Isabella Niehaus blog: "Presentjie..."
Foto’s: verskaf Galery
Ekke glo mos in joy eintlik in magic maar dit weet julle. Ek glo lag en die amper die hele liewe wêreld smile saam. Vir my altans, werk dit. Dalk vir mense rondom my werk dit.
Die antwoord: ek ry en loop en praat en lag met oop oë...al is hulle op skrefies getrek! Ek soek na magic!
Daar’s ʼn quarry-gat so skuins bokant die Duin. Twee witkruisarende se blyplek. Het al oor hulle geskryf. Jy moet mooi ry. Lekker konsentreer om daai dooie boom te sien. En dan op ʼn Vrydagmiddag wanneer vreemde gedagtes, dinge en goeters jou pad kruis sit arend in die boom. Ek maak ʼn wilde u-turn voor ʼn swerm karre. Die naweekers toet en wys hulle gunsteling-vingers. Ek en trollie ry stadig die bult uit. Beloning... daar sweef ʼn enorme voël met groot vlerkspan so al voor trollie en perch uiteindelik ook op die dooie boom... meneer en mevrou wit kruis arend! Hoe special is dit. Ek ry tot by hulle en staar en kyk. En ʼn verwaande kraai met luide gejuig flerts daar rond net om uiteindelik te besluit, hier lol ek nie!
Huis toe.. duin toe met ʼn jubel in my siel!
Teen donker, na ʼn character building swem in die see, stap ek tuin toe om die honde se bak vol water te maak en daar tussen die welige bondels mint skyn twee groen fluoressent liggies... die vuurvliegies is terug! Jaar na jaar is daar vuurvliegies in die tuin. Noem ek dit rol my pelle hul oë en sonner ʼn woord weet jy hulle dink: wat drink die vrou! Nou het ek al slim geword . Ek roep getuies!
ʼn Geskenk is deftig soos my vriend David Strauss sal sê. Self uitgesoek en mooi toegedraai! ’n Presentjie (die verkleinwoord weergawe) is vir my iets kosbaar wat in ʼn breek van ʼn sekonde ʼn groot hap uit jou hart vat!
Heel week leer ek skryf by enigma Riana Scheepers. Wow wat ʼn leermeester! Soveel amazing energie en ʼn fabulous gier om jou lus te maak vir reg skryf, reg praat en reg lees! Daar’s elf van ons om die tafel. Elf heel uitlopende siele...en dan is daar ‘presentjie’. Dit werk so. Op die beautiful plaas De Compagnie aan die voet van Bainskloof in Wellington is daar Minki en Klara die skaaphonde. Vroegoggend as ons daar aanland. Ok, 10 uur as ons daai glasie De Compagnie 10 jaar oue brandewyn skink...het Klara en Minki lankal die perde in ʼn hoek vasgedruk. STAAN DAAR. Ewe pikant lê die klein skaaphondjies en hou daai perde onder die oog.
Stap ek op ʼn oggend stoep uit lê daar die dingetjie in ʼn enorme honne-madjie. Klein. Alleen. Dis Presentjie. Mooie Klara se enigsteling! And the rest is history! Daar ontwikkel die liefde in my hart vir die honne-meisiekind met haar gespotte kwartel-eier snoetjie en ronde hondjie gesiggie!
So Presentjie kom Duin toe! En haar naam bly Presentjie! By the way, Presentjie is simbolies! Sy pas in by die happy happy mood in my Duinhuis.
Net hier af in die pad bly ʼn vet Dassie. Te ougat lê hy en bak in die son en roer eers as mens erg naby hom kom. Verder stap die skilpaaie heen en weer oor die paaie, natuurlik in hulle tyd. Die tinktinkies maak nes in die laventel en die wind waai! Elke dag. Sonder ʼn almanak is dit die tell tale tekens van einde van die jaar. Van somer op die weskus!
Cornelie en Jacques trou. Saterdag begin met die mooiste weer maar teen vroegmiddag begin die suidooster haar ding doen! En toe die gaste vir die pre-wedding drinks aankom by Lekka By die See begin dit sommer reën. Als good luck natuurlik... maar hulle trou! Daar is so benoude oproep van die amper getroudes om foto’s hier by die Duinhuis te neem. Sy’s ʼn beautiful bruid en dis asof die wind die blouste blou in daai oë laat uitspring na jou. En Jacques met sy rooi kop en grys pin stripe suit kan nie ophou om te staar nie!
Dis ʼn wedding with a difference. Van die enorme Tretchikoff afdrukke tot die grys geborduurde komberse. Die op mekaar gestapelde hout palette toegepak met tapas, oesters, mossels, perdepote, arikreukel, bredies en Alta Nel se befaamde bokmelkkase...en die giftige PITTEKOU van die Tolbossie Padstal in Laaiplek! Mmmm, pittekou is witblits gemeng met grenadella... dit vertel ʼn storie van sy eie!
Ons woel in Lekka se kombuis...Tassa, Calvinia, Magda, JP en Bianca. Die groot, blink potte word sommer net so met bredie op die tafels gesit, net ʼn polkadot servet om elke oor.
Vyf en twintig jaar later is ek steeds ʼn absolute wrak om voor mense te praat. Elke keer is ek adamant: nooit weer nie...en kry ek myself dan haal ek alweer vlak asem, of in fact vergeet sommer om asem te haal. Loop met natgeswete handpalms rond en vergeet binne die eerste sekondes my mooi uitgewerkte speech. Ek en Ian van der Westhuizen (ontwerper van formaat en ons deel ʼn verjaarsdag) gaan praat by Tygerberg Hoërskool. Ian is te outgat...die het ʼn hele power point uitgewerk met appel, peer, aarbei-figure...en ʼn soetrissie. En dis toe wat ek is: ʼn bleddie soetrissie! Mmmmm amper die einde van ʼn goeie vriendskap was ek nie so lief vir die jongman nie.
Ek pas alweer hond op. Taro, liewe rastakop-kind, sprei se vlerke in Luderitz by die wêreld kampioenskappe. Wie is die vinnigste man op die water?! Laasjaar was hy die Afrika kampioen met 92 km (lekker mal)! Vir ʼn maand leef die klomp windjaagers van reg oor die wêreld op Luderitz. Hy maak kos, word deur ʼn hond gebyt, jaag op sy scrambler...en kuier natuurlik! My kind van die wind.
Onder aan die voet van die Bainskloofpas lê Doolhof ʼn wynplaas. Annelize Bosch van aH in Paternoster vertel daarvan. Ons gaan stap rivier langs en hou piekniek. En invest net daar in hulle amazing DARK LADY rooiwyn, sjokolade geure, die mees wonderlike smaak!
Haat praat maar gaan gesels ewe senuagtig by Simone van Val de Vie se wedding workshops. Dis mooi daar. Daar’s wonderlike interessante mense wat praat en die mooiste mooi van trourokke met Kobus Dippenaar en Jenni Button (die rerige Jenni haarself onder haar nuwe etiket Philosophy) en Stephanie Morland! En ek leer Anina Malherbe ken, PR per excellance!
ʼn Paar jaar gelede leer ek vir Aleit en Madri Swanepoel ken en kyk grootoog hoe die amazing jong man ʼn empire opbou van net die beste en net die mooiste troues en onthale! En steeds is hy die stunning jong man sonder pretensies wat diep in jou hart kruip. Vanjaar leer ek Johnny ken. Artistieke direkteur by Aleit en ʼn ongelooflike talentvolle jongmens en hy’s fun!
Saam pak ons Aleit se website foto’s aan met my mees favourite fotograaf en maestro Johan Wilke. Legendariese Algria doen grimering, sexy Portugese Fernanda doen hare en ons het vryheid...go for it! Hoe lekker! Ons doen ons eie ding...create ons eie trourokke van twee enorme meringue onnerokke in swart en room sommer so bo-oor mekaar met ʼn pikante milliter geïnspireerde onderbaadjie van Jenni en ʼn bol tulle op die kop. Hoe beautiful is dit!
Dis al die dinge en geite en goeters wat maak dat ek altyd met ʼn smile op my gesig wakker word...ok in die volgende paar ure mag daai fraaie glimlag dalk ontwikkel in iets minder cute...but that’s life!
Ek giggel en weet ek sal seker weer binnekort van Taro se Facebook friends geblok word want ek lewer mos kommentaar. Nie sommer gewone kommentaar ek skryf nie, liefde en soentjies en bevraagteken foto’s...waar, wie wanneer? NOT cool!
Hy pos: life is not a spectators’s sport! En ek kyk en ek smile. Hy’t dit nou wel op ʼn bumper sticker gesien...maar dit het tussen daai rasta-lokke gaan sit!
Ek salute dit en op my enorme ouderdom weet ek dit: life gooi vir jou curve balls. Jy moet net daai lyf van jou rats hou en hulle vang! En eens jy dit het :you make it your own...gooi weg of hou vas!
Vir my kind met vlerke daar ver in Luderitz maak ek ʼn versie: jy dans en gly en tol op ʼn dansbaan van God. Ek kyk vir jou ek hou jou dop!
Vrede vir julle. En gly en dans en tol op julle eie dansbaan!
Daar’s nog vyf weke dan is dit kersnaweek. Nog ʼn week dan is dit 2012!
Heel Desember word daar elke Saterdag en Sondag lang tafel gedek op die dek met bakke vol vars seekos, self gebakte brood en ʼn wyntjie. As jy hier rond is of sommer net lus het, kom eet. My e-mail: bellnie@iafrica.com.
Tot ons weer gesels.
Bella Isabella
Verwante artikels
-
Isabella Niehaus blog: "'Loads of laughter' vir 2012"
SARIE Desember 2011 | Kommentaar: 9
So pak die karavane en volgelaaide motors van oral oor die weskus vol.

























Kommentaar
Amurceerugh het gesê:
Come to our christian louboutin the street cache,buy louboutin shoes,christian louboutin,louboutin nuptials shoes,christian louboutin reduced [url=http://www.redlouboutinshop.com/]louboutin shoes[/url] [url=http://www.redlouboutinshop.com/]christian louboutin sale[/url] [url=http://www.redlouboutinshop.com/]louboutin homogenization shoes[/url]
20ste Mar. 2012, 12:17snillSoto het gesê:
Online burberry outlets,burberry on car-boot sale,you can judge burberry overlay,burberry dress,burberry women and so on,with top status and self-indulgent shipping to your door. [url=http://www.burberrysssoutletsdresss.com/]burberry outlets[/url] [url=http://www.burberrysssoutletsdresss.com/]burberry on sale[/url] [url=http://www.burberrysssoutletsdresss.com/]burberry coat[/url]
19de Mar. 2012, 18:58VeraPanny het gesê:
karen millen dress may be making a splash on walkways and to get for years, [url=http://www.karenmillendressie.com/]karen millen dresses[/url] as one of the established leaders within the women's clothing industry. Her full lines connected with very fashionable, karen millen dresses : http://www.karenmillendressie.com/ fun clothing offer something for you,and will outfit any woman from go to toe,with accessories karen millen dress included. The dresses collection for this year is karen millen dress as unique as ever.It features chic karen millen dresses styles between stunning attire that will light the room on any kind of important occasion,to light,breezy dresses that will assist any gal look her best while on an informal outing with friends or maybe a date to an outside cafe.
29ste Feb. 2012, 01:42oqffwytmtl het gesê:
karen millen dress have been making a splash on walkways and in stores for years, [url=http://www.karenmillendressie.com/]karen millen dresses[/url] as one of the established leaders in the women's clothing industry. Her full lines of very fashionable, karen millen dresses : http://www.karenmillendressie.com/ fun clothing offer something for everybody,and will outfit any woman from visit toe,with accessories karen millen dress included. The dresses collection due to this year is karen millen dresses as distinctive as ever.It features chic karen millen dress styles between stunning attire that will light the room on any kind of important occasion,to light,breezy dresses that can help any gal look her best when using informal outing with friends or a date to an outside cafe.
28ste Feb. 2012, 18:22Ian van der westhuizen het gesê:
Ag Bella jy het maar net n manier van dinge se...! So lief vir jou!! xxx
28ste Nov. 2011, 15:09Beatrix het gesê:
Bella, jy is die vrou wat soveel ander vroue behoort te wees! Vry, vars en onvoorspelbaar. Mag die Here jou elke dag slaat met die seeninge en elke son wat opkom warm oor jou, persentjie, die ander klomp honne en Taro skyn. Dankie vir die lekker blog!
27ste Nov. 2011, 15:27Willene Venter het gesê:
Een naweek gaan ek kom sit by die Duin en saam met Presentjie en met Picasso rustig raak en net luister en geniet. Jou stuk maak my lekr kuier so ver in die Oos+Kaap
18de Nov. 2011, 18:21Rozitha Oosthuizen het gesê:
My liefste Bellie maatjie!! Jy skryf dat dit vir my voel ek is sommer net daar by jou op jou Duin. Ek is nou weer gevul met nuwe energie - dankie vir dit - hou aan toor!! Mis jou Rosi
17de Nov. 2011, 17:05Lesley Zondagh het gesê:
Jy sit altyd n smile op my dial!! Love jou werk Bella - alhoewel dit nie werk is nie mens kan sien dis n plesier!! Les. XX
17de Nov. 2011, 08:39Emren Isabella Enderstein het gesê:
Aaaag Bella.Ek kon net smile toe ek sien jy is Persentjie se nuwe ma! Dis oulik, ek hoop jy gaan hom baie geniet xxxx Emma
16de Nov. 2011, 22:13Sonja het gesê:
Gister het ek sommer jou ou blogs gelees vir bietjie drif. Vanaand is my lyf moeg getrek en my smile groot toe ek jou huppel-glimlag-woorde lees. Suiwer inspirasie om te lag tot my oë skrefies trek en die horison te bespied vir die witkruis arend in my lewe. Love you xxxx
15de Nov. 2011, 22:24Isabella Niehaus het gesê:
Dankie julle sommer vir die lees....en ja Persentjie is heel simbolies in my lewe en het op die regte tyd gekom! Vir my is julle Persentjies...en dit is wat daai klein dingetjie my elke dag aan gaan herinner! Vrede en liefde. Bella
15de Nov. 2011, 15:37Karen Lelieblom het gesê:
Bless you Bella vir die mooie skrywe! Mag jy altyd smile en die smile altyd cute bly!! Vrede vir jou uit die Darlingse vlak!
15de Nov. 2011, 15:12Liza het gesê:
Jou e-mail, en Hierdie lovely skrywe, het my val - in die dag in - gebreek. Dankie! Jou lewe klink altyd soos 'n variasie van 'n vast-forward, stilstaan, slowmotion, crazy-kleurvolle collage! Love It! Jou links en foto - daai een met die mamouse aubergene op jou kop - is steeds op honderde blaaie op Nosy Rosy en laat my elke keer smile! www.nosyrosy.co.za. Liefde!
15de Nov. 2011, 07:38Riaa het gesê:
Persentjie is nou amper ses weke oud - en pragtig! Sy is 'n bolletjie liefde en skerp tandjies en asempie soet soos sampioene en piepies en tjorries en rol en speel en kamma-kamma knor .... en sy verlang na haar Bella Mamma! Oor twee weke is dié Bolandse noointjie reg om 'n see-nimfie te word ...
14de Nov. 2011, 20:13Natalie Roos het gesê:
Dankie Bella dat jy ons toelaat om saam jou te kan glimlag en droom. Daai presentjie is te oulik vir woorde.
14de Nov. 2011, 13:40Greta het gesê:
Die lewe is n lied, en jou vriendin sal vir jou die deuntjie sing, as jy die woorde vergeet het.. Jy is vir elkeen wie se lewe jy al aangeraak het, maar veral vir my, n Presentjie!!! Mag jou Presentjie jou elke dag daaraan herinner!! En moet jy ook nie vergeet om te dans nie!!!
14de Nov. 2011, 13:17