Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
Ek verlang tog so nou en dan na daai frustrerende ondervinding wanneer jy magteloos in ‘n stadsverkeersknoop vasgebind sit! En jy loer so agter jou donkerbril na wat in die ander karre aangaan!!
Ummmm, daar word my verlange toe verlede week inderdaad bewaarheid en ek word summier midde-in gedompel toe ek by die parkeergarage uitry, vas in die vuvu-blasende Oranje brigade.
Net daar ry ek agteruit, terug na parkering no. 824. Af met die hyser en binne minute is ek in my swart 'outfitjie' in die hiper-energieke stroom opgeslurp! Hup, Holland, Hup!
Terug in die dorp beleef ek ‘n Weskus-verkeersknoop. Hulle werk aan die pad en die boodskap op ‘n groot geel bord lees iets soos "Ontspan, daar’s padwerk en als vat biekie langer." Wat kan jy sê? Jy kan net smile en sit en wag en wag. Slow down, madam, môre is mos nog ‘n dag. En ek dink aan een van daai slim filosowe, Eddie Cantor, wat gesê het: “Slow down and enjoy ... it’s not only the scenery you’re missing by going too fast. You’re also missing the sense of where you’re going and why!”
As mense een keer diep in my hart gekruip het en hulself daar tuismaak asof hulle genooi is, los ek hulle maar daarbinne! Daar’s drie sulke wonnerlike Weskus-hartkapers in my lewe ...
Rhona, so dun soos ‘n plankie, is nou al vier jaar deel van die familie. Sy’s ‘n aanwins wat geen mens met ‘n huis sonder kan nie. Een – sy hou nie van stryk nie! Twee – silwerskoon maak is nie haar ding nie. Stof solank dit skoon is, mag maar bly!! En my opreggeteelde Dalmation genaamd Sav-vi met ‘n klem op die Sa is nou sommer Sewwie die GESPOTTE hond! Maar haar hart is groot en mooi en sy’s ‘n character en sy’s lief vir my kind en vir die honne en vir mooi blomme....en ook vir my!
In kontras met die kleine Rhona is Jennifer volrond en ‘n kombuis-goddess soos min. Sy maak ‘n viskoekie wat jou na jou asem laat snak. Haar phylo pastry- spinnekopitas en Marokkaanse hoender-parceltjies is legendaries. Sy’t duisend persent geduld en bak die smelt-innie-mond anyskoekies wat versigtig in versiersuiker gerol word. Niks word in ‘n tupperbak weggebêre nie...nee op ‘n skinkbord met waspapier dat mens eers die meesterstukkies kan bewonder.
En wanneer ek begin hiperventileer omdat ek altyd op die laaste nippertjie (last minute.com) nog goed wil verander en nie weet waar om te los en waar om rêrig vas te vat nie sal Jennifer so oor haar brilletjies na my loer en sê “Bella ... doen een ding oppe slag!” En liewe Rhonatjie sal net lag en op en af met die trappe skarrel...want vandag raas die vrou se kop weer!!!
En dan’s daar Dowie. Doof en stom! Dié het onder Jennifer se vlerk hier aangekom as die nuwe tuinman. Eintlik is Dowie ‘n upholsterer wat ‘n erg presiese tuinman geword het en geleer het om ‘n tafel te help dek met wit linne, glas en silwerware in perfekte styl nes ‘n Engelse butler dit sou doen!
Net waar ek gaan, piekel ek die drie saam ... ons bak, dek, hang harte en mobiles, sit in, haal uit, dra rond, staail die scenery, maak nuwe tuin en haal dit more weer uit ... bou sommer ‘n kerk op die strand en maak alles wat ons vier harte begeer mooi vir almal!
Saterdag het my tuin nogal hulp nodig gehad. Maar hier word daar toe gereën. So Dowie moes my mooi Afrikabeeld turkoois verf en met die hulp van nat lap en skuurpapier die houtpop ’n interessante arty look gee. Toe’s dit eers 10 uur en dit reën steeds vir ‘n vale ... skuur die voordeur af. Klaar. Nou die ysterrelings. Als met liefdesorg en konsentrasie. So teen eenuur hou dit op reën en nou takel hy my tuin.
Net gou die tuin verduidelik: gebreekte skulp, 6 olyfbome en drie erg gelukkige turksvybosse wat sommer heeljaar deur dra en ons amper uit die voorste kampie uit groei, ‘n stuk of tien aalwyne wat Erik de Milander van Clanwilliam nog vir my aangery het, en ‘n bak besondere diep groen pietersielie ... en ‘n beautiful bak onder een van die olyfbome wat leeg MOET bly, want SEWWIE lê altyd daarin!
En asof hy met kosbare saffraan werk, so versigtig sny Dowie deur die turksvybos. Die blare groei oor als. So uitdun! En dan word al die dorings versigtig afgevryf en met ‘n glinster in daai oë oorhandig hy ‘n skottelvol plomp turksvye! Oranjes en groenes!
Op sy eie, in sy stil wêreldjie, is Dowie rêrig een met die ‘scenery’ om hom nes asof dit alles syne is ...
Net gou oor die wonderlikste vondse wat ek vir die kosmark gevind het! Van die stad met die N7 tot in Malmesbury en dan Hopefield/Langebaan is ‘n laaaaaang ompad. Maar soooo die moeite werd. By Moorreesburg se afdraai wag tannie Lucy Carstens my in met haar befaamde hoenderpasteie. Dis vir die Saterdag-kosmark. Well, well, well, wat kan ‘n city girl say? Die pasteie verkoop uit soos soetkoek en bestellings stroom in! Egte, regte skilferkors wat tannie Lucy 200 keer die lug in gooi!! 50 keer gooi...rus, weer 50 gooie...weer rus om die perfekte tekstuur vir die delikate kors te kry. En die vulsel NET hoender!!!
Dis lekker hier. En dis mooi. Na elke reënbui is daar nog nuwe skakerings van groen. En elke blom steek dankbaar haar koppie uit met haar mooiste gesig op! Alles is skoon en vars en eerlik in die veld. Hierdie tyd van die jaar laat ‘n mens wens jy kan die mooiheid sommer bottel!
In die kop wat raas, bly daar maar die stemmetjie wat praat en vra of dit nie tyd is om weer terug te trek stad toe nie....daar's meer geleenthede om dinge te doen......Vir eers dink ek moet ek aan die bottelering van die veld se mooiheid werk!!!!
Tot ‘n ander keer
Bella Isabella.
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 16
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
-
Julle oor gewig ná swangerskap
SARIE Augustus 2010






















Kommentaar
Lesley Zondagh het gesê:
Bellie my eertydse buurvrou - jy is uniek wonderlik - hou so aan. Mis jou sommer nou vreeslik. XX Lesley.
2de Aug. 2010, 16:08Louise het gesê:
Baie dankie! My e-pos is louisero@nedbank.co.za
2de Aug. 2010, 09:28Johan Wilke het gesê:
Hulle se dit is `n hondelewe, as ek net so tussen daardie twee hondjies na daai view kan kyk as die son ondergaan, jy is so blessed! Ja, en `n viskoekie resep is nie `n slegte idee nie, die tyd dat jy begin deel aan daai weskusresepte!
28ste Jul. 2010, 08:13Gerda Genis het gesê:
Dierbaar en beautiful.....ek mis jou bella....wanneer drink ons weer 'n koffietjie??
27ste Jul. 2010, 23:26Isabella Niehaus het gesê:
Louise ek stuur vir jou......gee my jou email adres.....dan's hy oppad na jou toe.Bella.
26ste Jul. 2010, 18:27Louise het gesê:
In albei blogs verwys jy na wonderlike viskoekies - wat is die kans dat ek die viskoekie-resepte kan kry asb? Ek het al verskeie resepte probeer maar het nog nie DIE een gekry nie. Ek sal baie dankbaar wees.
26ste Jul. 2010, 11:07Liza het gesê:
BEAUTIFUL-BELLA-BEAUTIFUL ! Wat 'n wegraping ! Jy sleep my deur die verkeer, deur jou hart en kombuis en in die Weskus glorie in - en hier sit ek nou en wens ek was daar. Dankie ! Liefde Liza
24ste Jul. 2010, 08:40Esther het gesê:
Dit is lekker om hierdie stories van jou mee te leef. Ek kan elkeen visualiseer, met 'n smile.
21ste Jul. 2010, 09:50Anja Esterhuizen het gesê:
hi daars niks lekkerder as die weskus,met al sy vars reuke en geure.bietjie kom relax toe ondek ek iemand se blog,kan nie wag om die volgende een te lees. stuur groete aan taro tara
20ste Jul. 2010, 08:27Elbeth Gillis het gesê:
Bella ek mis jou pragtige "styling" hier in die stad , maar jou stories is so wonderlik dat jy maar eerder op die duin kan bly en ons van 'n afstand af vermaak.Kom kuier as jy weer stad toe kom.
19de Jul. 2010, 09:17tersia jansen van vuuren het gesê:
dit lyk alles so vreedsaam en lekker, ek kan nie glo Taro is so sexy en groot nie. jy lyk ook baie gelukkig en gesond ons verlang en wil jou graag sien. liefde en God bless. Tersia
17de Jul. 2010, 18:15Elizabeth-Anne het gesê:
Huis is waar jou hart is, liefste Bella, en juis daarom neem jy 'n tuiste vir ons almal waar jy gaan want 'n mooier sagter hart kry mens nie op deeske ondermaanse nie, Liesbet
16de Jul. 2010, 16:19Annette Gilham het gesê:
Bly waar jy is - op die duin. Die stad is nie so ver as jy dit nodig het nie. Jy het nou die beste van 2 wêrelde. En vrede en stilte. Geniet dit. Met Sewwie.
16de Jul. 2010, 12:40Natalie Roos het gesê:
Bella Hoe mis ek nou vir julle. Bly maar eerder op die duin as in die stad.
15de Jul. 2010, 11:15