Isabella se blog: Choices choices!
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
Choice is joune girl kom lol ‘n anner stemmetjie en die honde gooi hulle stokke op my bed met ‘n "excuse me, dis al lig kan ons gaan swem"!!!
Vanoggend my nuwe rondings vir die eerste keer in 2010 in die water geplaas - soos ‘n grooooot duikboot! Die lekker is dat die water so ietwat chilly is en als laat opvries! Vir die eerste oomblikke wat jy weer op die strand is, is jou bene en maag styf. Dan begin die ontdooiingsproses...back to normal!
Hoe kan iemand altyd lag en happy wees? vra een van Pandora se Boks-bywoners. Choices! Moenie glo daar is nie vrees, stres en helse klomp angsvalle en soms sadness nie. Ek verkies net om dit vir myself te hou. Ek kies dan maar om Nakki die frivolous nar te wees! Om te lag, en hier en daar en sommer oral die beauty raak te sien. Vreemd: Vandat ek die keuse gemaak het, is daar ‘n veel happier huppel in my stap!
Pandora se Boks was ‘n dag met 50 beautiful lewenslustige vrouens van oraloor: Stellenbosch, Durbanville, Melkbos, Saldanha, Vredenburg, Paarl, Franschhoek, Gordonsbaai. David was soos altyd enjoyed by all. Hanlie se tafels vol goodies was ‘n fees vir almal. Lekker vroeë kopies vir die Xmas-sokke.
My tafeldoek was ‘n beautiful duvet cover met flertse. Só op ‘n dag haal jy vir flertse af en voila: Daar's jou duvet cover weer in tact! Ag, dit was ‘n lekker dag hier by die duinhuis. Ek het wit melkdoek-tafeldoeke laat opsny en vir hulle sulke lekker breë tulle frille gegee vir servette. Als ou goed wat nuwe gesigte gekry het!
Oesters en tapas, Eric Saayman van Riebeek Cellars se Vonkel en witwyne...en later die rooies ook. Vreemdelinge ontmoet en raak aan’t gesels. En Emma bedel ooral ‘n patat chip!
Seker maar ‘n vreemde manier van werk. Ek giggel net toe ‘n vrou straat-af my Maandag voorkeer en se hoe lekker dit is om altyd só party te hou en dan weer sommer Kaap toe te ry. "Dis my werk, my Tannie," antwoord ek. "Oooooo, werk jy nog?" Jip! Ek werk nog en flippen hard, al lyk dit soos party-hou!
Maandagmiddag maak ek kos vir die 24-stuks onderwysers van die Velddrif Hoërskool. Daar lê ‘n hitte hier tussen die duine wat van die onnies dwing om maar ‘n draai in die water te maak - onderbroek sal doen!
Ek maak ‘n boud vleis waarmee tot ek impressed is en gee ‘n nuwe twist aan my signature lime infused crème brulee. Klein stukkies kaalgat-perske en aarbei daarin.....mmmmm.
Tanya, liewe liewe Madam O’Connor en ma van kleine Rory laat my op ‘n dag dink met "dit wat jy wil hê, moet jy vir jou laat werk, kan jy vir jou maak werk". Wat wil jy hê? Natuurlik wil ek HOPE inspirasie hê, nuwe dinge elke dag aanpak en saans moeg, maar met nuwe joy tussen my wit lakens inkruip. Ek wil hê my huisie moet nog werk. Ek wil kook en konsert hou (partykeer)....
Dan gee naamgenoot Dale Niehaus vir my EEN uit ‘n Miljoen, die CD vir Lucas Maree en daar op liedjie nommer een sing Daniel (hy was my man, nou sal ek hom graag my pêl noem). Lucas se Weduwees se kruik en sy beautiful stem fluister, maar dis die goeters wat mens weggee wat jou ryk maak. Dis daarmee wat jy mense om jou raak en weer besef ek...ek hou daarvan om my deure oop te gooi, mense die beauty van die stoep en die nice energie van die huis te laat geniet (laataand klim ek in my Engelse soutbad met my seer bene, maar met ‘n wete: they loved it!!) En daar banish ek nou eers weer daai stemme wat so lol.
En dan sing ek sommer saam....dis die goeters wat mens weggee....tra la la.
Donderdagaand eet die plaaslike Vroue-Forum by my. Daar's net tien beautiful vroue: sakevroue, onderwysers.....
Ek het een aand met die Vroue-Forum-vrouens gaan praat en besef hulle is eende van ‘n dam waarop ek ook graag sal wil rondswem. So, hoewel 40 mense vir ete my nie te veel stres nie, het die tien formidable vroue my na kosboeke laat gryp.
Jare jare gelede was ek by ‘n book launch by Rhebokskloof. - SO EET ONS AAN DIE KAAP van Helmine Myburgh. Behalwe vir die kosboeke wat Ouma Issie vir my gegee het, was dit my eerste eie kookboek. Ek onthou die beautiful elegante blondekopvrou wat ek die dag vlugtig ontmoet het en my eerste kennismaking met koue murgpampoentjiesop!
En in Helmien se boek vind ek toe resepte wat 20 jaar gelede my gunsteling was - dié heerlike aand was ek die kosmaker en skottelgoedwasser.
Ag, ek moet die menu met julle deel: tapas (blinis met sampioene en brandewyn-patee; gebakte aartappel in roosmaryn met ‘n uie konfit en creme fraiche; koue murgpampoentjiesop (oeee dis lekker) en patatkrulle en my eie weergawe van lekker Spaanse frikkeldelle in tuisgemaakte tamatiesous.
TOE ‘n slaai: gemarineerde aarbeie in balsamiese asyn en swartpeper met avo en feta op rocket. En toe hoender - heeldag stadig gebak in rooiwyn - met lemoen en sojagroente en 'n rysie. Toe verbeter ek vir creme brulee: cranberries en blackberries in die creme brulee!!!
Sal seker nooit weer die kos gemaak kry nie but I did it. Daar was soooo ‘n klein hick-up: Ek het my BESSIE verlê. Die landlyn se draad is deur Mobe opgevreet, so jaag ek Lekka by die See toe oortuig ek het dit daar gelos. No luck!
Eintlik weet ek nie hoe om in woorde die prentjie te beskryf nie....Ek draf kombuis in, op die grond lê daar flertse rolling towel en ek besef: die blinis is almal in hulle glory in. En daar staan my beautiful fyn delikate dalmation en lek haar lippe af.
Ek het niks gesê nie. Daar was darem nog twintig minute. Breek toe maar twee eiers in ‘n bak, gooi meel, bakpoeier en growwe sout en jogurt by en bak ‘n nuwe batch blinis En daar lê foon (Bessie) op ‘n erg vreemde plek onder een van die panne??.
En dan wonder die Tannie by die hek of ek ‘n day job het?!!!
Sateroggend pomp die wind en die strand hier regs van my lê toe onder die helder kites vir die tweede been van lief-rastakop se South African Kiteboarding Tour wat hy verlede jaar begin het. Laasnaweek was hulle in Durban en Woensdag is dit Mosambiek toe vir tien dae.

Ek staan op die dek en kyk hoe Taro drafstap om vlae op te sit, tente op te slaan....en ek bid: asseblief laat die wind heeeeeel dag waai sodat my kind en sy maters kan vlieg!
Heel Saterdag en Sondag sit ek en kyk na die ongelooflike energie van die jongmense op water. Dit lyk so lekker, so vry...en van die kant af soooo maklik!
Môre gaan ek vir my ‘n fietsie koop. Kyk ‘n girl mag nou wel dalk op ‘n dag 55 word. Nou meer as ooit moet ek aan die gang bly: swem in die oggend, fiets begin ry, Bella’s Delights launch (annerdag se storie), halwe dag day job vat, kook en kuier en rondry en saam met Taro, hy anker sy ma, droom oor sy drome .
Lekker week vir julle.
Bella.
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
































Kommentaar
Liza het gesê:
Whao - Sondag oggend Wegraping - Alweer ! Weg uit my lewe uit, dartelend, fairy vliegend deur joune ! - en hier en daar staan ek vierkantig IN jou gevoelens ...voor jy weer verder vloog na nog aksie en passie en mooi goed. Bella die Beautiful Bottervliegie ! Dankie ! Liefde Liza. Ek sit die link DADELIK op jou www.nosyrosy.co.za blad!
28ste Nov. 2010, 13:36Karin het gesê:
Bella, baie dankie vir 'n stunning dag op die duin,ons het dit baie geniet.
26ste Nov. 2010, 11:29Charlene het gesê:
Bella,volgende keer kuier ek waaragtig saam missies O'Connor daar op jou stoep met die view...ja, ons huisvroue het mos ook nie 'n job nie...vlenter heeldag van koffiewinkel na koffiewinkel...:))...ons lewe saam ons keuses en ek staan elke oggend op met volle oorgawe en 'n wilsbesluit vir vreugde en passie...dankie vir jou stunning skrywes.♥
23ste Nov. 2010, 22:12Tanya O'Connor het gesê:
Madam O'Connor het juis vanaand vir jou gecopy met die blinis en toe loop die trane! Vir jou 'n po-empie gestuur! Ek het die lees van Choices soo geniet!
23ste Nov. 2010, 19:06Karen Lelieblom het gesê:
Dis WONERLIK geskryf Bella!!! Dankie vir die vreugde van die blog!!!
23ste Nov. 2010, 18:14Lizzy het gesê:
Wens ek was daar! Lizzy
23ste Nov. 2010, 14:59Lindie het gesê:
My liewe land en siedaar.... daar sit sy in al haar glorie!!!Loop oor van geluk want waar en wat wil sy vir die omblik meer? Dankie vir n annerse lekker dag, ps. Ek dink nie daar was baie patatchips oor vir emma om te bedel nie, ek was emma se grootste kompetisie....en kon dit duidelik sien na die naweek want my kolletjiesbroek het groter kolle so op die heupe bygekry. But what a joy!!!! Liefde baiex
23ste Nov. 2010, 10:51Ronelle Viljoen het gesê:
Verruklik... ons is bevoorreg om hierie wonnerlike lewe te kan "beleef"!!!!
23ste Nov. 2010, 10:31Annette Theron het gesê:
Bella, stunning!
22ste Nov. 2010, 19:20Marguerite het gesê:
Ciao, Ai, moet nooit ophou skrywe nie, moenie ophou Bella se twist resepte maak nie, moet nie ophou Bella wees nie. Hierso waar ons op die oomblik vrek van die koue is die 'bloggie' van jou 'n lekker cocoa warmte... Hi aan Taro.., Ciao, luv ya....
22ste Nov. 2010, 18:19Freda het gesê:
n Day job klink erg tussen al die besige dinge in jou lewe hoor! Is daar plek vir dit? Nice fotos-geniet dit altyd!
22ste Nov. 2010, 17:47