Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
It’s a wedding madame!
Dis 10.10.2010.....die wind is storm sterkte en die wit gekalkte pale vir die strand troue waai sommer om in my delikate fynbos tuin. Die meubels lyk grys op die dek......die rocking chair met mock koeivel rock sommer so op sy eie....maar binne-in die huis is dit anners. It’s a wedding madame! Daar's emmers en bakke en bottels vol wit iceberg rose, laventel en waksblommetjies.
Die lang tafel vir 40 mense is elegant gedek met damask-tafeldoeke en wit linne servette en ou silwer. Elke gas se naam in geroeste draad....dis hulle gifts. Enamel-koffieketels vol pietersielie, seldery, roosmaryn en laventel gee daai tongue-in-cheek humor.
Dis Ian en Barend se troue. Die eerste gay troue by my huis. Al die gaste dra wit. Dis ‘n Sondagmiddagete...lang tafel, baie gesels en bakke en bakke vol wonnerlike ouwêreld-kos: Boudvleis, ma se hoenderresep, gerookte varknek, stowe patat-mash, gebakte aartappels, pampoenkoekies, rys en geroosterde groente......so ‘n nuwerwetse slaai en al wat sous is, het ‘n helse twist! Poeding: Lime-infused crème brulee en chocolate truffles volgens Arnold se resep.
In die kombuis help Fiamma my. Sy’s ‘n legend in die restaurant industry en dié elegante, ongelooflike beautiful vrou bly in Koringberg in ‘n chatreuse-groen huis! Als omtrent Fiamma is so blêrrie elegant - van die perfek-gegrimeerde gesig, tot die voorskoot en bril wat so net-net op die neus bly! My span, Rona, Jen (die’t verjaar - sy sê: Sweet sixteen and never missed a kiss!!!) en Dowie is op hulle poste - en beautiful. Nede is ons waitress. Ons pak ‘n reuse skinkbord vol tapas, maak cocktails van roosstroop, vodka en tonic, en ‘n paar granaatpitte en mintblaartjies in botteltjies met strooitjies. Die 40 gaste eet, raas en lag.
Die sermonie is sooo beautiful en daar's min droë oë. Ons klomp werkers snuif-snuif so ônnerlangs en dan sing Minette, mezzo-sporaan O Mio Babbino Caro. Dit is nou die ultimate....die trane loop sommer in die appel-en-crème-fraiche-mousse wat ek met soveel sorg maak! Wow, hoe beautiful is dit nie....EN DIT ALS in my duinhuis!
So dikwels wonder ek hoekom hou ek al die goed in my huis wat tog vir my so precious is: Louise, Barend se juffrou-vriendin verwoord dit: Dis awesome dat jy die wonderlike spasie van jou met ander deel! Ek sou dit nie gedoen het nie!
Sônner om te dink, antwoord ek: Ek wil die joy van die plek met anner deel. Mens mag mos nie so selfsugtig wees nie!
Maandag ry ek Kaap toe met 'trollie' vol stoele en glase, en oppad slaan daai ougat wipstert die 300 000 km merk en ek dink weer hoe special die dag was. Hoe groot ‘nvoorreg om die heel specialste dagin Ian en Barend se lewens vir hulle amazing te kon maak! Dankie julle!!
Ek mis my kind. Ek mis sy stem. Ons Skype elke aand en aand vir aand neem ek foto'tjies van Mobe en stuur. Skype is great, maar ek mis daai 'Haaaaii Mother' oproepe!! En toe die wônnerlike nuus: Hy het die All African Record verbeter met sy 50.62 knope!!!!! Go kiddo!!!
Woensdagaand was ons dierbare en amazing ouma Lotlita Hanekom se 80ste. Daar in Moorresburg het die kinders en kleinkinders vir haar en al haar vriende, jonk en oud, ‘n fees voorberei. Hulle is almal van ons heel voorste kosmense, maar dis Ouma wat die kos vir haar 80ste self ge-orchestrate het!
Sy trap diep, diep spore in my en Taro se lewens. Dis kosbaar om te sien hoe die rasta-kop daai 6 voet 5 duim lyf dubbelvou om eers vir Ouma ‘n drukkie te gee. Sy hart behoort nog altyd net aan sy ouma Issie, nou’s daar ook ‘n baie spesiale plek vir Ouma Lolita! She’s bigger than life....dis so ongelooflik om te sien hoe saggies sy mense se siele voed!
Ek dink ek is deel van daai Hanekom-Schreuder-Joubert-Lategan-familie.....dis ‘n voorreg!
Kyk, of mens nou queen of the dune is, of ‘n once upon a time fashion stylist wat nou bietjie beach-bum geword het - daar kom ‘n tyd wanneer jou natural blonde/grys gestreepte lang hare ‘n bietjie van ‘n lift nodig het.
Op aanbeveling van Pauline en Lolandri maak ek Dinsdag ‘n afspraak by Salon Ben, neffens die Pet Shop, in Langebaan.
Lana groet "middag mevrou" en rol oombliklik die oë sodat die wit skel sit teen daai beautiful donkerbruin vel toe ek met intrap laat hoor, "moenie my hare borsel nie", "koeke klaar uitgeborsel" en "moenie my kop masseer nie, ek's kleinserig"!
Na ‘n klomp lae tinfoil moet sy eers ‘n oom se hare gaan knip en Vanessa vat oor: Sy’s 'n klein kortetjie, hele kop vol vlegseltjies en klein kort armpies. En sy staan nie op ‘n boksie nie - so jou kop word agtertoe gerem!!
OK, kop is vol foil - nou luister ek maar, want daar is g’n teken van glas water, koffie of tee nie.
Die dekor is sparce....die SARIE’s twee jaar oud, maar die gesels en karakters is eg Koöperasiestories!!
Ek beloer als in die spieël en luister. Die oom wil weet of Lana ook op lyke werk, "want as ek doodgaan moet jy sorg dat my hare in die kis goed lyk"! "Maar Meneer, Mevrou het geskel oor ek Meneer se hare laas so kort gesny het, nou wat nog van in die kis!"
Hulle stap vinnig in, tjoef-tjaf is hulle uit. Daar's nie spieëls wat gehou word om eers te kyk nie: Nee. Jy sit, jy word gesny en geblaas, en ciao!
Toe al die foil hel hard uit my kop geruk word, skrik ek so effe vir die wit kop met ‘n "nee o jitte Mevrou, dalk is dit biekie baie wit. Spoel met Gengian Violet, en ek is oppad. Ek hou van my baie wit kop en sônner al die tierlantyntjies, was dié soos ‘n outydse fliek!
Lekker week vir julle!
Drukke van die Weskus
Bella.
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 14
Ek vrek oor ‘n bloekomboom. Dis vir my ‘n statige, alleen boom. So creative boom. Kyk sy bas,die kombinasie van kleure sy regop proud lang nek en sy enorme kolle skaduwee. Ok niks groei onder hom nie…maar hy is ‘n statement boom.
-
Isabella Niehaus blog: "Surprise-broodjies, foto-sessies en 'n glasie op die nuwe jaar!"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 11
Oukei. Picasso het nou huis gekry hier op die Duin. She might be a Picasso but no oil painting... Maar bygesê, wel 'n original! Daar is natuurlik 'n paar van die huisblyers wie se neuse erg uit joint is, maar Picasso het vrede.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.























Kommentaar
Corine Bouwer het gesê:
Isabella, weet van en ken van jou (jy weet nie van my)!! Ken vir Ian van der Westhuizen van sy dae by GordenFlackDavidson. Great om te weet hy is so happy getroud. Niel het tot onlangs Jewellery saam met my gedoen en my vertel van jou awesome troue. Weet ook van ons ander maatjie, Eric Way trou ook een van die dae - eers in Brittange en dan hier in SA. Terug na jou geskrifte, Isabella. Lees alles wat ek kry wat jy skryf. Luv dit!!! Kom nou net Terug van di Weskus - Paternoster. Het vir Annelise gemis by Ahoi. Joburg groete, Corine B
11de Aug. 2011, 19:56Greta het gesê:
Dis n trou storie omte onthou!!!! En die haarsalon ervaring sal my nog lank bybly....
21ste Feb. 2011, 15:16Marietjie van de Wall het gesê:
Hou van jou styl. Hierdie troue se stillering is pragtig!
7de Nov. 2010, 09:00Louise Joubert het gesê:
Hi Bella, Ek verlang sommer weer na die heerlike dag van die troue! Weereens geleer dat as dinge nie uitwerk soos 'n mens beplan nie, die improvisasie soveel lekker kan wees!As gevolg van die wind moes jy tussen 40 mense kosmaak wat om jou draai en met soveel grasie! Die kos was ONGELOOFLIK lekker, die seremonie SO spesiaal en die kuier: heerlik! Ek hou by my uitspraak: Jou planne word geseen omdat jy daardie asemrowende ruimte met ons deel! Ek wys my foto's vir almal wat wil sien!
21ste Okt. 2010, 14:11Isabella Niehaus het gesê:
Hi Jacueline....jip ekke hier!!! Laat weet dan kry ek jou sommer by Weskusplek x
21ste Okt. 2010, 09:04jacqueline het gesê:
En toe bel ek jou nog ook in daai hairdresser terwyl hulle jou kop dye en jy moet soek na jou bril... Ruik die weskus-lug in jou stories. Lekker!! Liefde, Jacqueline (en Jaco, altyd nuuskierig oor die skouer) Moet e.k. Dinsdag Jacobsbaai toe vir onderhoud met Dana Snyman. Jy daar?
20ste Okt. 2010, 10:59GrootG het gesê:
En vegeet ek amper: daar is Taro toe oppie Burger se voorblad! Geluk!
19de Okt. 2010, 12:03GrootG het gesê:
Bellakie! Lekker geskrywe. Kon toe nie kom nie... kyk net wat ons alles gemis het!
19de Okt. 2010, 12:02Isabella Niehaus het gesê:
Dankie vir julle almal wat lees....dis lekker om van julle te hoor en julle inspireer my sommer om rerig oopoog deur die lewe te gaan....goeters raak te sien en dit met julle te deel! Drukke en liefde uit my kantoortjiex Bella.
19de Okt. 2010, 11:27Marguerite Bruwer het gesê:
Ciao, sjoe maar nou het die trane hier in die land van groenveld en grys lug gevloei. Sommer oor als, die mooi duinhuis,mooi storie,klein Taro wat noual wereld bekend is en 'n vriendin wat ons so mis....love you lots girl en moeinie ophou skryf nie, is jy........Ciao
19de Okt. 2010, 10:54Alida het gesê:
Voel asof ek daar was.
19de Okt. 2010, 09:28Marlotte Crous het gesê:
Liewe Bella Dis altyd so verfrissend om van al jou kreatiewe dinge te hoor! Hou aan on om in te lig oor alles in die Weskus! Baie geluk aan Taro met sy prestasie!
19de Okt. 2010, 09:12Lossie het gesê:
Klink soo mooi Bella - jy skryf so asof jy dit op 'n "canvass paint" - ek sien die hele prentjie voor my! Ek geniet jou blogs!
19de Okt. 2010, 08:37Liza Botha het gesê:
B-ella ! Jy is B-ok! Jy is B-eautiful ! Jy is B-rainy ...en nous jy B-lond? wil jy niema elke dag so skryf nie blonde bellatjie blerriebeautiful bokkie! xxx
19de Okt. 2010, 00:05ingrid jones het gesê:
ai, bella, jy's ongelooflik en jy skryf so lekker!!!!!!!!!
18de Okt. 2010, 21:20marlene het gesê:
great
18de Okt. 2010, 20:04FREDA het gesê:
MOOI MAN,JYT DIT WEER GEDOEN! DIT LYK BAIE SPECIAL!
18de Okt. 2010, 19:50Ian van der Westhuizen het gesê:
Bella ek het nou net jou blog gelees en hoe mooi die woord keuse! Herleef sommer weer die hele dag... weer eens baie dankie dat jy jou huis en hart so vrywillig oop gemaak het! xxx
18de Okt. 2010, 18:26Leroux van Vuuren het gesê:
Hallo Bella,ek lees jou blogs en geniet dit baie!!! Jammer ek het jou gemis vandag by"...Lekka by die see...". Leroux
18de Okt. 2010, 17:48Martie Swanepoel het gesê:
Dankie dat ek in my kop daar kon wees!
18de Okt. 2010, 16:28Tanya O'Connor het gesê:
Ek het hierdie baie geniet! Baie dankie!
18de Okt. 2010, 15:52Annalise Bosch het gesê:
Ai Bella dis tog lekker om gou op te vang met jou troues en gedoentes!!!! Sal jy nou glo dat mens so besig kan raak hier aan onse liewe Weskus dat ons via die internet moet opvang!!!! Kom drink n wyntjie dat ons verder kan gesels en lekker kry oor al die mooi dinge wat ons lewens die moeite werd maak!!!! Liefde van jou Maaikie
18de Okt. 2010, 15:46Stephan Louw het gesê:
Soos altyd briljant, my vriendin! Jou woorde skilder elke kleur, geur en tekstuur tot op die mikroskopiese vlak!
18de Okt. 2010, 15:19Christiana het gesê:
Bella, Wys jou net: Die some-time fashion editor/beauty editor, etc..., etc..., etc...: Kyk net wat skuil daar nog alles in jou om ontdek te word! Ons durf nie onsself beperk nie!
18de Okt. 2010, 15:08Annette Theron het gesê:
My wegraping vir die dag, dankie Bella!
18de Okt. 2010, 14:15