Isabella Niehaus blog: "'Loads of laughter' vir 2012"
Foto’s: verskaf Galery
So pak die karavane en volgelaaide motors van oral oor die weskus vol.
En die wind is in haar worst possible behaviour vir die arme besoekers. Vir Taro en sy eerste been van die SAKT (South African Kiteboarding Tour) is dit Manna!
Dis as die wind so op die see speel. Wanneer die golwe kwaai, en tog soms lui aangerammel kom dat ek ook kwaai, hartseer , happy en soms sommer net verdwaas is oor ʼn jaar wat verby gesnel het...’n jaar wat my emosies op ʼn helse roller coaster ride gevat het!
Sit vanoggend en wag vir x-straal plate - mmm ages does takes its toll - en tel ʼn ou tydskrif op met ʼn artikel oor Amerikaanse ontwerper Carolina Herrera en haar dogter, Carolina Jnr...hulle leuse: moet nooit uitstel tot more wat jy vandag kan doen nie! En hier op 20 Desember 2011 besef ek weer ʼn keer...that, madam is where you always miss the beat!
Skielik contemplate ek goeters. Vroeër jare was als net op impulse. Doen en dink later het ek tog so grootmoedig vir my kind geleer. Nou nie gekke doen en dink later nie... maar moenie tob nie. Don’t waste time. As ʼn gier aan jou krap... DOEN! As daar malle geleenthede is. GO!
So is my Boet skielik dood sonder dat ons vir oulaas saamgekuier het. Sonder dat ons ooit kon koebaai sê...want volgende jaar is daar nog tyd! Dis die tyd verlede jaar wat hy my so baie gebel het. Nooit rerig om iets te sê nie. Sommer net gebel met ʼn wanneer kom julle kuier...ja ja volgende jaar. Nou’s dit bietjie laat.
Dolf se dood laat my weer dink en glo in my teorie van...doen, worry later!
Dolf laat ons jaar hartseer afskop en toe so asof hy daar bo iewers ʼn gemakstoel gekry het en op sy sussie afkyk en besluit, ok we’ll smile upon her at times het die jaar soveel magic van sy eie. Na elke afdraand wat jou net net-net wil onderkry kom ʼn boks vol skitterende verrassings! Maak magic haar buiging. Is daar hope joy en happiness en nuwe geleenthede.
Thanks ouboet...dis natuurlik jy en pa en ma wat besluit het daar moet emmers vol liefde oor my uitgestort word; dat ek moet lag en smile en sommer stupid wees oor al die seëninge wat my omvou; dat elke aand se sunset my weer laat besef hoe groot die skoonheid van die natuur is en aan julle laat dink. Dankie, thank you my Boet.
Die laaste mallighede op die Duin is lekker lang tafel seekos etes. Daar is omtrent gebak en gebrou en gekook en tafels gedek. Die proeflopie etes het alte lekker afgeskop...honest kos. Vars vars vars uit die see...en lekker mense! ʼn Konsep wat beslis in die nuwejaar verder gevat gaan word!
En nou na ʼn warrelwind fabulous jaar pak ek vir die eerste keer in 14 jaar ʼn kleine tassie en vir Persentjie met al haar toys en gaan ons Kersfees vier saam met ʼn groot wonderlike familie. En met dit kry Taro ʼn wonderlike kersgeskenk... hy kry die huis op die Duin vir homself en die ongelooflike voorreg om vir tien dae na Savvi, Mobe, Emma en kleine Picasso om te sien...die tuin nat te lei en odds en sodds hier om die huis reg te maak! En in die aande kan hulle maar party en braai net om more-oggend weer skoon te maak! Pay back time!
My wens vir julle: ʼn joyous laaste paar dae van 2011 en laat 2012 jou jaar wees waar elke dag sy eie magic inhou. Soms baie...soms minder. Solank dit daar is.
In 2005 het Christine Botha vir my ʼn gedig geskryf wat hier in my kantoortjie altyd by my staan en wat ek gereeld oor en oor lees en met liefde in my hart gee ek vir julle ʼn stukkie daarvan as Kersgeskenk
Los nou die ‘reverse’
Sit voet in die hoek
Voel die wind op jou wange
Maar moenie vergeet...
Van die afdraai paadjies
Ry stadig genoeg-
Sien die lelie groei
En die vlug van ʼn valk
ʼn Nuwe horison wink vir jou
Daar’s ʼn son wat hang
Soos ʼn rooiwarm bal
En die maan in silwer getooi
Voel ʼn lied in jou hart
ʼn borrel in jou gees
Vertroetel jou siel
En vind vrede.
Vir almal van julle...liefde, vrede and loads of laughter vir 2012 van my en al die viervoetiges hier op die Weskus Duin!
Tot volgende jaar
Bella Isabella.
Verwante artikels
-
Isabella Niehaus blog: "Presentjie..."
SARIE November 2011 | Kommentaar: 13
Ekke glo mos in joy eintlik in magic maar dit weet julle. Ek glo lag en die amper die hele liewe wêreld smile saam. Vir my altans, werk dit. Dalk vir mense rondom my werk dit.
-
Isabella Niehaus blog: 'Moments of magic'
SARIE Oktober 2011 | Kommentaar: 11
ʼn Jagluiperd. Net een met spatsels pleks van elegante strepe. Dis waarin my sagte lieftallige Picasso met die fluweel pensie ontaard het. ʼn Slinky langbeen jagluiperd wat heeldag uitgestrek in die mees innocent van posisies op ʼn bed met spier witte linne uitgestrek lê en bak.























Kommentaar
Sanet het gesê:
Bella mag jou 2012 net so vol kleur en passie wees soos jou huis, lewe en stories wat ek so geniet!
30ste Des. 2011, 15:28Greta het gesê:
JY het soveel JOY in my eenvoudige lewe gebring..... JY sal dit nooit besef nie... Dit was MY presentjie...
23ste Des. 2011, 21:01Arita het gesê:
Kuier lekker ! xxx
22ste Des. 2011, 21:34Daleen Le Jacques Beach House Langebaan het gesê:
Bella, toe ons verlede jaar die nuus hoor van Dolf het ons jou pyn erg ter harte geneem - min wetende dat ons ons Mama nog voor Kersdag ook sou moes groet... 2011 was 'n moeilke jaar maar hier staan ons voor die deur van 2012 met opgewondenheid - dit kan tog net beter dan nie? Dankie vir jou bloggery die afgelope jaar, soms laat jy ons lag en dan weer huil, terug dink, vorentoe dink, boontoe dink! Ons lief jou!!!
21ste Des. 2011, 15:10Liza het gesê:
Dankie liewe Bella vir nog 'n slag se inspirasie! Mag jy 'n Wonderlike jaareinde en jaarbegin beleef - veral in jou kop en hart! Liefde Liza Jou link is op www.nosyrosy.co.za
21ste Des. 2011, 14:26Marguerite het gesê:
Jy bederf ons met jou ``magical'' blogs Bella.Geniet jou Persentjie, jou Kersfees, jou see, jou duine, jou Taro-kind. Dankie vir al jou wysheid, inspirasie, al die mooiste dinge wat jy skryf . . .Sien uit na nog `n jaar se lieflike ervarings uit jou kop en hart en pen . . .
21ste Des. 2011, 12:31Karen Lelieblom het gesê:
Mag die nuwe jaar jou ook met magic, liefde, vrede en hope vreugde ontvang!!! Ons is lief vir jou Bella en dankie vir die liefde en magic wat jy vir ons ook bring. Jy is onbaatsugtig liefdevol inspirerend en 'n voorreg om te ken! Bie liefde Karen Lelieblom en al die Lelieblommers xxx
21ste Des. 2011, 12:30Natalie Roos het gesê:
Bella Dankie dankie vir al die jaar se stories wat my dag beter gemaak het. Dankie dat ons deur jou kon reis na ver plekke. Mag 2012 vir Jou en Taro en al die 4 voetige kinders 'n jaar vol joy en liefde wees. Groot druk en liefde Al die Roosies
21ste Des. 2011, 11:35