, hoor ek water drup en sien, agter my oë, die sneeu van die Sierra Nevadas.
Katjiepiering ruik na katjiepiering.En na niks anders nie.Die naaste wat mens aan hierdie verruklike geur kom, is tuberoos, kanferfoelie en miskien, net miskien, ‘n Seville-lemoenboom in volle blom.In die hele parfuum-ryk kan net katjiepiering en tuberoos alleen staan, want alle ander reuke steun op die akkoorde van ander.Maar dié twee se note is absoluut suiwer en vas.
Ek het nog altyd geure as olfaktoriese teksture beskou, met ander woorde, dat reuke “grein” of grint het, soos dié van strooisuiker teenoor kristalle. Daarby is geure na my mening droog, klam of selfs vetterig, soos dié een. Katjiepiering kleef.
As die geur van viooltjies soos gekookte rys is, en dié van rose soos gebraaide aartappels, is katjiepiering eierpasta met room, ham en baie kaas. Katjiepiering kry drie Michelin-sterre.
Katjiepiering in die tuin (Gardenia augusta)
Katjiepierings bestaan uit byna tweehonderd spesies struike en bome wat wyd versprei is oor Afrika en Asië. Tuiniers plant dit nie net vir die kortstondige blomtyd nie, maar ook vir die lieflike loof (katja vir blink oppervlak en piring vir skotteltjie, beide uit die Maleis).
Kweking
Mens soek goedgedreineerde, humusryke, sanderige en neutrale grond vir hierdie plant, en, daarby, ‘n plantplek met halfskadu.Hulle hou van eweredige temperatuur en beskerming teen koue winde.Dis raadsaam om die struik terug te snoei na die blomtyd, om vorm te behou en jong groei te stimuleer.Hou ‘n ogie op peste en plae, want katjiepiering is gunstelingkos vir rooispinnekop en dopluise.
Katjiepiering-parfuums
Dis byna onmoontlik om ‘n subtiele parfuum met katjiepiering te maak – Luca Turin* noem hulle “stonkers” - groot geure soos Dior se Poison, Thierry Mugler se Angel en Lolita Lempicka se Lolita.Met jasmyn of met speserye, of hout- en harsmengsels kan jy laag op laag saamstel, maar katjiepiering staan trots en alleen.
Die geur is byna animaal, vlesig, vetterig.Dis die reuk van warm vel, van stoom in ‘n badkamer en dis donker, ‘n walm vir die skemer.Esteé Lauder se Tuberose Gardenia in die Private Collection is een van die grotes.Ander goeies is Tom Ford se Velvet Gardenia en Gardenia van Penhaligon, maar hulle is duur en moeilik bekombaar.Nog een met styl is Annick Goutal se Gardenia Passion, maar ek vermoed dis versny met net te veel tuberoos.As jy een klassieke katjiepiering-geur op jou rak wil hê, is dit die Esteé Lauder.
By ‘n dans, op ‘n warm aand en met net kerse as beligting, spuit jy Esteé Lauder se Tuberose Gardenia ruim aan.Dra jou halslyn laag, en gaan pruil op ‘n balkon na ‘n tango of ‘n paso doble.En wag ...
Bronne:
*Turin, L. & Sanches, T. 2008. Perfumes: the guide.Profile Books. Londen.
Verwante artikels
-
'n Eksklusiewe uittreksel uit Dave Pepler se boek, Immergroen
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Lees die eksklusiewe uittreksel uit sy nuwe boek: Klein katedrale van die veld
-
60 sekondes met Dave Pepler
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Dié stories fokus grootliks op inheemse plante en elkeen word met 'n nostalgiese anekdote ingelei en in pragtige, liriese Afrikaans beskryf.
-
Dave Pelpler Blog: Looopneus in Londen
SARIE - Maart 2011
Die dag na Kersfees stap ek en Sarah die Tate Britain binne, op pad na haar eerste ontmoeting met Francis Bacon se oorrompelende “Three studies for figures at the base of a crucifiction”.
-
Dave Pepler blog, Snuf in die neus: Sewe doodsondes
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 3
Van die sewe doodsondes weet ek slegs hoe wellus ruik. My neus vertel my dit het 'n effe olierige reuk, byna soos vars botter, met ‘n ondertoon van gekneusde gras.
-
Dave Pepler blog: Die blondine in die kryt-wit Austin Healey
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nee, hulle vra om ’n vrou wat ’n soliede sin van self het, en wat haar nie steur aan wat die mode voorskryf nie.
-
Dave Pepler blog: Die geur van groen
SARIE Augustus 2010
Hoe ruik groen?
-
Dave Pepler blog: Die nuwe landskap van parfuum
SARIE Augustus 2010
"Van die laaste "oud-wêreldse" skeppings was Yves Saint Laurent se Opium, en kort daarna Estee Lauder se Cinnabar."
-
Dave Pepler blog: Hermès - draagbare Franse kultuur
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Seville op ‘n somermiddag en die kwik staan op 48 grade Celcius - die stad is doods want die siesta het almal platgetrek.
-
Dave Pepler blog: Jasmyn – geur van die nag
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Net voor ek gaan slaap het, het ek my kamervenster oopgemaak. Bewus van die ysige winde wat snags afsypel van die Cordillera de la Costa, het ek ekstra komberse oor die geborduurde beddeken getrek.
-
Dave Pepler blog: Kaprisieus en dapper - État libre d’Orange
SARIE - November 2010
Kamp is nie noodwendig tentopslaan langs die Vaalrivier nie, of om jou karavaan na Keetmanshoop te sleep nie.
-
Dave Pepler blog: Snuf in die neus deel 2
SARIE - April 2010
Hoe breek jy weg van die bekende botteltjies op jou spieëlkas?
-
Dave Pepler blog: Tydloos soos Babe Paley
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Só het die uitnodiging gelees na ‘n geleentheid wat New York in 1966 tot stilstand gedwing het. Die gasheer, ‘n besope en giftige skrywer, was een van die sosiale katalisators van sy tyd.
-
Dave Pepler parfuum-blog: Ou mans ruik na bokram
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Ou mans ruik na bokram, en jongmans na nat strooi. En rooikoppe na gekneusde gras?
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Die reënboog van reuk
SARIE - Mei 2010
Dis maklik om kleur vas te pen, want ons het mos die rëenboog; geen wonder dat daar onlangs gevind is dat gesofistikeerde tale ryk is aan kleurbeskrywings nie.
-
Dave Pepler se Snuf in die Neus: Donker geure, wilde geure
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
As jy na ‘n roos wil ruik, dra een, en as jy na ‘n deurmekaar-tuin wil ruik, koop goedkoop reukwater.
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
















Kommentaar
Hans v d Merwe het gesê:
Hoe alergies kan n mens wees vir n katjiepiering
5de Mei. 2011, 20:57