Isabella se blog: My boetie se begrafnis

Deur Isabella Niehaus, SARIE - Maart 2011

Isabella se blog: My boetie se begrafnis Foto’s: Rodger February Galery

Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.

Dolf  was die stil een... ekke natuurlik die een wat ly aan verbale diarree... Dolfie was Letsatsi (die son) powerful, steadfast... ekke Pulane (reën)... die unpredictable... dan drizzle ...volgende oomblik ’n donderstorm! Hy het dit ge-embrace.

Woensdag begin my fyn beplande lewe. Huppel in my hart en vol smiles. Oproep jou boetie is nie wel nie. Letsatsi. Die een wat gee en help. Die sonkind. Die sterk een...powerful! Ek bel en bel... twintig keer, vyf en twintig keer daar’s nie antwoord nie. Hi boet, jy verstaan nie ek MOET jou stem hoor! Sorry sussie dis te laat!

My boetie is sommer net weg. Shit ek weet om mens se ma en pa te verloor is erg, is seeer,  maar wow hoe seer is hierdie seer. Ons was altyd my ouers se GEKOSE kinnertjies. Niks bloed tussen ons nie, maar ’n band en lojaliteit wat g’n mens dier of masjien kon beweeg nie.

Dolfie het gegee aan almal. Min woorde maar o hel sy dade het boeke in fact vervolgverhale geskryf.!!!!

Dinsdagoggend maak SA Express hulle deure vir my en Taro toe. Sorry sê hulle, julle is laat! O flip nee, ek het die beautiful silwer kissie ’n geskenk van my fotograaf kinta pel Kevin Fitzgerlad. Dis Dolfie se kis! Vir een keer in my lewe het ek elke emosie uitgeruk. ONS MOET op die vlug wees, daar’s net een vlug Bloemfontein toe... shit wat nou? Daar’s ’n wonderlike groot man: hardloop mevrou hardloop! GOOOOOOO. Ons hardloop, rasta kop en sy rooi oog huilende ma. What a picture we must have been vir daai vol planetjie op pad Bloem toe. Na al die drama vertrek SA Express steeds 6 uur.

Die  Vrystaat is beautiful . Die gras waai en wuif, ons twee is stom. Wat praat ons. Dan is ons by Dolf se Huis in Thaba’nchu. Daar’s Danielle ( 14 jaar oud, haar pa se liefde, en Tersie...wow sy was goed vir hom). Daar’s soveel memories. Die skilderye teen die mure, die miniatuur brass sout en peper potjies... Dolf se dinky toy versameling... My ma se spieëlkas, haar rocking chair... Dolf het soveel behou van die wat ons twee home genoem het!!

Thaba’Nchu se mooi sandsteen NG Kerk is warm en volgepak.....Dis ’n beautiful ou kerk. Dolfie en ek is albei daar gedoop en daar het ons as klein kindertjies Sondag vir Sondag geswoeg om ons Sondagskoolsterre gekry.

Ons sit voor, Taro ek en Danielle. Die dominee praat mooi. My kind se hart is sooo seer... sjoe ekke ken dit nie. Klein Danielle hou vas aan my ou vet armpie.

En dan....i have have no idea hoe dit gebeur nie... OF LIEWE Jesus het my regop getrek of Dolfie het my onder my sitvlak geskop en gesê: PRAAT. Ek word naar as ek dink ek het in so ’n emosionele toestand voor ’n see van gesigte opgestaan... en vertel. Van ons twee vertel. Van my Barbie poppe se koppe wat hy afgedraai het en armpies wat het begrawe het sodat ek MOES karretjies speel saam met hom. Plase bou met afdraai paai, damme en brûe. Hoe dikwels hy een ekstra hou gevat het om sussie se boude te spaar. Nog altyd as daar ’n krisis in my lewe was, was hy daar sonder om veel te se of jou ooit te herinner dat hy jou gehelp het. Ek praat oor sy liefde vir sy klein dogtertjie, hoe sy die spil was waarom sy elke dag gedraai het... en van Tersie sy vrou wat hom tot in die afgrond bederf het en hy vir haar.

Ek sit en voor my staan ’n sterk mooi swartvrou. Sy’t ’n paar swart stilleto’s aan, ’n rooi snyerspak wat so in die middel vasmaak met swart piping om die rantjies en ’n groot swart hoed wat skuins op die kop sit:

I want to sing a hymn for Mr. Van Vuuren. He did so much for the whole community. Whether you were rich or poor, black or white. He was always there.

Soos sy sing kom daar die sagte gedreun uit die banke soos die swart mans almal saam hummmmmm (neurie) Dolfie sou happy wees!

Dis my Sad blog die...dis my ode aan my Boet. Vrede vir jou ou grote, en van Taro: peace bratchie! Heeldag lê Letsatsi swaar oor die dorpie... toe ons laat middag in een van sy mooi blink karre klim om terug te gaan lughawe toe maak die hemele oop en reën... Letsatsi, hy groet vir Pulane... gaan huistoe sussie!

Ons was die klein familie. Pa Daantjie, ma Issie, Dolfie en ek... deur alles we were a family.

Hey julle drie, thanks for leaving me! Sure you had to join forces to keep this sista going!

Bella.

 

P.S. - Ek is lief vir julle, elke dag, ek maak elke oggend ’n prentjie van julle drie so tussen my gebedjie deur!

Onthou om my en Taro en klein Danielle en Tersie styf teen julle harte vas te hou elke bleddie dag!

Vrede...peace....en liefde

Ekke, sussie, Bella.

Verwante artikels

Galery

  • bella_portrait.jpg
  • Isabella en Taro op sy verjaarsdag

Kommentaar

  • Wat n awesome en sad ene. Ek ken jou nie maar ek voel vir jou.Sterkte en voorspoed.

    3de Jun. 2011, 00:57
  • Bella nou eers kans gehad om jou blog te lees - dit is erg, maar jy het dit so mooi vertel, hou vas aan jou handsome seun en onthou sy Bloem niggie. herfs vreugde, dit reen in Mouille Point, regte African Blessing. Suzanne Kempen

    30ste Mar. 2011, 17:34
  • Wow! My trane het geloop by die Barbie pop deel... al die pad na die einde van die ongelooflike stuk hartswerk!Baie sterkte!!Reën? Jy is 'n REENBOOG vir almal oor wie se pad jy kom... hoe ook al... selfs deur die deel van hierdie stuk skryfwerk.

    23ste Feb. 2011, 08:45
  • Sterkte Bella! Ek dink aan jou in hierdie hartseer tyd!

    22ste Feb. 2011, 22:16
  • Die bande van familie is onbreekbaar. Dink aan jou Bella en hoop die hartseer wyk gou sodat net die mooi herinneringe bly hang oor die duin.

    17de Feb. 2011, 23:18
  • Ek hoop hulle het internet in die hemel, maar ek is seker hy weet hoe jy voel, Johan

    16de Feb. 2011, 09:20
  • Bella jou pragtige woorde n tribute aan Dolfie en jul verhouding. Dankie dat jy dit met ons deel. Love you. Les.

    16de Feb. 2011, 08:50
  • Isabella Dankie dat ons dit kon lees. So spesiaal. Ons druk jou aan die hart. Jaco en Jacqueline Kyk nou die dag na 'n ou Burger-foto; Saar nie meer daar nie, Sarah-Anne ook al anderkant. En ons reis nog voort, soms ook 'n bietjie nerf-af maar ook nog dikwels bietjie bly. xxxx

    15de Feb. 2011, 19:21
  • Sterkte aan julle familie - ek ken jou nie eers nie maar sit en huil so saam met jou....een troos, die pyn word minder maar die verlange hou net mooi nooit op nie... dink aan julle.

    15de Feb. 2011, 18:21
  • Sjoe Bellatjie. Sjoe. Sterk staan daar op jou duin.

    15de Feb. 2011, 16:43
  • Ek het vandag ook by my vriendin se oop graf gestaan, en erens in my kop, was jy, Bella, in my gedagte en gebede... Hy was bevoorreg om jou as sussie te he, net soos ek bevoorreg is om te kan se: Ek ken die formidable vrou...sy is my vriendin!!!

    15de Feb. 2011, 16:17
  • Ciao, Sorry kon net half pad lees......ken jou seer! Love ya!

    15de Feb. 2011, 15:46
  • Jammer Bella, ek eis as ek dink dat ek ook so n oproep kan ontvang en hoe mens oor so n ding kom. Ek ken jou as n regte Bittereinder. jy sal daar deur kom.

    15de Feb. 2011, 15:01
  • Isabella, ai, was nou bietjie hartseer toe ek jou blog lees. Ek dink aan jou en bid jou sterkte toe. Ek het ook net 1 boetie gehad wat al geruime tyd gelede oorlede is, en nou is ek ook al een van ons klein gesin wat oor is.

    15de Feb. 2011, 14:46
  • Aaaaaaaiiiiiii Bellatjie, ek ken en ek weet!!! Love you en peace Bellatjie!!!!

    15de Feb. 2011, 14:36
  • Ai tog, knip ek 'n traantjie !!! STERKTE !!

    15de Feb. 2011, 14:30
  • ...wat 'n voorreg vir Dolfie..om jou as sy sussie te gehad het... Om kindertye te kon saam speel en te lag en saam te huil. Ek is so bly jy, Bella, is nog in ons lewens en laat ons toe om vir jou ook lief wees en om om te gee - ook maar op ons manier. Dankie dat ons saam met jou die lewe kan lewe!!

    15de Feb. 2011, 14:19
  • Ons bid vir jou. Het my kind 3 maande gelede verloor - en almal se gebede het ons gedra. Vandag nog. Wees hartseer, koester jou kind en voed jouself met al die mooi herinneringe.

    15de Feb. 2011, 13:45
  • Ai Bella, Sterkte! Dink aan julle.

    15de Feb. 2011, 12:25
  • Liewe Bella, nou huil ek saam met jou toe ek jou hartseer woorde gehoor het, jou stem vol eina! What a man, jou woorde is soo mooi, ek voel die leemte van die anderkant van die Kaap!

    14de Feb. 2011, 13:45