Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus
Foto’s: verskaf
Ek vrek oor ‘n bloekomboom. Dis vir my ‘n statige, alleen boom. So creative boom. Kyk sy bas,die kombinasie van kleure sy regop proud lang nek en sy enorme kolle skaduwee. Ok niks groei onder hom nie…maar hy is ‘n statement boom.
Dis seker maar my grootword in die vlaktes tussen Thaba ‘Nchu en Verkeerdevlei wat my die enorme passie vir bloekoms en turksvye gegee het. Langs on huis was daar ‘n laaaaang laning bloekoms en agter hulle ‘n laning wit en rooi turksvy. Smiddae na skool het ek my short aangetrek, my ma het my lang vlegsels opgebind en pa Daantjie het met sy stop horlosie reggestaan vir my om al langs die bloekomlaning my 50 tree sprints te oefen...kaalvoet natuurlik and he was a hard taskmaster! G’n eina vir klippe of duwweltjies nie... ‘wil jy interskole wen of nie.’
So het die bloekoms my allies geword. They were always there for me. En in my klein dogtertjiegeit was hulle enorm en het ek veilig onder hulle gevoel. Ek het ook heel gereeld agter hulle weggekruip as ‘n pak slae lê en wag het. En ‘n yskoue turksvy was my beloning....selfs na ‘n pak slae!
So ry ek nou al vir jare die Weskuspad...sien mos wat jy wil en ry net Kaap toe. En nou sien ek elke bloekom! Ek kyk vir hulle...ek ry stadiger, loer na die bas, na die koelte oorhang van die takke. As hulle by die grond inritte staan, stop ek vryf oor daardie bekende bas. Kneus ‘n blaar en kry weer daai gevoel van kleintyd as jy onder die boom gelê en kyk het hoe die son patroontjies deur die blare maak.
Dis Carl Thom se Bloemkom Boma en Karen Lelieblom se bloekoms wat my weer bewus van die boom gemaak het. Glo as ek ’n boom moes wees...it would be a bluegum!
Twee weke terug is daar ‘n boerbok dag op Lelieblom...lekker grootbek. Ek bak die vetkoek en ek kook jam! Hallo JAM? Ek eet nie eens konfyt nie, het dit in my lewe nog nooit gemaak of eers gesien hoe iemand dit maak nie. Ek kom uit ‘n huis waar Maria en Liza vir ons gekook het onder Ma Issie se oog en my moedertjie het die fynste mees delikate ongelooflike handtertjies en melkterte gemaak .
Malita laat laai drie bokse cherry tamaties af...en wat nou? Vra hier en daar en gaan deur al wat ons eie asook Italiaanse, Franse, Engelse, Portugese en Spaanse kookboeke is om te kyk hoe preserve hulle... en toe maak ek sommer my eie resep op want oormore is boerbokdag.100 mense en ek het belowe: tamatiekonfyt!
What a day...ek en Karen Lelieblom en Katrina in die kombuis en Frikkie, beautiful kind van die plaas langsaan wat deeg uit rol en vetkoek sny saam met die twee Anties!
Dis was ‘n belewenis... Michael het ‘n splinternuwe enorme katedraal buite opgerig met tafels en stoele en tafeldoeke en gespotde servette.
In die kombuis jaag Jollie die hond so af en toe een van hoenders binne toe en Lelie die hanslam sien ‘n gap en dan is sy daar al agter Karen aan... en as Miss Karen raas dan kom staan sy koppie tussen my voorskoot.
Die ultimate hoogtepunt. Die verwelkomings komitee: Charlotte die potbellie en haar twee kleintjies... Lelie en dan natuurlik al die skrop hoendertjies! Die katte wat luilekker op die gemaklikste stoele lê, Max die boerboel en Jollie.
So totaal buite myself oor die demand vir my sticky tomatoe jam kook ek sommer Sondag nog ‘n lot! Ons drink ‘n wyntjie op die stoep terwyl ‘n hele kolonie bye in daai jampot klim! Dis good luck se hulle!
Ek’s 55 en dis lekker. Daar’s so kalmte...jy hoef nie meer te impress thank the lord! En al daai creative juices vloei so lekker onverhinderd rond.
Maandagoggend laai ek vir Elvira by die lughawe af. Na 29 jaar hier gaan sy terug Italië toe. ‘n Klein klein mensie met ‘n lang kuif en ‘n enorme seer want haar Massimo... my mentor en die beste mode fotograaf nog ooit in die land, is skielik dood aan keelkanker ‘n jaar terug. Ons eet ‘n slaaitjie en sy praat oor die plasie op Barrydale en die stilte wat sy en Massimo so geniet het.
Nou terug na Milano... if I’m lucky a one bedroom flat staring against a wall...but I will have Massimo’s paintings and my crazy green chandelier...and Isabella, I will live like you... a good mixture of madness and magic! Ciao Elvi.
Ek hoop ek sal altyd daai madness en magic behou! Dis wat sorg dat daar elke dag ‘n smile op my gesig is!
Op pad terug kyk ek weer na al die statige bloekoms... soms so op hulle eie in oop veld... maar met trots staan hulle daar.
En ek onthou hoe dikwels Massimo ons langs die pad laat stop het....bome? Perfect location! En het ons gewonder hoe die hel gaan jy hier ‘n mooi prentjie maak... hy het die beauty in die simplistiese gesien...hy’t na aan die natuur gelewe en die skoonheid daarvan bewonder!
Laas week ry ek rond om klein interessante delicacies vir die mark te kry....Wellington toe na Bernus en Anna Rita wat vir die vroue van die plaas ‘n werksgeleentheid wou skep... nou peul daar kiste Shiraz Balsamic Reductions, atjarre, tapanades uit... vars adamsvye en mooi diep pienk gedroogde vye!
Vandaar op die Malmesbury-pad kry ek vir Colleen Lesch. Colleen hoendertjie! Colleen is legendaries vir haar skrop hoenders wat sy by die Stellenbosch mark verkoop en ek ry weg met hoender gemarineer in mango en chutney, lemon en herb, soet-chillie-souse asook twee waatlemoene, Colleen se wors wat sy self maak en ‘n bottel olyfolie en dit als word sommer so langs die Malmesbury pad in ‘n oorvol trollie gelaai!
Hoe amazing is die vrouens in ons land. Voorskoot aan, hare mooi, nice sandals, tikkie grimering, maar ons doen ons ding! Hulle woeker en werk en lag en skraap enorme paaie! Bravo!
In ‘n sement blok sonder kaste (behalwe die beautiful swart kaste in die garage) het ons nou tussen twee pilare rakke. Vir boeke of goeters...stoorplek. Maar nee o nee. Pikant staan die blou bottels, silwer antieke rosebowl met bos wit rose, my wit knoffel-shape teepot. My beautiful turkoois skewe pot van Peniscola in Spanje. En ‘n paar boeke wat die prentjie komplimenteer! My rasta-kop kind se gevolgtrekking: my ma dink nie aan ‘n rak as bere plek nie. Nee, dit moet gestyle word!
Om die kind nog meer te verwar koop ek ‘n groot turkoois fluweel stoel op ‘n veiling vir R317. Die stoel kom uit ’n nightclub.....what a life this chair has had!
Gekonfronteer met dié reuse turkoois blob , is al wat hy kon uitkry: “Ma is rerig besig om dit te loose!”
Mmmmm ons wonder wie se gunsteling sitplek is dit... behalwe vir al die vierbeeniges: jong meneer!
Ek lief die stoel....dis oorgroot en die materiaal is luuks en beautiful en ryk...ok die piping is geel...maar Li Edelkoordt die trend forecaster of the world het gesê geel is die nuwe pienk...soooo!
Daar’s ‘n byt in die luggie hier op die duin...as jy ry is daar oral bome en bosse wat hulle herfs jerseytjies aantrek...en na die eerste bui reën is die Weskus skoongewas. Ons is reg vir die nuwe seisoen wat voorlê...vir al sy grille en geite.
En die nuweling in die huis...Lelieblom se Picasso kat met haar knockknees dink sy’s ‘n hond... saans as almal moet plassies maak is Pikkie Picasso ook buite, die honde plas sommer net, madame maak mooi gaatjie en krap toe, ’n regte klein lady!
Die naweek is my langbeen kind se 5de been van die SA Kite Surfing Kampioenskappe sommer reg voor die huis! Kites en beautiful jong mense oral. En die lang bene, wit sonbril en rasta-kop wat op en af op die strand. Ek lief dit om so eenkant IN DIE WIND te gaan sit en kyk na die ongelooflike skouspel op water! Nou moet die wind net begin waai!
Net voor ek ciao se....my maaikie Didi laat my lees: the greatest danger for most of us is not that our aim is too high and we’ll miss it, but that our aim is too low and we reach it...dit van Michelangelo (1475-156) , sculpture, painter and architect!
Vandag vat ek my nuwe emmertjies en begin my olyfoes pluk!
Groete, vrede en drukke van die Duin af.
Bella.
Verwante artikels
-
Isabella Niehaus blog: "'n Mens se ma is jou kosbaarste juweel"
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 13
"My nooi is in 'n nartjie, my ouma in kaneel. Daar's iemand in anys, daar's 'n vrou in elke geur," lees akteur Louis van Niekerk met sy beautiful stem hier laatnag op RSG.
-
Isabella Niehaus blog: "Al die klein wonderwerkies"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 10
"Ek weet nie of dit iets in die lug is, of dit die diere-kraamseisoen is, en of die universe net besluit het let's smile on this girl nie. Dis of ek heeltyd net wil loop en smile en dankie se vir al die klein wonderwerkies wat aan my gewys word..."
-
Isabella Niehaus blog: "My oomblik van waarheid"
SARIE - Desember 2010
Isabella Niehaus, voormalige SARIE-moderedakteur, stilis en spysenier, blog oor die “versteekte juwele” van die Weskus. Vanjaar was ’n keerpunt in haar soeke na "behoort".
-
Isabella Niehaus blog: "Surprise-broodjies, foto-sessies en 'n glasie op die nuwe jaar!"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 11
Oukei. Picasso het nou huis gekry hier op die Duin. She might be a Picasso but no oil painting... Maar bygesê, wel 'n original! Daar is natuurlik 'n paar van die huisblyers wie se neuse erg uit joint is, maar Picasso het vrede.
-
Isabella Niehaus blog: 'Dis rêrig lekker om vrou te wees'
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 9
My skoonpa was ‘n legend. Oom Dana van Jakkels en Wolf faam. As klein dogtertjie het ek na sy stories geluister, as jong vrou het ek hom leer liefkry en later ma geword van sy naamgenoot Daniel Taro Retief Niehaus.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Al my goed het 'n storie"
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 23
Ek het nie ’n properse kantoor hier by die see nie. Dis sommer net ’n ou tafeltjie en my pa se hout-kantoorstoel en so ’n makeshift-boekrak, als in my kamer.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek snoei bietjie"
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Ek verander die typeface op my rekenaar. Snoei die basil, oorweeg dit om die honde wat elke dag swem te laat dip. Ek en Taro loop so deur die huis en besluit wat's onnodige. Gumtree vir jou....!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Dis 'n blinknuwe jaar!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 14
Dis ‘n nuwe, splinternuwe jaar! Wat ‘n ongelooflik wakker word nuwejaarsdag met die reuk van reën en die klank van sagte rollende donderweer....al die stof van 2010 is weggewas.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
















Kommentaar
DSLR-A900 het gesê:
Het is echt een leuke en nuttige stukje informatie . Ik ben tevreden dat u deze nuttige informatie met ons gedeeld. Blijf ons op de hoogte als deze. Bedankt voor het delen .
16de Nov. 2011, 08:49Isabella Niehaus het gesê:
@forex: jy kan op my facebook rekening vir my 'inbox'. Dankie dat jy gelees het. Isabella.
14de Apr. 2011, 09:32forex megadroid review het gesê:
dit was baie interessant om te lees. Ek wil jou post in my blog aan te haal. Dit kan? En jy et 'n rekening op Twitter?
10de Apr. 2011, 06:31Michelle Marais het gesê:
Isabella, wat 'n wonderlike stuk kunswerk. Ek voel myself weer klein op ons plaas De Hoop toe bloekombome my skuilplek en speelplek was. In hul skaduwees het ek veilig gevoel. Altyd ... Soos nou Michelle
7de Apr. 2011, 17:26Natalie Roos het gesê:
Bella as ek jou blog lees kan ek al die bome ruik en die hanslam in my gedagtes sien. Jy laat my huil lag en dink alles in een blog. Kan nie wag vir jou volgende blog nie.
7de Apr. 2011, 10:31michael het gesê:
dit is so mooi miss bella
7de Apr. 2011, 08:56refrigerator repair los angeles het gesê:
Klink goed, ek hou van jou blog te lees, net by my gunstelinge;)
7de Apr. 2011, 08:01Karen Lelieblom het gesê:
Miss Bella jou skryf is mooi, dis vol lekker lag, smile en 'n hartseer nat ogie vir Massimo en sy Elvira. Die groot kompliment miss Bella van Massimo vir jou, moet koester styf teen die goue Bella hart! Mag Elvira 'n moooi apartment kry met 'n beautiful view, en as die view 'n muur moet wees mag hy vol blommebakke met wulpse uitpeulende massas blomme wees wat vir haar wuif. Ek ken haar nie, maar ek hoop sy is gelukkig en vol vrede en dat haar groen chandelier en haar Massimo se paintings haar elke dag sal optel. So van die een lonely loner bloekomboom na die ander een, baie liefde. Dankie vir jou mooi blogs,ek waardeer jou!
7de Apr. 2011, 07:50marguerite het gesê:
Ciao Bella, Come stai? ai, jy het nou net weer vir ons hier in die grysheid 'n glimlag gegee.....mis jou so so baie en gaan 'n draai maak as ons nou eers weer huis toe gaan..is nog 'n ver tyd maar sal kom..dankie vir al die mooi goed wat jy ons aan herinner en se groot groete aan jou mooi kind... la amiamo....ciao
6de Apr. 2011, 22:08Gerard het gesê:
Jou oortref jouself met hierdie stuk skryfwerk Bellakie. Jy maak van die mandynste dingetjies kunswoorde. Soos met jou rakke en goeters. Dankie en dit laat mens dink en kyk.... die klein en ongesiende goete. Groot G
6de Apr. 2011, 20:43Tanya O'Connor het gesê:
Altyd lekker om te lees waarheen jy gaan, wat jy doen en hoe jy dit doen en geniet! Baie baie drukkies!
6de Apr. 2011, 19:41Charlene het gesê:
...ek huil vandag skaamteloos en nou lees ek jou blog ook raak en ek verlang na die Duinhuis en daai oop wyd see...my kind se woorde gisteroggend aan my het jy gelees (Mama is 'n freak)en soggens loop en druk ek my bome, ruik hul bas, voel die grofgeit, kyk toe hoe die liquid amber se blare begin neerwarrel in die herfswind...en ek verlang sommer opnuut na Lelie eni bokke eni hoeners en katte en Max...en jou.Ten minste is my baba by die huis...dankie,Bella Isabella.♥
6de Apr. 2011, 18:45Greta het gesê:
Ek was al 56 en ek geniet nog elke asemteug... veral as ek die lekkerte van die lewe in jou blogs raaklees!!My hart gaan uit na Elvira wat na soveel jare weer die vreemde moet invaar EN ervaar, sonder n geliefde aan haar sy! Maar net soo sy, se ek ook jy is n mixture van (kein biki) madness en oorweldigend baie magic!!! Geniet jou seun se aanwesigheid die naweek... ek weet jy gaan..♥
6de Apr. 2011, 18:09Willene Venter het gesê:
Bella ek lief so jou blog. Ek onthou hoe ek die bloekom se bas afgetrek het en in alle vorms gebuig en gedraai het. En die reuk ooooo die reuk. Ek loop somr langs die rivier weer net om weer aan die bloekom te gaan vat
6de Apr. 2011, 16:24