Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
Ohhhhh mens kuier lekker daar in hulle gastehuis ah!....en daar is altyd lekker mense van oral oor die wêreld. En saans dek hulle tafel vir tot 14 siele. Daar word asembenemende geregte gemaak en na elke dis maak jy jou oë toe en probeer daai smaak wegbêre in ‘n geheue-gaatjie!
Annalize praat van my silwer sedan as my shopping trollie... ek giggle lekker, want eendag kan ek seker meer vir die twee splinternuwe agtersitplekke kry as vir die 'trollie' self! ‘n Kar moet werk....en die 'trollie' doen net dit!
‘n Kantoor met ‘n view. Honde wat luilekker in die winter son lê. Jy’t nie musiek nodig nie, die golwe speel elke dag hulle eie blyspel. Dis ‘n blessing.
Maar....en daar is ‘n maar.
Mens mag nie vir jouself of vir anner lieg nie....jy’t nodig om weg te ry daarvan, om in verkeersknope te sit en met seer voete in hoë hakke in nog ‘n mall steeds deftige treë te gee (hoë hakke laat my dunner lyk....so ek persevere!!!). Jy’t nodig om in ‘n lapwinkel te verdwaal, te voel aan goed, te ruik aan goed en anner stemme te hoor...anner wyn te drink. So hou ons daai kop aan die wonner oor what next?!!!
Nou sien...my sedan is so lief vir rondrits soos ek. Sy is sooo betroubaar met haar stewige cute gatjie!
Druk ek haar neus Rooi-Els toe vir ‘n lunch, ry sy terwyl ons Francoise Hardy...."if we were only friends" luid luister.....
Net voor ek van die lunch vertel.... Kom ons maak gou ‘n draai in Hermanus vir ‘n oomblik (Ek is ‘n vrou. Ek mag oor 'n klomp goed op een slag praat..."I may deviate my thoughts"!!)
Hermanuspietersfontein (was oorspronklik Hermanus se naam) het elke Saterdag ‘n kosmark om oor te kwyl. Nie alleen proe jy by die sjarmante skrywer Gerard aan Kleinboet of Bloos of Martha nie, stap jy aan na advertensie-guru Gerrie wie se tafel steun onder die mees enorme verskeidenheid eksotiese kase. Daar's filterkoffie, vetkoeke met mince....die wonderlikste sjokolades. Daar's kos om van te droom....en...en dit is ‘n groot EN...Jy vat jou bottel wyn in ‘n ice bucket, met porseleinbord, mes en vurk en al jou aankope, en sit lekker en kuier. As die tafels vol is, skuif jy in by ‘n tafel waar nog sitplek is.....en kuier voort.
Terug na Rooi-Els. Dis waar Gerard die skrywer en Anuta Scholtz bly.
Op 1 Augustus het Gerard sy roman Lig Wankelend in ‘n spookhuis met spinnerakke en ou ou meubels in die asemrowende Kogelberg Natuurreservaat bekendgestel. Sop en brood, wonnerlike wyne, bekende gesigte en stemme, en die onbeskryflike stilte en klippe. "Trust him to do something so earthy!!"
En wat doen ek en trollie verlede naweek? Ons jirts weer Hermanus toe vir Vrouedag. Saam met my lief-vriendin Mariki en Annette van Nosy Rosy-faam dek ons ‘n tafel met draad kokerboom en tooi hom met kristalle wat hom laat skitter, linne servette met ons name daarop geborduur - als in witte, gryse en kristalle. "And the winner is".....ONS!!!
Fab om te wen. Tog is dit die vorige aand se dek en loer en lag van die gasvrouens van die 30 tafels watjou laat smile en goed voel. Hulle is daai "gekonsentreerde vitamiene B12-inspuiting-kursus" waarvoor ek Hermanus toe gejirts het!!!
Terug in die kantoor met die view is daar klomp nuwe gedagtes....nuwe goeters. Koppie raas....so baie inspirasie....waarheen daarmee madam!!
Sodat ek nou nie vir ewig op hakke moet wees nie....dartel ek deur die groen area (dogs on leash-gebied). Dis wonderskoon. Blommetjies in elke kleur en skakering, en veldkool. Tot die onkruid het mooi fyn ou kleeeein blommetjies....nou verstaan jy van dartel. Niks met my fynheid te doen nie - dis van ligvoet wees om niks plat te trap nie!
Sommer net voor ek groet en synde ek op die rantjie van 55 is: moenie so haastig wees dat jy die klein afdraaipaadjies nie sien nie. Dis dikwels waar jy magic vind. Staan stil en se môre vir die son. Dit maak mens se binnestes warm!!
Bye bye
Isabella.
Verwante artikels
-
Bella se blog: As jou verjaardag begin wink...
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 16
Dis einde Augustus en jaar ná jaar vergeet ek van die wind en die reën ... en vergeet lekker geriefliksheidsonthalwe hoe gejaagd my siel dié tyd van die jaar voel. Wow, vier maande en dis Xmas!
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
-
Zanne Stapelberg deel haar oorsese dagboek - Deel 1
SARIE September 2010
Die SA sopraan Zanne Stapelberg was onlangs oorsee vir sang-meestersklasse in Lugano, Switserland. Sy deel haar (skreeusnaakse) dagboek met sarie.com.





















Kommentaar
PinkPolkaDot het gesê:
Jy maak my sommer lus vir die lewe!!
5de Okt. 2010, 15:55Maretha het gesê:
Sit oopmond en lees, oordink en "luister" na die wonderlike taal gebruik en stories. Sien alles so voor my gebeur!! So "cool" Dit baie geniet. Dankie Wanneer blok/g jy weer? Kan nie wag vir die volgende sessie nie!! (was die partie nie lekker nie - so tussen lekker mense?)
24ste Aug. 2010, 14:22Maretha het gesê:
Sit oopmond en lees, oordink en "luister" na die wonderlike taal gebruik en stories. Sien alles so voor my gebeur!! So "cool" Dit baie geniet. Dankie Wanneer blok/g jy weer? Kan nie wag vir die volgende sessie nie!! (was die partie nie lekker nie - so tussen lekker mense?)
24ste Aug. 2010, 14:22Marita het gesê:
Bella, Soos altyd verbaas jy my weer met al jou heerlike talent. Jou beskrywende stories laat my saamry waar jy ook gaan. Moenie ophou nie en geniet elke oomblik. Op die manier geniet ons dit ook.
18de Aug. 2010, 19:57gerard het gesê:
Bellakie, dis was sooo lekker om jou by ons spookhuispaartie te kon he!Jy skryf ook sooo lekker, omdat jy ook sooo 'n lekker mens is. Dankie vir jou vriendskap girl. Hou aan blok, of issit nou blog!
18de Aug. 2010, 15:48Annette Gilham het gesê:
Moet asb nie jou skryfstyl verander nie. Dis vir lekkerlees en beleef en "after all" soos ons praat. Doen so voort.
18de Aug. 2010, 09:54Isabella Niehaus het gesê:
'n Blog is nie 'n joernalistieke platform nie. Daar is geen joernalistieke of taalreëls daaraan verbonde nie. Dit is soos 'n persoonlike dagboek wat jou die vryheid gee om lekker te gesels, en persoonlike ervarings met ander te deel. Groete
17de Aug. 2010, 09:49Dekker het gesê:
Kan die vrou nie in Afrikaans skryf nie? Sover ek weet is daar Afrikaanse woorde soos maalvleis, ysbak en inkopies. So verniel ons die taal, met swak joernalistiek.
16de Aug. 2010, 19:53Alet het gesê:
Eureka ! Ek het jou en blog gevind. Goeie wrede, wye,Weskus, Vladivostok! Don't stop.
16de Aug. 2010, 09:57Marlotte Crous het gesê:
Liewe Bella, my Bloubergstrand buurvrou - hoe baie mis ek jou lekker lag en gesels nie! Dankie vir al die heerlike nuus op jou blog - ek kan sien jy is besig om dinge in die Wes-Kus te verander - go girl go!
16de Aug. 2010, 09:44Alida het gesê:
Baie waar Bella.
16de Aug. 2010, 09:43Christiana het gesê:
Bella, ek dink 'n mens moet 'n oggend hê waar 'n mens net idees in die lig kan gooi en uitrol. 'n Kollega vertel sy broei ook op idees en ons onderneem om ten minste een keer per week - vir eers - bymekaar te kom en uitruilwerk te doen en daarvandaan aan die gang te kom. Sy praat van 'n webwerf waar 'n mens se uitgevoerde idees verkoop kan word. Ek stuur dit aan. Ek hou van "I can deviate..." - "Have a mind, can change it." Liefde. Christiana
16de Aug. 2010, 09:07Elmi het gesê:
dankie vir die "link"! Ek het jou stories nou so geniet dat die Maandag nou 'n uur minder het as toe ek begin lees het. Einlik het ek party ente sommer 'n knop in my keel gekry, want van die snare speel maar dieselfde noot. Meskien moet ek vir my rondloper brakkie ook 'n leiband kry wat sy self kan rond dra.
16de Aug. 2010, 08:51Reini het gesê:
Hallo Isabella! Ek ken nie die mense van wie jy praat nie, maar ek het beslis besluit, ek gaan saam waar jy gaan rondloop in Hermanus en Rooiels. Ook daar waar jy by jou liefie-vriende kuier in jou dorp. Ek kan sommer proe hoe proe die kos en die saamwees. Great. Party mense is neutraal en ander dreineer jou droog. Dan is daar sommiges wat enegizers is al druk die skoene. Jy sense hulle van ver af. Jy is so.
16de Aug. 2010, 08:27Annette Theron het gesê:
Bella Dit was heerlik om jou in Hermanus te hê! Dankie vir jou GROOT aandeel in die wentafel! En met die sonnetjie wat nou elke dag warmer skyn, het ek ook gister my gesig na bo gedraai en dankie gesê vir al die blessings. Jy is 'n wonderskone roos en ek is so bly ek het jou ontmoet! liefde Annette
15de Aug. 2010, 15:02Marietjie van de Wall het gesê:
Isabella, Ek hou van jou, jou styl en jou woorde. Ek's 50-plus met 'n man, 'n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley. My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel! Wat 'n pragtige plek! Die see maak 'n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom. Kimberley is ver verwyder van 'n pragtige see-landskap. Hier is net 'n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier. Groete. Marietjie van de Wall
15de Aug. 2010, 12:26Marietjie van de Wall het gesê:
Isabella, Ek hou van jou, jou styl en jou woorde. Ek's 50-plus met 'n man, 'n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley. My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel! Wat 'n pragtige plek! Die see maak 'n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom. Kimberley is ver verwyder van 'n pragtige see-landskap. Hier is net 'n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier. Groete. Marietjie van de Wall
15de Aug. 2010, 12:26Marietjie van de Wall het gesê:
Isabella, Ek hou van jou, jou styl en jou woorde. Ek's 50-plus met 'n man, 'n seun in die Kaap en twee seuns in Kimberley. My seun en sy vrou het ons aan Paternoster voorgestel! Wat 'n pragtige plek! Die see maak 'n mens mos kalm en ons probeer om altyd daar uit te kom. Kimberley is ver verwyder van 'n pragtige see-landskap. Hier is net 'n gat en strate rondom die gat gebou, maar my man se wortels is hier. Groete. Marietjie van de Wall
15de Aug. 2010, 12:26Lossie het gesê:
Ai Bella jy skryf soo lekker - ek geniet jou borrelende stories en bewonder jou lewenslus - inspirasie vi my!! Dankie
14de Aug. 2010, 08:57Liza het gesê:
You go girl ! Weereens heerlik! Hoop ek sien jou dalk die 21ste ! xxx
14de Aug. 2010, 07:38Louise Oosthuizen het gesê:
Die mense van Ah Gastehuis is die mees warmste mense en laat jou altyd so welkom voel. Nie eers gepraat van Arnold se ongelooflike yummy kos nie. Ek en Stiaan (my man) het 'n onvergeetlike verlowing daar gehad, sal nooit vergeet hoe ons op hulle stoep gesit het met bubbly, die reuk van die see en die geluid van die branders nie. Dit alles nadat ons 'n wonderlike 3-gang maaltyd geniet het en ek met die grootste bos wit lelies bederf was, dit alles is deur Stiaan, Annalize en Arnold gereel. Die Weskus is gevul met warm mense en die mooiste plekke. Dankie vir jou lekker-lees blog Bella. Ons mis jou baie........ **Die Oosthuizen**
13de Aug. 2010, 22:46