Isabella Niehaus blog: "Augustus..."

Deur Isabella Niehaus, SARIE Augustus 2011

Isabella Niehaus blog: "Augustus..." Foto’s: verskaf Galery

Augustus is daai maand waarna ek heel jaar uitsien… dis ook die maand waarin ek altyd die koudste kry en to add insults to injury ook die maand wat ek altyd een of ander geweldige kopskuif maak.

Dis my eerlike maand. Dis my maand (maar net in my eie kop) waar ek als wil reg maak, regpak, weggooi wat die ander elf maande skeefgeloop het. Dis die een maand wat ek nie weghardloop of skuil nie. My confrontational maand.

Daar word nuwejaarsvoornemens gemaak...nuwes...en daar word hard gestoei teen die invloed van die elemente sodat ek nie myself tog net nie te jammer kry nie.

Jaar na jaar is daar min werk, met genoeg tyd vir die Niehaus-kop om erg te raas! Jy wik en weeg en steek voelers uit, want stilsit is vir my die heel eerste tree na ʼn lekker depressie!  So stoei-stoei broei daar soms lekker nuwe idees uit...now to make them work and send them out to the universe!

In ʼn piepklein woonstel in Montparnasse, Parys, beplan ek en Pauline ʼn klein ekstra special Vrouedag hier op die duin... dalk 50 mense at a push. Ons is ʼn week terug en Pauline bel: "Bellie, ons gaan bietjie groter, so 90 mense, en ons gaan Groenrivier se klein saaltjie gebruik." Mmmmmm nog ʼn week later, Paulina weer op die foon... "Ons gaan nou maar na die groot saal toe met 250 vroue!" 

En so hou ons een van die mees amazing Vrouedae ooit op Groenrivier, in Riebeeck Wes, met Dieter Voigt as die MC. Hoe beautiful man is hy nie, en sy storie die dag was so powerful! Kleur jou lewe in, verf dit in helder kleure soos die skepper wil hê jy moet doen. Paint your own painting!

Maudre, Pauline en Malita het net mooi als gedoen... Van dekor tot organize tot kos tot lucky draws kry. Dit was ʼn groendag: woestynrosies, bokse vol kruie, ’n groen candy-tafel vir poeding, en vir elke vrou (behalwe vir ʼn enorme SARIE-geskenkpak) ’n groen gehekelde borsspeldjie.

Die kos is soos uit ʼn duur resepteboek, vis terrien en, om die pallet skoon te maak, whisky-sop! Jou eier-in-ʼn-degie met spek en ʼn pienk hartjie flapjack! Cupcakes, fudge en sweets vir poeding.

Daar was stunning musiek en ʼn berg vol lucky draws... en ja, madame het ook gepraat: Niks is dan mooier as ʼn vrou nie and we have to believe it! Jou lyf luister met groot nuuskierigheid... so watch your tongue deary...

Hoe lekker is die nie om te sien hoe susters saam ʼn projek aanpak, en aan die stuur is jong beautiful donkerkop kind. Maudre gaan vir Groenrivier nuwe vlerke gee... sy reël en skryf en hardloop rond en drink ʼn wyntjie saam met ma Malita en tannie Pauline en niggie Lolandri... and she does all of this in her stride... Hou maar vir haar en Groenrivier dop!

Laatmiddag se ry terug weskus toe met die son wat net-net sak lê die geel plate canola blomme... die lammetjies weet dis drinktyd en hop-hop agter die ma’s aan, net om sommer so in die loop op die knieë neer te sak en te begin drink. Soveel beauty op een dag.

Die vraag is hoeveel van ons sien dit raak, of is ek die antie in die grys trollie, met geen werk en te veel tyd, wat rond ry en al die goed raak sien?

Hoe ook al, vanmiddag bel Sanet van Jakobsbaai, hulle gaan fees hou volgende jaar, en terloops jy het ʼn naamgenoot gekry. Weliswaar nie ʼn blonde een nie maar ʼn bruin donkie met lang sagte ore en klip hardegat, en sy’s Bella.
 
So al ryend op die R27 onthou ek hoe ek die Bella-naam gekry het. Ek was altyd maar Isabella of Isi, of vir my pa Koekoe, en vir my boetie Sus. Dis eers in my twintigs wat iemand besluit het ek  is eintlik ʼn Bella, and it stuck.

Nou het Karen Lelieblom ʼn bulkalfie wat ons gedink het is ʼn versie, wat Bella is, en nou is daar die hardegat bruin-vaal donkie.

Hier is rerige jewels op die Weskus. Dis seker maar die mense se skuld dat almal dink whatever dis die weskus. Kos moet goedkoop wees, diens kan maar so-so wees - dis mos platteland, vissersdorpies. Niks grand nie, sommer net! Leef na aan die aarde soos sout van die aarde!

Daar’s niks fout daarmee nie... dit kan nog steeds met ʼn bietjie flair en styl gedoen word. Want dit is juis daai houding wat mens gereeld drie of vier keer in ʼn maand wil laat terugtrek na ʼn stad toe...

Hier sit ons te midde ʼn helse lang lys van VAN DIE MOOISTES en DIE BESTE and we sell it cheaply! Ons kan net so grênd soos enige wynplaas wees... dis net ʼn kopskuif weg.

Hier is juwele om elke hoek en draai...hier is die beste van als. Langs die grondpad, tussen ʼn laning bloekombome staan ʼn boma van hooi en kalksteen...’n one of a kind venue.

’n Duin langs, is Lekka by die See. ʼn Katspoegie weg is Jakobsbaai se Weskusplek, in St. Helena is daar Sea Trader... daar Elandsfontein ʼn klein wildsplaas.

Hier is ongelooflike kreatiewe mense op elke gebied wat kan kersvashou by die bestes en soms vir die bestes ore aansit... en die beste van alles die Kaap lê om die draai. So as daar nie iets hier is nie, ry jy of laat jy ry.

Aleit en Madri Swanepoel en Johnny Hamman kom kuier om te kyk wat ons bied vir troues en funksies. Ons begin by die Bloekom Boma van Carl Thom met ʼn hanepootjie en melktert. In konvooi ry ons na Le Roux en Hannetjie toe by Lekka, vir vis en chips en laastens muskadel en tonic by my.

Die weskus lê nou onder my vel...nou wil ek net hê ander moet ook daai lekker krieweling ervaar. Als is hier op ʼn platter, daar moet net werk van gemaak word... hoekom ʼn plastic stoel gebruik as daar met min moeite ʼn hout of gietysterstoel is?

Mmmmm... moet seker bly wees Augustus is amper klaar dat ek kan ophou tob...oor plastic stoele en bright organza strikke!

Die olyfbome het snoei nodig en die turksvye moet uitgekap word sodat mens ten minste doringloos by die voordeur kan inkom...daar moet so bietjie gekap en gepleister en geverf word aan die huis...

Augustus het tyd gemaak vir die gesnoei en uitkap in my kop en my op ʼn oggend laat opstaan oor die water laat kyk en laat besef... eintlik is ek ʼn hel happy madam. Dis klein jakkalsies wat my laat tob... maar as jy na die big screen kyk vind ek joy in die mees simplistiese dingetjies!

Net een ding: ek haat slegte koffie... en o ja, ek wil elke dag perfume dra!

Volgende week is dit lente... ’n splinternuwe seisoen vol beloftes om na uit te sien en te enjoy!

Vrede vir julle hier van ʼn sonnige maar ysige duin tot ons weer gesels.

Bella Isabella

Verwante artikels

Galery

  • Isabella Niehaus
  • Isabella blog: Augustus
  • Isabelle en Malita Joubert
  • Lientjie, Maudre Joubert, Pauline Schreuder, Lolandri Schreuder van der Merwe.
  • Vis terrien voorgereg
  • Canapes

Kommentaar

  • Ag dis so cool - en dankie vir die lekkerste dag ooit saam met die niceste mense. Jy rock.... Aleit x

    5de Sep. 2011, 20:18
  • As ek dink aan die Weskus, dink ek aan rou eerlikheid sonder fênsie pretensies. Ek voel die Weskus hart in jou prentjie-woorde. Mense kan by jou leer en ek wens hulle wil!

    31ste Aug. 2011, 22:27
  • Ek sit vanoggend voor my komper en onthou die stofpad met die laan bome Karen toe, en die terugry so langs die see. Die mooi wat so diep binne jou kom nesmaak. Jou woorde maak my diep verlang terug Kaap se kant toe en van lekr stadig kuier en waardeer. Vir my is Augustus die regpak, organiseer, onderste bo gooi maand en soos ek nou weet more oggend begin iets nuuts. Dis Lente met sy sagtheid en sy mooi en sy Lewe.Daar is defnitief niks plastiek aan jou nie Bella.

    31ste Aug. 2011, 13:43
  • Dis vroegoggend, ek het al gelees, maar gevoel vir weer lees en nou sommer comment ook. Ai Bella en Greta en Lelie en al die mooie mense - ons lewens sou leeg gewees het sonder mekaar, sonder kopskuiwe, sonder daai depressie stilword want ons weet dan moet ons eerder begin beweeg voorlat hy ons regtig vat...dankie, Bella! Jy skryf die dormante ou selletjies in my lyf skoon los...nou gaat ek pak vir honeymoon op Greyton en dan self 'n paar selle of twee leegskryf.♥

    31ste Aug. 2011, 07:50
  • Wonderlike woorde, Bella . Ek het nooit gedink die plek sal onder my vel kan inkom nie en nou sal dit daar bly vir altyd. Dit is so wonderlik dat jy soveel plesier in die lewe vind en dit dan met ons deel.

    30ste Aug. 2011, 18:12
  • DIT KLINK SO HEEEEEEERLIK,BRING VIR ONS OOK NBIETJIE WESKUS!! LOVIES

    29ste Aug. 2011, 20:40
  • Ditto Bellie - het nou net teruggekom van n heeerlike plattelandse weskus tipe naweek. So lekker om te kuier waar mense nog tyd het om te chat en belangstel. Sien amper nie kans om terug na die stadsgewoel te gaan nie. Sal miskien maar saam moet gracefully oud raak in die rustigheid van die platteland/weskus?? Lesley.

    29ste Aug. 2011, 09:39
  • Daar is niks "plestik" aan jou nie... Wat jy sien is wat jy kry... en dis beautiful!!!!

    28ste Aug. 2011, 22:33
  • Bella bekoring! Dankie vir die mooi blog Bella, jy bring Magic waar jy gaan en ek is lief vir jou. Mens lees so lekker en sien prentjies wanneer jy skryf, jy maak paintings in jou blogs en ons gaan 'n mooi painting maak soos jy se Miss Bella. Ons gaan moooi skilder op ons doek soos ons Skepper wil he dit gedoen moet word! Dankie vir die lente in jou hart. xxxx

    28ste Aug. 2011, 18:49
  • Lekker blog, Bella..my hart verlang na die Weskus!XXL

    28ste Aug. 2011, 17:39