Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
Hi, ek's alweer hier. Vreemd hoe die jaar vanaf so middel-Augustus altyd nuwe momentum kry... Vier en 'n half maande en dis Kersfees! So, als wat deur die afgelope agt maande gedrentel en gesleep het moet nóú gedoen word. Verloor gewig nóú. Maagspiere moet nóú ge-tone word. Al daai opgegaarde papiere moet nóú uitgesorteer word.
Somertuin, ai, ek kan nie eers nóú sê nie. Met Mobe en Savvi, die een 'n gatgrawer van formaat en die ander 'n genie met begrawe! Nie alleen het ek al my Bessie-foonjie (Blackberry) onder die kluite uitgegarwe nie, maar my bril, die helfte van 'n kombers en die tuinvurk. Als word weggebêre vir 'n ander dag. Vir 'n nuwe geskenk wat jy kry as jy onner die turksvye grawe. Daar is net dongas en leë potte en halfgevrete plante. En twee paar onskuldige oë en regop oortjies wat nie verstaan wat pla haar tog nóú weer nie. Ons het nie eers haar pietersiele vir haar gesnoei nie!
Ek hou van die tyd van die jaar, die onderliggende histerie. Ek is gek daaroor! Dit voel sommer of jy op al ses silinders fire!
Ek't nou al só baie gepraat oor die birthday partiekie, maar die laaste mooi staaltjie! So het goeie vriend, Christo, die jongmans se vis so baie geniet dat hy toe sommer die woord versprei. Ons kry 'n oproep, ons moet kom visbraai op Stellenbosch. Daar gaan ons.toe. 'n Trollie met skewe kleinbordjies, gespotte servette en ou silwer vurke. Flapjacks, pampoenkoekies, mossels, oesters, deeg vir vetkoeke, korrelkonfyt en vissies agterin gepak.
Dit is Johan se verjaarsdag en 40 van sy pelle kom kuier.
Ek en wonnerlike vriendin Linda Alberts van Melkbos, my partner in crime, ry met die volgepakte trollie wat oor elke hobbeltjie skud en sidder Stellenbosch toe. Hmm, net daar waar die Hopefield- en Malmesbury-paaie kruis is padwerke, en die dame wat die verkeer moet reguleer los haar 'radio' en hardloop eers oor die pad om 'n lekker sak vrugte te gaan kry. En ons wag en wag en wag! En Stellenbosch is nog 'n entjie!
Uiteindelik is ons daar en die twee braaiers, elk met 'n sak hout en niks anders is so slightly ongeduldig. Nou hóé lank ry 'n mens van Langebaan af?! Ek jaag eers gou Lourensford toe om die ongelooflikste gerookte forel by Gerhard Campion te kry en Linda begin solank smeer en inryg. Ag, dit was lekker. Een bord na die ander dra ons uit. Daar is hope rooi tamaties en enorme aarbeie en bosse pietersielie (uit my eie tuin). Daar's oesters en Bloody Mary's, mossels gestoom in vonkelwyn en gemmer, aartappels met crème fraiche en gekarameliseerde rooi uie. En nog en nog!
Die braaiers maak weer foelie huisies vir hulle vissies. Die keer met tamatie en uie en groenpepers. Ag, hulle so cute! Hulle speel sommer waiter ook. En, wow, vir eenkeer vra niemand hulle uit oor hulle haredosse nie...
Dit was 'n wonnerlike middag daar in die Eikestad.
En 'n wonnerlike voorreg om al die mallighede en lekkertes saam Taro te doen. Net so ongeduldig soos ons met mekaar raak net so baie lag ons en werk ons tog sooo lekker saam.... Skielik is dit daai tyd van die jaar wat blou-oogkind sy bakkie pak en die lang pad Luderitz toe vat. Vir 'n maand lank probeer hy en 'n handjie vol mans en 'n vroue van regoor die wêreld die spoedrekord vir die vinnigste man/vrou op water verbeter. Kyk, waar die res van ons bid dat die wind tog net bietjie moet gaan lê...No ways, vir hulle moet die wind tog net stormsterk pomp. Dis dan wanneer die kites opgepomp word en as die harnas eers om die lyf vasgegespe is kom daar 'n hele nuwe energie in daai lywe. 'n Vryheid, want die oseaan is hulle oester!!!
Jy kan vir ure na die skouspel kyk. Hulle dans oor die water. Dis twirley wirleys in die lug, gat oor kop bollemakisies, vorentoe, agtertoe. En as hy uit die water kom is daai blou oë soos yskristalle. Die lyf is moeg, maar die siel is gevoed.
Tot einde Oktober is dit elke aand Skype Lüderitz toe en twee keer 'n dag die webblaaie dophou vir resultate en stories. Dis so 'n wonnerlike ongekompliseerde jongmens-lewe waar jy skouers skuur met wêreldlinge. Ek hou duimvas vir Luderitz 2010!!
Nou ja, somer is amptelik hier, maar nie-amptelik is dit nog vrek koud! Ek is moeg vir kouse, boots en truie. Dis visplakkie-tyd, met dun goedjies en bleddie koud kry. Maar rokkies wil sy dra!
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!
-
Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 9
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
















Kommentaar
Linda Alberts het gesê:
Hi Liewe Bella,nou kom ek eers by jou blog uit. Ek was Gauteng toe vir 'n week. Ai en was dit nou lekker om weer jou stories te lees. Ek het elke oomblik weer beleef en wat 'n fees was dit nie om saam met jou en die 2 "dreadlock" visbraaiers die Weskus na die Eikestad te vat nie. Dankie! Ek hou styf duimvas vir Luderitz!
3de Okt. 2010, 19:38Roenell Rheeders het gesê:
Hi Bella, Sjoe dit wat nou lekker lees die. Geniet die effe-winter tog somer tyd want die erge ander baie baie warm dae is ook oppad.. Dankie dat jy laat weet het oor jou blok. Ek sal gereeld inloer. Groete
30ste Sep. 2010, 13:12Dieter Voigt het gesê:
Hi Bella! Baie dankie vir die lekker uit die hart bloggie! Was heerlik om jou Saterdagaand te sien, hou aan met die goeie werk, jys ook n Aard Engel! Sterkte vir die Windkind. Taro, make it happen, jou drome se waarword datum is net agter die volgende Namib wind!
26ste Sep. 2010, 15:52Mariki het gesê:
Ons hou duimvas vir Taro. Die koudkry was die moeite werd, want jy het baie sexy gelyk in jou streppies-rok en visplakkies by ons Grande Roche ontbyt! ☺
23ste Sep. 2010, 13:02Karin Theart het gesê:
Lekker gewees, Thanks Bella
23ste Sep. 2010, 10:47Christiana het gesê:
Hi! Bella! Miskien gaan dit nog 'n week of drie wees voor jy jou streppies kan dra!!! Lente kom (vir my) eers amptelik in die Kaap aan op 1 Oktober. Maar dis 'n droë winter. Jou visbraaie klink HEERLIK!!! Die winterlakens wat my met hul warm wolletjies so vasklou dat ek sangs nie kan draai nie, is so twee weke gelede "onvrywilliglik geskenk" aan "affirmative shopping" terwyl die pragtige geel lakens in die son aan die waslyne gehang het. Nie gedink dit gaan weer koud genoeg wees vir winterlakens nie. Gelukkig is daar Woolies se "comforters"! Mag die een wat daai geel lakens gesteel het, onrustig slaap.
23ste Sep. 2010, 10:47Ulanda het gesê:
Weereens sooooooooooo geniet! xxxxx
23ste Sep. 2010, 09:37ingrid jones het gesê:
hi bella, lyk my jy het 'n holte vir jou voet gevind met die blog. lekker
22ste Sep. 2010, 22:03Gerard het gesê:
Jy skryf so lekker Bellakie. Ek het sommer alles gelees!
22ste Sep. 2010, 20:30Natalie Roos het gesê:
Bella Hier in Noord Wes is dit al lekker warm. Hoop vir Taro dat die wind sterk waai. Geniet die Kaap ons sien hom gelukkig weer Desember.
22ste Sep. 2010, 11:45