Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
So begin Saterdag met stilis-vriend Hannes wat kom kuier. Cardboard en koerant onder die arm en twee bakkies van die mees amazing trufflekoek in die wêreld. Ek kyk na die foil-bakkie, met hoeveel sorg en kreatiwiteit die deksels Hannes se stempel het, en binne 'n hartjie papierdoilly. Ons drink bitter koffie en eet trufflekoek en Hannes leer my hoe om beeldskone enorme papier-rose te maak. Ons gooi idees en gedagtes rond en wanneer die groot man (Hannes is 'n goeie outydse 6 voet 5) in sy klein karretjie klim, gaan vryf ek eers oor al die nuwe basil-, tamatie- en vinkel-plantjies...net om die lekker van die middag so bietjie langer uit te rek! Ek moet dit seker saggies noem: die plantjies is nog almal in tact!
Sondag sesuur vat ek en trollie die pad Kaap toe. Dis Pasella-tyd. Ek luister na Francoise Hardy en verwonder my weer hoe wit die duine hier duskant Yzerfontein vroegoggend is. En net verby Atlantis kom die berg in sig. Wow! Dit bly beautiful.
Ek het die klomp van Pasella lanklaas gesien en daar's 'n paar nuwe gesigte. Die verligting op Paul en Dieter se gesigte dat hulle die jaar nie Speedo's hoef te dra nie, laat my lekker giggel.
Dis 'n beautiful dag in die Kaapse hawe. Minki is stralend mooi en daar is 'n gemoedelike gebanter tussen die beautiful jong mense...
'n Hawe bly mos maar 'n besige plek, en kry ek net vir een keer al my woorde reg, kom daar 'n volgelaaide yacht verby en blaas sy toeter. En daar begin madame al hakkelend weer en weer en weer!
Ons maak klaar op die volgepakte strand voor die Grand Café. En dis hier waar daar bietjie tyd is om gedagtes uit te ruil... just to catch up a bit! Die son se gebak en seker maar al die konsentrasie put jou uit. Tog is dit met 'n lekker moeg en 'n klomp vars gedagtes wat ek terugry duin toe.
Op Paul se Warriorcraft-webblad kry ek later die aand dié: "The older you get the more you realize that kindness is synonymous with happiness." (Lionel Barrymore) Lekker een om mens te laat dink!
Dinsdagoggend ry ek Hopefield toe. Soek lappe by Debbie by die Haberdashery-shoppie en gaan loer in by Ilze my skrynwerker-maaikie! Let me explain: Ilze is klein en fyn en beautiful. Sy toor met enige ou stuk hout. Sy maak rame en harte en kruise en skinkborde - als uit haar en Inus se garage in Hopefield. Ek het hulle troue gedoen vroeër vanjaar op Kersefontein. Hulle het in die koeistal getrou en die onthaal voor die herehuis op die grasperk. Die detail by daai troue was iets ongelooflik. Van die voelhokkies wat uit die akkerbome gehang het tot die mad hatters-troukoeke. Ja, koeke! Drie van hulle. Swart sjokolade met skel pienk en lemmetjiegroen blommetjies!
Terug op die dorp koop ek al die bestanddele vir Elvira se biscotti. Elvi was getroud met Massimo, die beste mode-fotograaf wat ons land seker nog ooit gehad het. Sy kyk na goed was uniek, sy uitkyk op die lewe was uniek... En toe die bedryf hom wou dwing om dinge te doen soos hulle dit sien het hy en Elvi in Barrydale gaan bly. Hy't sy kamera weggepak. Hy't geskilder, 'n master swordsman geword en geskryf. Hy's vroeër vanjaar dood aan slukdermkanker. Hulle nommer is nog Maz op my foon. Toe ek destyds by Sarie begin het hy al my mode-stories gedoen. Die eerste met Sonja de Waal (Cabano) - 'n nautical storie op Noordhoekstrand! Dis amper 20 jaar terug... how time flies.
Van Elvi se biscotti het Maz altyd gesê: Elvitjie makes biscotti like my mother.
So vir ons Pandora's Box volgende naweek bak ek Elvi se biscotti.
Hier dwaal ek alweer af.
By die huis net al die sakke afgelaai is daar 'n helse lawaai buite! Lang wolffluite, 'n toeter wat blaas en blaas, Mobe wat met al vier beentjie in die lug opspring en beslis nuwe hoogtes beryk! En uit die vuil volgepakte bakke en trailer wat laag op sy wiele le, klim my champion-kind en die Franse span wat met press office en time keeping gehelp het!! Agtien ure op die pad. Vol stof, moeg en seer, maar vol smiles.
Hoe lekker om klompe drukke te kry en weer daai beautiful gesig vas te hou en sy lag te hoor.
En gister eet ek saam met Hanlie en David om ons finale reëlings vir ons Pandora-dag te finaliseer. Ons eet sushi en praat mekaar mal! Maar ons is reg vir ons eerste groot dag!
Van Blouberg ry ek Gordonsbaai toe. Ek gaan tee drink by Tanya O'Connor en Rory en Ma Elsa!! Hoe lekker was dit. Wat 'n fabulous vrou! En Rory is só klein .
Dit voel of ek haar vir ewig al ken... sy't muffins en melktert gebak. Ons het foto's gekyk en gepraat en nog gepraat. En Rory het kom hallo sê en Elsa het kom gesels. Wat 'n wonderlike kuier!
Now. How blessed can a girl be om soveel dae propvol fabulous moments of magic te beleef!
Onthou van kindness en happiness! Mooi bly tot 'n volgende gesels.
![]() |
![]() |
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 14
Ek vrek oor ‘n bloekomboom. Dis vir my ‘n statige, alleen boom. So creative boom. Kyk sy bas,die kombinasie van kleure sy regop proud lang nek en sy enorme kolle skaduwee. Ok niks groei onder hom nie…maar hy is ‘n statement boom.
-
Isabella Niehaus blog: "Surprise-broodjies, foto-sessies en 'n glasie op die nuwe jaar!"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 11
Oukei. Picasso het nou huis gekry hier op die Duin. She might be a Picasso but no oil painting... Maar bygesê, wel 'n original! Daar is natuurlik 'n paar van die huisblyers wie se neuse erg uit joint is, maar Picasso het vrede.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
-
Pasella se Dieter Voigt wys sy gunsteling-foto's
SARIE Augustus 2010
Voormalige Mnr SA (2007), model en Pasella-aanbieder, Dieter Voigt, deel sy gunsteling-foto's met sarie.com.





















Kommentaar
Helene Rust het gesê:
Kan ek nie asb die foto's van die Mad Hatter-koeke sien nie? Of gee vir my die girl se naam dat ek dit gaan soek?!
9de Jul. 2011, 10:44Deirdre Visser het gesê:
Eindelik by blog uitgekom!!! wonderlik, ja Moments of Magic het jy al baie vir ons almal create ! Dankie dankie- Nou is ek besig om sparkling moments te ontdek in ander en my self- ATTITUDE OF GRATITUDE Liefde didi
18de Nov. 2010, 20:44Tanya O'Connor het gesê:
En Rory het 'n Tannie gekry! Ons sit juis en gesels, ek en ma, sy sê, my kind, "Rory het nie 'n tannie of 'n oom nie, wel peetpa's en peetma's, maar nie 'n tannie nie. " Ek laat hoor toe: "Ma Bella sal sy tannie wees, sy't so gesê." Dankie jou liewe mens dat jy in my lewe gekom het!
8ste Nov. 2010, 09:00FREDA het gesê:
NICE BELLIE! DIS ALTYD LEKKER OM TE LEES!
6de Nov. 2010, 20:15Charlene het gesê:
Moments of Magic...ek lief dit...ons lewens behoort elke dag gevul te wees met sulke moments...dankie vir die lekkerlees!♥
5de Nov. 2010, 14:08Dee het gesê:
Ai mens dit klink sprokie-lekker! dae gevul met moments of magic is wat meisies oor droom! :)
5de Nov. 2010, 11:37Martie Swanepoel het gesê:
Dis 'n moeilike werk wat jy het met al die lywe, maar iemand moet dit seker doen ...
5de Nov. 2010, 11:16Nedine Blom het gesê:
Wanne kry ek van daai biscotti? Ek doen anne dinge goed soos sing, ek sal vi jou kom sing op jou duin dan voer jy my biscotti ok? x
5de Nov. 2010, 10:02Marguerite het gesê:
Ciao, Love you Bella, jou stukkies hou my aan die gang hier in die grysheid en soms veeg ek die trane met mening weg ander kere laat ek dit loop......dan voel ek ook skoon. Girl you are who you are...and ek lief jou. groetnis Marguerite
4de Nov. 2010, 15:40