Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
Weskusnuus: Hond dra stééds haar eie leiband. Die bord lees dan: Dogs at all time on a leash.... So, sy dra dan die punt van die leash tussen haar gespotte pienk lippe.
Jip. Jy, jou flennie pajamas en erg sin vir humor! Not permitted. Daar kom 'n boete vir jou!
So ruk terug vra so klein fyn klei-kunstenaar van Durbanville met 'n klerewinkel in die Baan of ek, 'sans nes pajamas' (hie-hie, sy's die ander een op die strand in haar flenniebroek), sal praat oor aantrek.
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
So word die oggend gereël by my duinhuis. Vroegoggend is madam buite, tel honde-verrassings op, hark, verf gou 'n pot, bind servette vas. Eintlik fret ek net nog in klein animal-pompie-pantoffels toe stap daai eerste gas al tussen die turksvye deur!
Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!
Klink soos die titel van 'n boek!
Ek sit toe sommer op die trap tussen die boeke. En al wat ek dink is hoe steek ek my vetrol weg en wat gaan ek hulle vertel?
Laaaaang storie. Dit was 'n magic oggend met Rene van iKat in Langebaan. Sy's klein, plankie klein. Sy't geen boude, geen middel. En dan is daar Matilda van Melkbos, die groter vrou. So tuis in haar lyf. Sy't borste, en heupe en 'n 'derriere'. So trek ek al die verskillende lywe aan in leggings, onnerokke en laag op laag op laag. En die wenner was Matilda! Nou't ek 'n plan, moet hom net eers aan die rol sit.
Dis die nuwe kantoor met die view wat my so heeltyd laat voel jy moet dinge doen. Jy kan nie net heeltyd staar na die skepe daar buite Saldanha nie, jou skip is nog in aanbou, nog nie eers op die see nie! Ek smile net weet hy gaan kom!
Daar's kosmark in Vredenburg die Saterdag. Vroegoggend help Rosy, die sekuriteitswag my altyd om die tafels uit te sit en die tafeldoeke oor te gooi. En so net na half nege kom Tannie Alida en lede van die Sardientjie-klub van Saldanha met hulle panne en gasstoofies om pannekoek te begin bak. Dan kom Oom Louwtjie wat vir ons op sy trekklavier speel. Een vir een word die tafelsvol, daar word drukke uitgedeel en bietjie geklets onder mekaar. Kaas word geruil vir chilli-sous, hoenderpastei vir 'n bakkie pere in rooiwyn, en so jy gaan eintlik huistoe met 'n hele boks vol groceries - als geruil!
So gepraat van kos, hier's die viskoekie-resep. Toe ek vir Jennifer bel en vra om die resep te gee, het sy my vinnig herinner hoe ek, Beeeela en Miss Pauline (Pauline Schreuder) eintlik haar hele resep so veranner deur nog dit en nog dat by te sit dat dit nou nogal 'n fancy resep is!
Viskoekies
- 1 blik pienk salm (415 gr) van Woolies of Pick 'n Pay...moet grof gevlok word
- 1 pakkie gesnipperde rooi slaaiuie of groenes
- ½ teelepel seesout
- 1 rooi of groen chilli gesnipper en haal tog pitjies uit (Ek praat so van gesnipper want ek het die amazing all purpose skêr wat ek vir snipper aangeskaf het en dis vir my makliker as met 'n mes)
- 2 teelepels gesnipperde pietersielie
- 2 eetlepels gesnipperde koljander
- ½ teelepel gerasperde vars gemmer
- Sap van 'n halwe groterige suurlemoen
Meng nou al die goed saam en proe. Jy sal gou self besluit wat kort. Dan klits een eier en ½ koppie Bokomo Spiced Broodkrummels en ½ koppie vars broodkrummels. Meng als saam.
Jy kan in yskas sit om bietjie af te koel, nie rêrig nodig. Rol in bolletjies en druk plat......
'n Dik boom pan werk die beste, net so twee eetlepels olie onder in. Moet lekker warm wees, nie skroeiend. Bak tot goudbruin aan albei kante.
Bedien met tamatie en rooiuie slaai met wynasyn en olyfolie sousie. LEKKER!!!
Arme Dowie het Saterdag kom tuinmaak en die moes maar viskoekie na viskoekie proe tot ek thumbs up gekry het.
Sommer heel nuwe respek vir my maaikie (ons is selfverklaarde familie) Carmen Niehaus gekry....hoe slim is die mense nie! Hulle weet 'n knippie is 'n kwart teelepel...ek moet dit gaan meet!!!
Nuuskierig klink altyd soos NOMMER ASSEBLIEF. Ek hou van WIL WEET. En dis juis van Wil Weet dat Liza en Annette van Hermanus 'n nuusbrief NOSY ROSY begin het......dit gaan na 16 000 lesers elke maand en kry 140 000 hits 'n maand!!! Nou is daar 'n weskus armpie aan die Overberg suksesstorie. Gaan loer gerus op www.nosyrosy.co.za.
Net voor ek die laaste komma en punt insit, die foto is die anner lid van die duinfamilie, Emma. Sy's 13 en het al 'n hele paar weskus-enkels gaatjies in gebyt.....
Lekker Vrouedag! Hoop dit word sommer 'n extended luukse, soos oomblikke van magic elke dag van die jaar.
Tot 'n volgende gesels
Isabella.
Verwante artikels
-
Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 16
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.























Kommentaar
Greta het gesê:
Ek kan nie ophou lees nie.....
21ste Feb. 2011, 15:43PinkPolkaDot het gesê:
Kan ek ook asseblief die direkte link na jou blog kry?
5de Okt. 2010, 15:40PinkPolkaDot het gesê:
Hou van die resep! ...en weereens lekker gelees!
5de Okt. 2010, 15:39Marguerite het gesê:
ciao, hier in die verre noorde van die groen mannetjies nat land het jy my nou in a trane verlang huis toe......mis jou so baie en is soooo lus vir 'n kuier saam 'n glasie met die uitsig ''priceless'' love you girl
13de Aug. 2010, 11:22Enrica van der Linden het gesê:
Ek is so dankbaar "that this Italian gal can also enjoy this Afrikaans blog" ....Wonderlik, hou my op datumn, jy's n' ster. Enrica
13de Aug. 2010, 09:59Sanet Eigelaar het gesê:
Great! Dis asof mens elke keer net so 'n proeseltjie van jou kry! En dan wil mens meer he!!!!!!
12de Aug. 2010, 09:30Lesley het gesê:
Ek enjoy!! Kan als so voor my sien afspeel. XX
11de Aug. 2010, 13:32isa van wyk het gesê:
Jy skryf soooo mooi !!! Laat weet my al die nuus Liefdes Isa
10de Aug. 2010, 13:02isa van wyk het gesê:
Jy skryf soooo mooi !!! Laat weet my al die nuus Liefdes Isa
10de Aug. 2010, 13:02Francisca Louw het gesê:
Dit klink of jou lewe daar op die Weskus nommerpas is vir jou. Jy beteken klaarblyklik baie vir jou gemeenskap. Jou lekker bolg en die mooi foto's getuig daarvan. Ek beny jou en is bly vir jou. Dankie vir die link na jou blog want ek kon dit nie kry deur die Sarie link nie! Bestes Francisca
10de Aug. 2010, 09:34rozitha het gesê:
Haai my liefste Bellie-maatjie!!! Ek is ongelooflik trots op jou en jou storie lees heerslik - dit voel of ek sommer daar is jou kantoor met 'n view is en saam met jou droom. Moenie ophou droom en speel nie - Lief jou Rozitha
9de Aug. 2010, 16:46Lizzy Botha het gesê:
ek gaan defitief die viskoeke maak (sommer more) em dan wil ek graag vir Emma aan my Ziggy-hond voorstel - hulle het soo baie in gemeen i.v.m. gaatjies!!
9de Aug. 2010, 16:40Suletta het gesê:
Bella, mis jou lag en sin vir humor in my mooie huis op Langebaan, wat ook nie meer is nie. Hoop jy en jou hondekinders geniet die winterweer waar julle kan uitkyk op die ontstuimige lagoon wat sy deurskynende blou in die somer verruil vir 'n kwaai grys-blou in die winter. Soen daai polkadot hond van jou van my en sus Mariet. Ek onthou met verlange jou heerlike pasta, wat jy so "effortless" vir ons aanmekaar geslaan het een aand terwyl ek en Ralph stadig en heerlik in jou groot balsaal van 'n leefvertrek rondedans het, op maat van jou siels-musiek. Liefde, Suletta
9de Aug. 2010, 13:01Liza het gesê:
Aaaah ! Jy doen dit weer ! Dankie Beautiful Bella ! Nou moet ek op 'n Wyn & voedsel - en Kalfiefees naweek werk sodat ek Maandag saam met a.o. Jou ( ! ) om 'n tafel kan ontspan ! Wat 'n Heerlike vooruitsig ! Hoor ons moet opdress - oorweeg dit om my kat op my hoed te sit. - sal hopelik aandag aftrek van die plooie en rolle en ander 'general wear & tear'
7de Aug. 2010, 09:15Natalie Roos het gesê:
Ai Bella Hoe lekker lag ek nou daai trappe is wonders vir mens se senuwees veral as mens by hulle moet afstap in jou trourok. Sal defnitief die viskoekies maak Lekker Vrouedag
6de Aug. 2010, 10:56