Isabella se blog: "Al my goed het 'n storie"

Deur Isabella Niehaus, SARIE - April 2011

Ek het nie ’n properse kantoor hier by die see nie. Dis sommer net ’n ou tafeltjie en my pa se hout-kantoorstoel en so ’n makeshift-boekrak, als in my kamer.

Dit klink so ’n bietjie ouetehuisrig!!! Ek en al my goedjies in my kamer!!! Ek het darem nie ’n klomp potplantjies ook daar nie!!

In my betonblok-huis is daar net in die garage kaste...so elke kamer het net ’n bed, dalk ’n rak met boeke. Maar erg sparse. G’n prente teen die mure. Als leun teen die mure.

So ’n verlore tafeltjie en stoel gee darem so bietjie lewe aan die sementblok-kamer!

Gooi ’n stywelip-vreemdeling/gas ’n ongevraagde comment sommer so in my gesig: “O neeee, so sal ek nooit kan leef nie. Dis darem te kaal en koud.”

Kyk, ek is ordentlik grootgemaak. Dank die nuwe stoel ek was op daai stadium besig om my hande aan die sitvlak van my voorskoot af te vee, anders het sy met ’n klein gebaar ’n what FLIPPEN ever-antwoord gekry!

Ou platgeryde gesegde: Each to his own. Hulle net vergeet om by te voeg: And know when to shut up!

Ek lief die eenvoud van die huis en my lewe hier. Soms word lastige ongevraagde opinies en comments te veel en as Taro nie walgooi teen sy ma se kort humeurtjie nie, word die Duinhuis sommer summier in die mark gesit!!! Dankie tog die jonge man is ’n wise old soul en leer week vir week vir hom se ma: “Wat worry Mamma oor wat ander te sê het, you just be!”

Ek voel vanoggend of ek binne-in die see bly. Al my deure is vroegoggend afgehaal/uitgehaal om gediens te word. Daar’s net enorme oop gate oral en die seemusiek is oorverdowend!!! Daar is natuurlik ’n heel kleine nip in the air ook!!! Maar wow, daai geluid!!!

Daar’s die nuwe lekkerte wat saam met laat somer kom. Ek kan my groente pluk!!! Vroegoggende staan ek gebuig en pluk my enamel-sopbakkie vol ryp tamaties. My hele grootmenslewe lank wou ek tog net ’n groentetuin hê. Nêrens waar ons ooit gebly het was dit moontlik nie. En nou hier, byna op die see van alle plekke, groei als!! Elke tipe basil, die tiemies, vinkel.....bosse en bosse ronde en langwerpige tamatietjies.....elke soort mint.....salie..... peppers en chillies....gekrulde en plat pietersielie.....kool, beet...vra maar, dis hier!!!

Die eerste bosse sweet basil is afgesny en die pesto is gemaak  (ala Danny se resep met cashew nuts) en oor ‘n paar weke kan ek die olywe begin oes...nie eers te praat van die ongelooflike dankbare bosse turksvye nie. Ek tel gisteraand  daars tot soveel as 7 vrugte op een enkele blaar. Kyk, jy moet jou stap ken by my voorhek in, so koes koes by die turksvye en swaar gelaaide olyfbome verby...maar ek kan dit nie nou oor my hart kry om die blare af te sny nie....hulle dra dan sulke beautiful kos!! My ouboet se laaste gesprek vroeg in jaar was juis toe hy my Google-adresse vir turksvye gegee het. So vir jou, Boetie, gaan ek iets kook of stook van al die oranje turksye.

 

Soms...net soms as ek bietjie afgeskil van die lewe voel, dan onthou ek hoekom ek hier op die sandduin vir my ’n sterk betonhuis kom bou het: far away in the sunshine are my highest aspirations. I may not reach them, but I can look up and see their beauty, I can believe in them and I can follow where they lead!! Dit voel of dit makliker is om dit hier in die oopte te doen!

Hier skep ek asem....en kan ek soms my eie gemoed hoor druis in die branders.

Dis eintlik so ’n mooi vreedsame gesig hier...Savvi die spikkelhond lê lekker uitgestrek op haar ma se wit bed, Mobe die waghond sit op die dek en kwyl vir elke brander wat hy sien breek....en Picasso lê in die boekrak opgekrul op ’n stapel boeke (dis hoekom die boekrak daar is....nie vir die boeke nie, vir die kat!!) . Die ou vrou Emma voel niks lekker nie...sy’t ’n gaatjie gemaak agter ’n blompot waar sy veilig voel.

Einde Februarie trou Marcel en Marlon toe en hul 50 stuks gaste hou ’n fees hier! Die kerkie was beeldskoon in wit met linte en sagturkoois harte geborduur op so ’n enorme, nou nie meer, tafeldoek...en die gaste se boodskappe is op groot plat klippe geskryf wat in ’n hart  op die sand gepak is.

Ons kook en maak mooi met emmers vol wit rose en oranje-en-wit polka dot servette!! Allerhande splinternuwe resepte wat uitprobeer word ( waarvan my geelstert en engelvis, kamtige smoorsnoek, ’n wenner is)......never to be repeated. Kan mos nooit al die bestanddele onthou nie....!!

Laas week eet ek by Carl Thom se Bloekom Boma. Hoe beautiful is dit? Die ronde moderne Boma gebou uit kalk en strooi bale in ’n laning bloekombome. ’n Reuse-braaiplek in die middel van die boma met ’n opening in die dak vir die volmaan om deur te skyn!

Saterdag was markdag. Fiamma van Koringberg en Anel de Vries van Piketberg oorweldig die mense met wonderlike vleise en soet mosterdsous, klein quiches, die beste homemade aartappelslaai, ’n enorme cerise-pienk versierde koek wat jy so sny vir sny koop!!

Annetjie het ’n Suurlemoen-Concentrate wat darem so lekker is met ’n klein vodka en soda en hope ys ... en haar tuisgemaakte gemmerbier is elke keer ’n treffer. Die kerk se basaarpoeding is amper uitverkoop voor als uitgepak is en Scoobie, heel ent pad van Van Wyksdorp af, met sy ongelooflike reeks olyfprodukte....of jy nou olyf eet of nie....Scoobie agtervolg jou met daai roosmaryn- of chillie-olyf op sy stokkie tot jy hom eet!! Tannie Alida en die Saldientjieklub wat vroegoggend begin pannekoek bak is lekker kwaai met my.....as daar nie te veel wind waai by hulle tafels nie, is die son te skerp....maar as hulle eers aan’t bak is vergeet hulle gou om die vrou bietjie vas te vat!!!

 

Die kosmark lê baie naby aan my hart. Dis soos ’n outing vir my. Daar’s bekende gesigte wat maand vir maand verbykom, jy gesels en lag. Sommige maande is die mark so bietjie te veel soos ’n tuisnywerheid, anner maande kry ons die mix van mense reg....so bietjie gebak, so bietjie deli...lekker wyne......

Aprilmaand se mark gaan ons spogmark wees.....ons grootste en beste nog....watch this space!!!!

Ná mark is ek terug Boma toe vir ’n middag saam met die ongelooflikste vrou wat ek in ’n lang tyd ontmoet het: Jessie Graven. Sy’s wat hulle in anner lande noem:A NOSE. Sy werk met geure. Met essensiële olies. Met die bymekaarsit van skoonheidsprodukte.

Daar maak ons elkeen ons eie bubblebath en badsout en ons eie lekkerruik- parfuumpie.....sy leer ons ’n enkele essensiële olie is antisosiaal.....meng dit met ander olies!!!

So “n paar van ons vra maar oor die groot M, MENOPAUSE......die antwoord: 6 druppels Geranium en 2 druppels Clary Sage en 2 druppels Lavender (laventel maak enige olie ’n beter gehalte olie)....die drupels word dan in  10ml soetamandelolie of jojoba gemeng....en bad toe met jou!!!!

Die goeie nuus is jy kan nie jouself of enigiemand met essensiële olies vergiftig nie (damn!!) ...dis net kakiebos-olie wat ’n gat deur jou skoen kan brand....en dalk ’n voetjie seermaak!!!!

Kyk uit vir die donkerbruin botteltjies met Zinziba se essensiële olies...ook Soil se gehalte van olies is uitstekend!

Die kombinasies van olies en elke olie se ongelooflike eienskappe is fascinating...nooit weer koop ek badsout of badolie nie....daardie botteltjies in my yskas gaan nou beproef word. My gunsteling wat ek aangemaak het: 2 druppels lavender, 2 basil, 4 lime en twee druppels neroli..........mal daaroor!!!! Mmmmm weet dit: lavender en neroli is vir kalmte....weet ook die lime is energizing! Ok, dis ’n olie vir my persoonlikheid: bietjie kalmte, baie energie !!!

Jessie leer ons: die keuses wat ons maak bepaal ons vryheid. En JY is VRY om keuses te maak.

Lekker naweek en week vir julle tot ons weer gesels!

Isabella.

 

 

Verwante artikels

  • Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus

    Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus

    SARIE - April 2011 | Kommentaar: 14

    Ek vrek oor ‘n bloekomboom. Dis vir my ‘n statige, alleen boom. So creative boom. Kyk sy bas,die kombinasie van kleure sy regop proud lang nek en sy enorme kolle skaduwee. Ok niks groei onder hom nie…maar hy is ‘n statement boom.

Kommentaar

  • Baie dankie Isabella, jou kuiers is altyd lekker. Kom loer gerus weer in by die Bloekom Boma.

    18de Mar. 2011, 20:46
  • Is daar 'n plek soos die weskus. Los jou huis net soos dit is- klink of dit gevul is met jou persoonlikheid. En die vet alleen weet die weskus se styl is uniek en ek sal 'n ander vakansie plek moet kry as dit verander. Was die ander dag by 'n troue daar in die bloekom boma en mag net se as my dogter trou, is dit verseker die eerste plek waarna ons gaan kyk. Groete

    18de Mar. 2011, 20:43
  • Altyd lekker om jou blog te lees. Moet se 'n kruietuin kom orals handig in. Sjoe die bloekom boma lyk asemrowend het nou net op die webtuiste gegaan: ‎https://sites.google.com/site/bloekomboma/ Blog asb gou weer. Altyd interessant en lekker om van jou te hoor.

    18de Mar. 2011, 20:40
  • Savvi is mooi maar jy is mooier, dit moet die Weskus seelug wees!

    18de Mar. 2011, 06:56
  • hallo Bella baie dankie vir die resepte van die kruie en olies dit klink amazing ek en johan verlang vanaand baie na jou jy is n wonderlike mens en jou huis daar op die deine is een groot lekkerte ons kan net droom van so lekker bly met die klank van die see in jou ore en die seesand op jou voorstoep Ons twee kyk nog steeds uit vir jou kuiertjie Hou aan met wat jy doen en skryf jou blog kook groete en ook drukkies vir die 4voet kinders

    16de Mar. 2011, 18:16
  • As jy gemaklik is met jou huis, hou dit so !!! Stuur bietjie daai pesto resep aan asb. Dankie vir jou "blog", dit maak die gemoed bietjie "oop". Groete

    15de Mar. 2011, 09:17
  • Pragtig geskryf, ek het dit so geniet! Al wat my pla, is die Engelse woorde wat ons mense so graag gebruik. Is ons pragtige, besondere Afrikaanse taal dan nie meer goed genoeg nie?

    14de Mar. 2011, 18:26
  • Ek het n ou Huisgenoot waar jy en jou huisie en n paar respte in verskyn het. Ek bak nou nog die hart koekies. En wanneer ek lees dink ek aan die fotos in die artikel en dink aan die see en die beton huisie met boeke op die trappe. Heerlik

    14de Mar. 2011, 17:54
  • Bella, jy aard na jou ma. Sy het 'n kruietuin waaruit ek gereeld basilie, laventel, wynruit en wildemalva kry. Sy maak, op 80, nog gereeld botteltjies vol konfyt, rissiesous, koemkwarts en kwepers wat sy met 'n hart vol liefde uitdeel. Haar groente spog in my potte: botterskorsie, murg-van-groente, avokado's. En sy is net so lief vir mooigoed soos jy. Sy troetel haar "English country garden" en rangskik nog soms vir haar kerk blomme. En bowenal: Sy is net so 'n "lady with a temper" soos jy!

    14de Mar. 2011, 13:05
  • Hi Bella, jou huis is pragtig!!!!!! Dankie ek het lekker gelees. Baie Liefe

    14de Mar. 2011, 11:29
  • Ai, ek is so jaloers om te lees van die kalmte, die see, olywe, turksvye, die kruietuin . . . Hier in Gauteng mis ons uit op so baie. Geniet dit en dankie vir die wyse woorde wat jy so tussendeur vir ons gee. . . Lekker week

    14de Mar. 2011, 09:58
  • "far away in the sunshine are my highest aspirations. I may not reach them, but I can look up and see their beauty, I can believe in them and I can follow where they lead!!" Bella, ek steel hierdie een by jou! Dankie vir 'petrol" vir die week!!

    14de Mar. 2011, 08:07
  • Stunning foto! Mis jou man!

    14de Mar. 2011, 07:37
  • Soos altyd entertaining!!

    13de Mar. 2011, 18:47
  • Haai Isabella, ek het nou so op die sondagmiddag as almal om my of slaap of werk aan skooltake, so lekker gelees aan jou nuutste blog - het dit sommer weer deurgelees. 1 vir die atmosfeer wat jy skets oor die see en jou tuin wat so oorvloedig produseer vir tafel en spens en 2 vir die olies-storie. Ek gaan beslis ingaan op lg, want is die afgelope paar weke meer bewus van die gewoon wat om ons is wat mens miskyk vir al hul wonderlike eienskappe. Ek is doenig met 'n groot lewer-skoonmaak, ons leefstyl hier tussen die wyn en heerlike kos, eis sy tol aan liggaam. So nou is my yskas groen van bo tot onder gestock aan alles wat Spar of Woolies of my eie groetetuin kan bied wat hierdie detoxprojek se ruggraat vorm. En dan nog die wonderlike kruie en speserye wat sommer op n skinkbord op tafel bly staan: cayenne, mosterd, kaneel, gemmer, dill, knoffel, koljander, appelasyn, flaxseed olie. Ons gaan beslis vlg naweek Gonnemans toe en dan kan ek vir 'n langnaweek ophou kwyl as jy die see so mooi beskryf. Mooiloop Mariette

    13de Mar. 2011, 15:51
  • Ag dis sooooooooooo lekker om jou blog te lees. Watter datum is die Mark ek sal baie graag wil kom inloer. Jana en Jono is toe die 5de op Srellenbosch getroud.Sy het prentjiemooi gelyk,danksy Jas, jis hy is baie goed!! Die kos (Bontevlei) was uit die boek en ja ons het self die blomme gedoen en baie strikkies en "detail" gehad. Sal vir jou foto's stuur sodra ek het. Geniet die Sondag en laat weet hoe lekker jy werk......... Liefde, Henriëtte

    12de Mar. 2011, 23:53
  • Ag dis sooooooooooo lekker om jou blog te lees. Watter datum is die Mark ek sal baie graag wil kom inloer. Jana en Jono is toe die 5de op Srellenbosch getroud.Sy het prentjiemooi gelyk,danksy Jas, jis hy is baie goed!! Die kos (Bontevlei) was uit die boek en ja ons het self die blomme gedoen en baie strikkies en "detail" gehad. Sal vir jou foto's stuur sodra ek het. Geniet die Sondag en laat weet hoe lekker jy werk......... Liefde, Henriëtte

    12de Mar. 2011, 23:52
  • verlang sommer na die kalmte v jou huis en omgewing! iemand wat dit nie kan waardeer,het n probleem met homself!!! best spot oppi see ! lovies freda

    12de Mar. 2011, 15:54
  • Hoe mis ek jou betonhuis nou! Dankie vir die herinner aan 'n ongelooflike uitsig, net jammer dit is so ver maar miskien verras ek jou een van die dae. Dankie vir 'n lekkerlees en blik in jou dag en week.

    12de Mar. 2011, 12:10
  • Lekker gelees , Bella. Doe so voort!

    11de Mar. 2011, 20:25
  • En oja! dis 'n BAIE mooi foto van jou en Sewwie!!!

    11de Mar. 2011, 19:42
  • Bella jou huis is beautiful en die wat nie daarvan hou nie het plein geen siel nie! Basta met hulle en in elk geval wie het hulle kommentaar gevra! Dis altyd lekker om jou blog te lees. Bless you miss Bella!!!!

    11de Mar. 2011, 19:40
  • Ciao, So lekker gelees weereens, ai jy hou die huis in kleur vir ons hier in die grysheid...la amo! ciao

    11de Mar. 2011, 18:46

Web Development by FormFunction