Isabella se blog: Oom Japie verjaar
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
Gaan bietjie buite toe en jy bibber jou boude stokstyf!!!
Elke jaar dié tyd kom daar so 'n sagtheid om my hart, want dan is dit Japie Basson se verjaarsdag... en vanjaar, met sy 5de boek in wording, word ‘n rêrige legende die naweek 92 jaar oud... so skerp soos ‘n HB-potlood... ’n gentleman soos mens nêrens meer uitgrawe nie en ‘n leermeester.
Ek is ewe voor op die wa om hom OUPIE te noem... wat daai beentjies vroeër jare alte hoog opgeskop het op ‘n lekker dans, wat vir alles en almal deernis en respek het, die een mens wat altyd vra hoe dit met my kind en met my gaan en jy weet hulle gee rerig om, sy respek vir als wat leef en beweeg, is enorm.
Oupie is die leier van ‘n groepie ouer mense wat ons twee Niehause se lewens verryk... wat sagte plooitjies om my kind se oë bring... so sag dat die rasta-hare met hulle kraletjies sommer skielik mooi word.
Deel van Oupie se lewe is Clare. Sophia Loren is pragtig en mooi en als... Liefie is BEAUTIFUL... sy was dit altyd en in haar tagtigs is sy dit steeds...
In Wolmaranstad is my liewe Tant Leentjie Bramley... my ma se baba-sussie... lekker diep in die tagtig... maar leer dié wil sy... oop, moderne kop. Stem dalk nie met als saam nie... maar sy wil van als weet!!!
Moorreesburg is ouma Lolita Hanekom se dorp... Almal ken haar, en ontmoet jy haar een keer wil jy hê sy MOET ten alle koste deel van jou wêreld word ... sy moet vertel... en lag en nog vertel ... en daar is niks lekkerder as die drie dogters so saam met haar sit en stories uitruil nie. So is dit ook met oom Hannes Strauss van Bloubergstrand. Vertel net nog stories... ek gaan stil sit en opslurp!! Oom Hannes en Joyce met haar befaamde neutekoek en soetmosterdsous is twee ongelooflike karaktervolles... daar is honde en katte, hoendertjiesen ‘n pappegaai!
As ek dink aan die ‘over eighties’ is ek dadelik kwaai met myself... kyk, Skattie, daar is nog ‘n goeie 30 jaar vir jou om on the ball te wees!! Nie nou al oud wees nie!
Ek ‘salute’ die wonnerlike volwasse liefmense!! En vir Oupie... Happy-happy!!!
Net so doen ek ‘n buiginkie hier oorkant die oseaan in Saldanha vir Debbie en Nico en daai garage van hulle ... karre... you must be joking... dis moulds (van een of ander hoogs intelligente stof) ... konkoksies van sement... ou hout wat met ‘n sagte hand weer glorie kry en voila... lekker vet, slightly oneweredige kruise en harte en teëls en houtpanele. Debbie is ‘n fyn vrou... erg oor mooi lyk, mooi aantrek... die regte juwele... maar g’n afskuur of gaatjie boor kry vir madam onner nie.
Hulle het ‘n Gift Shop op Vredenburg (smuldorp ala die mark), maar die kruise van sement... vandaar die naam KRUIZEMENT... is besig om die land binne te dring. Vir almal is daar iets eie... vet kruise... plat kruise... Daar's kruise met harte op en kruise met nog kruise op... wat kan jy sê?... ek wil hê, ek wil hê!!! Daar's nie ego’s by die twee van Wyks en die seuns, Nicky en Brain,en die drie honne nie... hulle is van daardie werklike kunstenaars wat wil skep en mooi maak... hulle harte sit op die regte plek....
Loer vir oom Japie op www.politika.co.za en gesels met die Van Wyks op kruizement@vodamail.co.za
Dankie dat julle my lees. Tot volgende week.
Isabella Bella.
Verwante artikels
-
Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 16
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.



















Kommentaar
Louise Zondagh het gesê:
Bella jy bly maar 'n ster - lief jou stories!
2de Aug. 2010, 10:11ilze lombard het gesê:
Bella, jy skryf beautifull! Dis lekker om al jou weskus-stories te lees. Sien uit na die volgende Groete Ilze (Stellenbosch)
31ste Jul. 2010, 09:32Lara van Dyk het gesê:
Isabella, dit is so 'n mooi artiekel! Ja baie baie happy birthday Oupie - mag ons almal nog so aan die gang en bedrywig wees wanneer ons 92 is! Love jou blog - so entertaining :-)
28ste Jul. 2010, 22:54Lille Davel het gesê:
Nou sooo lekker in die sonnetjie gesit en lees van die heerlike mense... maak my sommer warm voel oor menswees. Sien uit na volgende week Bella!
25ste Jul. 2010, 13:13KUNDRA het gesê:
BELLA, AI MAAR JY KAN LEKKER SKRYF!!! IN 2 WEKE IS EK VERSLAAF AAN JOU BLOG.......EN SIEN UIT NA DIE VOLGENDE!!! EK DOG JY IS NET GOED MET STYLE EN STYLE EN STYLE..... MAAR NOU KAN JY NOG LEKKER SKRYF OOK!!! K
23ste Jul. 2010, 21:49