Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
Ek lieg, dit het niks met Kersfees te doen nie. As kind het ek heeljaar uitgesien om te verjaar, en teen Augustus word ek angstig. Dis wanner ek my nuwejaarsvoornemens maak ... wanneer ek myself belowe daar sal magic in elke dag wees. You just have to believe it and make it happen, Madam!! Vanjaar se lys is lank, want so het ek omtrent verlede jaar se lys 'n mis gegee en voortgestoom op die ou trant. Ek gaan niemand bore met my lysie vir die jaar nie. Dis substansieel en ek sal my kant moet bring!
Humour my en laat ek myself totaal indulge aangesien ek erg meerderjarig word.
Daar's nog een lid van die Niehaus-clan wat julle nie ken nie. Hy is 18 maande oud. Kruis tussen 'n Alsatian/rottie. Sy naam is MOBE, en hy is ongelooooflik lewendig. Hy swem en ry golwe dat jy net kan smile. Hy slaap langs my op my wit linne en skielik is ek nie bang so op my eie nie. Hy't klein oortjies en die mooiste swart merkies op sy tone. Hy praat net Engels. En soos my waterkind is Mobe ook 'n water baby!!! Ek't vir hom 'n sagte kombersie gekoop en nou het sy blankie al minstens 20 gaatjies in soos hy in die aande die bersie kou/suig tot hy rustig word.
So salig soos dit hier op die duin is, is dit soms net te ver. Mense kan nie sommer van die Kaap af oorry vir 'n glasie en 'n happie nie. Dis 'n behoorlike uittog en oorslaap. Dié dat Taro en Lee (ook 'n dreadlock child) vir my 'n 55ste fesie gaan gee. Hulle cater ... 'n vissie, vetkoek ... en baie aandag!!
Twee Sondae terug het ons modefoto's by die Grand Café en Grand Gallery Boadicea op Granger Bay gedoen. Jy moet mooi mik of jy ry verby ... dis dan 'n building site met 'n sinkplaat-skuur. Draai regs daar voor die Radison en stamp maar gerus deur die slaggate. Dis 'n wonderlike verrassing wat op jou wag!
Tonne sand is ingebring om 'n strand te vorm waarop meubels staan onder groot sambrele. Binne teen die sink-agtergrond hang die opulent chandeliers, lang tafels gedek met die rooi glase. Soos jy by die deur inkom, word jy toegevou in 'n ongelooflike geur. En of jy wil of nie, outomaties dra jou bene jou na die Grand Gallery Boadicea. Dis die Grand se eie parfuum wat jou nadersleep. En tussen die juwele, kaftans, kuns, silwerware is daar een enorme luukse waarmee jy jouself moet bederf ... 'n soja-kers gegeur met die Grand-geur. EN ... you can use the soya wax to rub on your skin!!!!! Daai bietjie waks wat altyd oorbly ... dit het 'n doel!
Die Café maak sulke lang plat pizza's ... en 'n kingklip gemarineer in gemmer, heuning en chilli and topped with rocket and parmesan shavings!!! Smullend!
En so staan en verluister ek myself aan al die mooi mense wat op 'n Sondagmiddag by lang tafels kom sit en eet ... mooi klere ... mooi juwele ... groot glimlagte ...
Vandaar ry ek deur Big Bay toe ... vir lunch saam met kind. Sit en wag vir hom en eavesdrop so na die gesprekke om my. Dis ouers en kinders en daar's 'n stunning gemoedelikheid. Iemand skater omdat haar wange rooi kolletjies uitslaan van die wyntjie... en weer is jy bewus van die ongelooflike uitsig oor Tafelberg en die stad en die see. Dan dink ek aan my stukkie hemel en hoe fabulous dit is om soveel skoonheid om elke hoek en draai te hê ... ons moet dit net raaksien.
Die aand gaan kyk ons Mamma Mia by die Artscape ... hoe lekker! Jou voete tap ... jou hande klap ... jy wil net opspring en saamwikkel!! Wat 'n fees en lekker manier om een week af te sluit en die volgende een te begin.
Die naweek was nat en triestig ... lekker kosmaak-weer. Die see is woes en die kleur so 'n snaakse groen. Saterdagaand se slaai was 'n eksperiment, maar 'n lekker een! Babaspinasie blare, avo, aarbeie en so 'n lekker sagte feta van Woolies ... gemaalde swartpeper (genoeg!!) en growwe sout ... en sousie ... teelepel heuning, halwe teelepel English mustard (moet Colemans wees!), balsamasyn en olyfolie ... LEKKER!
Toe die son, wat maar min haar gesig gewys het, gisteraand agter Saldanha gaan lê, toe groet sy met so 'n oranje burst of colour!
Lekker week ...
Isabella.
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!



















Kommentaar
PinkPolkaDot het gesê:
Wow, ek beter ophou lees en begin kos maak, maar ek kan my net nie hier wegskeur nie! Jy skryf uitstekend en dit is sooooo lekker om dit te lees!
5de Okt. 2010, 15:45Celia Pelser het gesê:
Bella, jy het maar net n manier met woorde ek kan alles so voor my sien terwyl ek jou blog lees, eintlik is dit asof ek jou kan hoor praat. Mooi foto van julle familie. Lekker om jou blog te lees
26ste Aug. 2010, 18:33Muriel het gesê:
O maar ons gaan lekker kuier vannaand sien so uit daarna Antiegoed.... Kan nie wag nie... En die rubriek is verskriklik oulik tata
26ste Aug. 2010, 14:03Tanya O'Connor het gesê:
Ek was nou vir 'n wyle daar waar jy was, juis oppad Punt toe by Mosselbaai, by die tidal pool waar ek leer swem het 'n hele paar jaar gelede! Jy deel 'n verjaardag met 'n goeie vriend van ons, ek gaan nou nou by die punt sit en 'n glasie druiwesap drink net op jou!
26ste Aug. 2010, 10:42Nit Brand het gesê:
Nita Brand, Blue Lagoon Dit klink of jy 'n feestelike tyd agter die rug het - laat weet vir my en Marisan wanneer daardie feestelikheidjie gevier gaan word. Dis lekker om jou blog te lees.
26ste Aug. 2010, 10:13Rozitha Oosthuizen het gesê:
Rozitha Oosthuizen : Bellie my maatjie, op jou verjaardag vandag voer jy weer my gedagtes weg na mooi plekke - ek ruik sommer die Grand hier waar ek in my kantoor sit. Dankie vir die deel en saamgesels - Lief jou
26ste Aug. 2010, 08:57Ulanda het gesê:
Wonderlik...........net soos jy dit kan stel! xxxx
26ste Aug. 2010, 08:48Jan-Willem het gesê:
Bella, Ik wist niet dat je Mobe had! Wat leuk - een dotje!!! Big hug, Jan-Willem
26ste Aug. 2010, 08:41Anneke Basson het gesê:
Hi Bella, so lekker om jou blog te lees. Ek mis nou daai heerlike scones van jou!
25ste Aug. 2010, 22:01Riana Mellish het gesê:
Hi Bella Stunning stuur dit na al my vriendinne! Hoop om jou en nuwe baba gou te sien love Riana xx
25ste Aug. 2010, 18:03Simon Rademan het gesê:
My hart trek sterk Kaap toe! Jy moet sommer baie lekker verjaar, Bellie... x
25ste Aug. 2010, 14:34gerard het gesê:
lekker gelees bellakie. more-oggend steek ons kerse aan om die dag saam met jou te vier. volgende week vier ons dit behoorlik. eers hier op rooiels, en dan op hermanus weer 'n keer. ons gee die bubbly, en jy bring daai mooi glase van jou saam. en die kersstaanders. lekker verjaar! G&A
25ste Aug. 2010, 12:00Lee September het gesê:
"oranje burst of colour" - ek sien dit in my geestesoog soooooooo mooi! moet definitief weer in die Weskus gaan kuier, geniet Bella!
25ste Aug. 2010, 11:41Velicia le Roux het gesê:
Die Weskus se 'orange burst of colour' bring memories terug wat mens laat verlang na 'n dorp en mense wat na aan jou hart le... Wens ek was daar!
25ste Aug. 2010, 10:16Gilly Green het gesê:
Bella, I'm coming to visit you soon now that I'll have more time to myself to do the things I want to do! Just love your blog ...and my Afrikaans will improve by leaps and bounds! Gilly
25ste Aug. 2010, 09:16Martie Swanepoel het gesê:
Ek wens ek kon saam met jou op die strand staan en stokke gooi vir jou nuwe waterbaba. Gryp jou geluk vas!
23ste Aug. 2010, 14:12