Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
"Ek’s Isabella. En het soos ‘n hele spul ander mense die ligte, verkeersligte en stopligte van verkeersknope van die stad verruil om in ‘n sementhuis op ‘n duin in ‘n klein weskusdorpie verligting te kom vind en my siel te voer....
Vir jare was wêreldstede en tydskrifte my speelveld...was ek minder slim om uit te klim want "out of sight, out of circulation"? Of het ek net verskuif van huis en kantoor "with a view"?
Die pluspunte van my nuwe kantoor: die strand vir jouself heel oggend tot so 11.30. Sonsondergang. Afterglow. Wat jy ookal gehoor het, dit is daar. Die eiland-sindroom bestaan!!!!
Daar's minder pluspunte: jy in jou flennie-pajamabroek op die strand laat mense praat; jou gespikkelde Dalmation kry die skuld vir als...al verlaat sy nooit die erf nie. Jou kind met sy rasta dreadlocks en kite-surfing-bestaan kan net onheil beteken!!
Tussen ‘n duin en die turkoois oseaan is daar twee keuses: sink of swem. Hoe lank kan ‘n city girl water trap?!
Skielik ontdek ek, ek kan goed doen wat ek nooit van geweet het nie.....Ek kan kook...en goed; ek kan organiseer en weereens goed. En ek is gek daaroor om gewone dinge en plekke mooi te maak. En mense te laat smul en smile en hulself geniet!!!
Die resultaat:
'n Kosmark op Vredenburg elke eerste Saterdag van die maand maak van small town ‘n smul town; klein troues word vir die beste en mooistes in die land omskep in groot memories; boekbekendstellings en vroue-dae of enige verskoning om 40 pêlle om een tafel te laat kuier.
Die uitsig is asemrowend en terwyl die gaste kuier, klets en wyn drink, geniet ek myself gate uit met bak en brou. Weskus-tapas het my eie stempel geword.... Jy vat bietjie van die Spanjaarde en dan van die Portugese en dan bring jou eie aanslag....bo-baas-spysenier Pauline Schreuder van Moorreesburg gee haar sampioen-patee en rolkaas met rosyne geweek in brandewyn en uit my ma se kookboek kom pampoenkoekies....en Jennifer van Louwville se pikante engelviskoekies....als klein en delikaat.
Ek pak die onmoontlike aan. Ek leer die heel heel beste in die land ken - al woon hulle in Sandton of Koringberg. Ek leer chandeliers maak van strikke en gebreek skulp...die mees unieke in die land en jy word die queen van strikke binde....soos niemand anders. Die duine en die omgewing is soos Pandora's box.
As ek terugkyk na die stad hou ek van my nuwe "corporate" lewe....my tweede kans waar ek leer die onmoontlike is moontlik!!
Een van persoonlike beste talente?
Ek verdwaal altyd.....en in my verdwaaldheid kom ek op die mees ongelooflike goed af wat ek graag met ander sal wil deel. Hoekom moet ek die enigste lucky queen of the dune wees!!
As dit vir julle OK is, gaan ek al die inligting en al die stories met julle deel."
Isabella Niehaus
Verwante artikels
-
Aletté-Johanni Winckler se weeklikse blog: My pad terug na 'n grootte 34 ná swangerskap
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 31
Aletté-Johanni Winckler, voorkomskonsultant en vrou van sanger Heinz Winckler, blog weekliks eksklusief vir sarie.com oor hoe sy beplan om weer ná die geboorte van hul eersteling, Lian, in haar nommer 34-broek te pas.
-
Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 16
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
-
Julle oor gewig ná swangerskap
SARIE Augustus 2010
-
SARIE-joernalis blog uit haar ‘kantoor’ in Parys
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek is gemoisturiseer en ge- Jean Paul Gaultureer-geparfumeer. (Ek smeer nie lipstiek aan op 'n deadline nie, dit vlek my keyboard as ek hom soms byt.) Nou moet daai mannetjie vir wie ek al 'n duisend boodskappe en e-posse gelaat het my net terugbel.
















Kommentaar
Ina Grobler het gesê:
Hallo Isabel, wil graag by jou hoor wat is die kleure- en klere-tendens vir die komende winter? Die sogenaamde "watervalle" van verlede seisoen was baie gewild, gaan dit weer 'n treffer wees? Groete Ina Grobler Bloemfontein
25ste Jan. 2011, 13:46Suzie Haasbroek het gesê:
Hierdie ma, is so dankbaar vir so 'n "crazy" vrou soos jy wat vir alles kans sien. Jou kookvernuf, persoonlikheid en sommer baie baie meer het my dogter Ilze Mostert se troue in 'n perfekte dag omskep. Jy is 'n stunning en amazing persoon! Jy kan maar oor die geleentheid ook spog, uit die boeke danksy jou!
14de Jan. 2011, 15:27Annette Theron het gesê:
Hoe gaan dit skone Bella? Waaroor gesels ons deesdae, bo en behalwe nou vrouedag binnekort? liefde Annette
27ste Jul. 2010, 19:11Mynie Grove het gesê:
‘Die ding met jou, Belli-kapoep, is dat NIKS jou bangmaak nie. NOG minder is 'onmoontlik' 'n woord wat in jou woordeboek is. NOG minder is inhaligheid 'n konsep wat jy verstaan. OK, laat ek liewer verduidelik: jy's die mees innoverende, gulhartige mal mens wat ek ken en jy's scary ougat. Die aakligste ding met jou is dat die Weskus nie 5 sekondes om die draai is nie en ek nie meer vinnig kan inpop vir 'n tee-ki en bolliepraat nie. Goddank vir die selfoon wat my af en toe laat uitsien na 'n onbeplande 'inval' van die Jeep-i en sy crazy sexy blonde bestuurder....nee wat, jy's nog altyd 'n show-off en ek gee op - jy WEN:) LIEF JOU STIKKINT!’
20ste Jul. 2010, 17:27Henriëtte Louw het gesê:
Bella wat 'n fees! Noem my onnosel maar dit is die eerste Blog wat ek besoek en wat 'n voorreg!(altyd te besig met iets kreatiefs) Voorspoed en geniet elke oomblik, die mooiste uitsig en al die suksesvolle okasies! Lief jou jy is enig soos jou Woning!
12de Jul. 2010, 22:07nedine blom het gesê:
jy't vergeet om te se jy kook die lekkerste mossels in die hele wereld..
12de Jul. 2010, 18:29Karin Theart het gesê:
Bella, ons eie Weskus ster. Jy is 'n inspirasie en 'n pragtige mens. Sien uit na die volgende!
12de Jul. 2010, 15:12Ian van der Westhuizen het gesê:
Stunning blog Bella!! Hou die eiervrug bo!!! ;) Hoop om jou gou weer te sien. Liefde Ian & Barend xxx
10de Jul. 2010, 19:15Caro Wiese het gesê:
Bella -- jy is inderdaad 'n vrou van staal . My mond hang behoorlik oop vir al die nuwe en waagmoedige dinge wat jy voortdurend aanpak . Ek bewonder jou saam met al die ander 'fans'en stuur liefde .
9de Jul. 2010, 20:06Annetjie het gesê:
Wat 'n ster! Ek was so bevoorreg om te sien hoe hierdie girl haar idees bymekaar sit en een fantastiese geleentheid skep vir iemand. Bella - jy skitter al klaar in wat jy doen, en mag dit groei. Jy is voorwaar 'n inspirasie. Ek sien uit na die gereelde briefies en stories.
9de Jul. 2010, 13:15erna het gesê:
Nes ek jou ken - niks kan jou stuit nie - ek wag in spanning vir die volgende uitgawe van "ons" reis... mwah** :D
9de Jul. 2010, 12:04Reinet het gesê:
Dit was so lekker om saam met jou te reis, dankie nosy rosie. Jou blog is stunning
9de Jul. 2010, 10:02Ronelle Viljoen het gesê:
Vrou Par Excellence!
8ste Jul. 2010, 18:56Ken en Hettie het gesê:
Isabel jou blog is fantasties. Gelukkig kan ek en Hettie getuig van jou besonderse huis met die mooi see uitsig gordyne. Te mooi! Ook het ons al jou kookvernuf op die proef gestel, en kan ons dit aanbeveel. Jy moet die blink kant bo hou, en ons is baie lief vir jou.
8ste Jul. 2010, 14:13Justine Tasker het gesê:
Bella! I have to comment in English because my Afrikaans is so bad! (I translated this on Google translate!) And now I know you are doing what you do best. Cooking, and making people feel amazing. And making creative chandeliers. I will have to put some in my shop! I am so glad you are following your heart and making the impossible possible. Can't wait to read more about your lovely place. And hope to visit one day soon.
8ste Jul. 2010, 13:47Debbie en Nico van Wyk het gesê:
As daar ooit 'n Engel op my pad gekom het dan is dit jy Bella. Jy is 'n inspirasie, jy het 'n passie vir die lewe en gee mens weer moed en lus om die lewe met alles wat jy het aan te pak. Dankie dankie vir jou. Debbie en die res van die van Wyks (jy weet wie hulle almal is)
8ste Jul. 2010, 13:04Lara Hughes het gesê:
Tannie Bellie, hoe verfrissend om wegtebreek uit my bestaande "corporate - gejaag" en n verbeeldingstog saam met jou te geniet! Dis fantasies,baie geluk!!!! My hunkering na die Weskus is sommer weer hernu. lus en klim sommer nou in my kar......
8ste Jul. 2010, 13:00Anna het gesê:
Wonderlik om sooo te kan lewe en dan ook daar oor te skrywe. Jy is n inspirasie. Go girl!!!
8ste Jul. 2010, 10:34Arita het gesê:
Bella wat n vreugde om saam met jou in jou sementhuis te kan kuier. Die Weskus is bly jou kantoor het verskuif!
7de Jul. 2010, 21:23Annette Gilham het gesê:
Die nostalgie na my Weskus/Sandveld wortels is nou, na die lees van jou blog, baie erg. Gaan aan - ons wil nog lees. O ja, onthou: ons vrouens verdwaal nooit, ons gebruik net alternatiewe roetes, en dis dan wat ons op allerhande interessante nuwe dinge afkom.
7de Jul. 2010, 10:03Simon Rademan het gesê:
Engelvrou! Jy maak my lus om my hele lewe sommer te verander, ook see toe te trek en die 'eiland-sindroom" soos jy dit met reg noem voluit te beleef. Geniet dit, en sjoe! Lekker om jou hier op Sarie se blad raak te lees!
7de Jul. 2010, 09:35RENE het gesê:
of liewers sosiale-kreefstert....sosiale-noek of bokom ....of wat van sosiale-meermin????
6de Jul. 2010, 21:24Rene het gesê:
op die strand is ek die ander een met die flennie-pajamabroek aan! at last ...ons het nou ons eie Weskus-sosiale flinder ..... Bly jy is hier.
6de Jul. 2010, 19:58Monique Bolton het gesê:
Hallo Bella,ai ons mis jou...Jy is regtig 'n inspirasie vir almal.Kyk bietjie onder die boeke afdeling ekt daar resensies geskryf,laat weet bietjie wat jy daarvan dink.Liefde Groete jou "Peetkind" xoxoxo
5de Jul. 2010, 21:05inghrid jones het gesê:
Hello Bella lekker om aanlyn oor jou te lees. gee tog ook raad oor hoe om 'n suksesvolle funksie aan te bied!!!!!
5de Jul. 2010, 18:10Mariki Chin het gesê:
Hi Bella, hoe lekker om nou gereeld te kan uitvind wat jy aanvang! Ek is klaar nuuskierig oor die kandelare van strikke en skulpe - jy weet mos... Een van die dae draai ek my kar se neus in jou duin se rigting. Liefde, Mariki ☺
5de Jul. 2010, 14:37Louise Zondagh het gesê:
en daar gaan sy weer.......soos altyd styg jy bo alles uit - trots dat ek jou as 'n vriendin mag he, en sien uit na al die interssanthede! Ek hou die borrels op ys....Louise (halfpad tussen die stadsligte en die duine).
5de Jul. 2010, 14:10Annette Theron het gesê:
Bella Bella, so jy verdwaal ook? Jou blog is stunning, nes jy, and I salute you for taking the decision to leave behind the bright city lights. Wat kan dan nou die stadsliggies "compare" met een van die sonsondergange van jou voorstoep af? Sterkte met al hierdie heerlike nuwe uitdagings! Liefde, Annette
5de Jul. 2010, 13:25Elsabe Aldrich het gesê:
Wat 'n lekkerte om so met jou verbind te wees. Jy is 'n puik Weskus-ambassadeur. Jou besondere styl kan nie gebottel word nie, maar op hierdie manier dring dit deur tot muwwer plekke en laat die lug souterig en vars voel. Jy is sappig kwadraat,liewe Bella. Hartvol liefde. Elsabe Echiveria
5de Jul. 2010, 13:08Natalie Roos het gesê:
Bella. Ek kan nie wag vir al die stories nie. As jy eenkeer mens se pad gekruis het ,is mens se lewe nooit weer die selfde nie. jy is 'n insperasie vir almal. Jy is 'n Engeltjie van Bo.
5de Jul. 2010, 12:55Nita Hazell het gesê:
Bella, jy maak ons almal jaloers met jou vertellings van die lewe in n 'smul town' en jou kantoor met n uitsig oor die see. Lyk my jy gaan n regte Country Life meisie word en dat ek by jou sal moet kom aanklop vir stories. Kom vir jou kuier en Weskus tapas eet op jou stoep.
5de Jul. 2010, 12:49Jan-WIllem het gesê:
Bella! Heel erg leuk! (Begrijp niet alles - maar daar gaat het niet om!) Vanaf nu een wekelijkse blog hoop ik? Tot snel Baie druk! Jan-Willem
5de Jul. 2010, 10:13Liza het gesê:
Hello Dierbare "Magnanimous" muse ! Ek het jou link opgesit op www.nosyrosy.co.za en op www.infohermanus.co.za. - van pure plesier! Liefde Liza
5de Jul. 2010, 09:19Johan Wilke het gesê:
Fantasties, jy is baie mooier as die aubergine, jy moet kom kuier as jy in die omgewing is, dit klink of dit goed gaan daar, sal uitkyk vir jou volgende blog, Johan xxx
5de Jul. 2010, 08:40Dieter Voigt het gesê:
Hallo Bella! Jys darem maar n pragtige mens! Baie dankie vir die inspirasie om konstant te groei en re-invent. Ek sien uit na jou stories!
4de Jul. 2010, 20:36Albie Wentzel het gesê:
So koud soos die weskus water, so warm klop haar hart en net so lekker om haar weer eg en eerlik oor haarself te hoor - dis asof sy hier langs my staan, ek hoor die laggie en sien die lewensvreugde wanneer die oe styf toeknyp as haar hele gesig lewe van pret. MIS JOU BELLIE!!!.
4de Jul. 2010, 20:28Marthie du Plessis het gesê:
Ek sien daarna uit om saam met jou te reis, Isabella, Jy het meer guts as ek. Jy het gedoen wat ek nog altyd graag wou. You go girl....
2de Jul. 2010, 12:41