Isabella se blog: Pandora se boks en my klein seuntjie...
Vroegoggend is dit hemels hier. Als is stil. Geen wind, of stemme nie. Net die see.
Dis nou juis in die vroeë oggendure wat ek gewoonlik besluit die tuin het ‘n regruk nodig!! En dan is dit vinnig spring voor die wind jou lus wegwaai. Gister het ek lekker gesonde basiliekruid, vinkel, tamaties en garlic chive-plantjies gekoop....nou die groot vraag: WAAR o WAAR plant ek julle sodat julle veilig is teen die twee aanslae van die viervoetige excavators!!!!
Laat ek dit só stel: Daar is tande geslyp op al die stamme van die olyfbome. Dis eintlik amazing want ek hoef nooit die los lote onder af te snoei nie - it gets done for me! Nie eers ystervarke knaag aan turksvye soos Mobe nie. En Savvi - so beautiful en elegant met die swart kolletjie tussen die oë: Sy eet rocket en die flat leaf pietersielie. Al wat teen haar bestand is, is die pot met die outydse krul pietersielie en die gewone common tuinmint wat teen die mure uitklouteren o ja, die ivy! Terwyl die tuin op ‘n gereelde daaglikse basis ge-rearrange word, lê Emma die ou spaniel agter ‘n bak ônner ‘n olyfboom se skadu oop-oog en snork!
Mens mag nooit hoop opgee nie... ai, ek HOOP RÊRIG die potte het nog môreaand plantjies!!!
Vriendin Mynie stuur oor die naweek vir my ‘n video-clip van‘n hond wat tog so hard probeer om sy jong kinderbaas se aandag te kry....nee, dié kyk TV. Hy dra sy leiband, dan ‘n bal, dan ‘n speelgoedbootjie. Dan ry hy op 'n skaatsplank verby - g’n aandag. En dan gaan pak hy ‘n tassie met sy hondebak, rubberbeen, leiband en staan met tassie by die voordeur. Dis sooo ougat en het my, slightly tranerig, laat dink aan hoe my klein witkopseuntjie al te dikwels in Blouberg sy rugsakkie gepak het, met sy indraai-voetjies weggestap het, als in sy houtkiskarretjie gepak het en vir Beauty gevra het om hom om die draai te stoot na die Van Rhyns oorkant die kerkie. Louise en Johan het hom maar proesend telkemale onder dak geneem..... arme bloedjie! Die kuier het net tot aandete gehou tot hy iets moes eet waarvan hy nie hou nie. Dan is die 200 meter terug huis toe gedrentel .....kiskar al sleepend aan ‘n tou! Met Dirkie wat ‘n oog hou dat hy veilig is!
Ek maak my oë toe en sien die klein lyfie, die blonde krulle...die dimples in die handjies. Die kwaai gesiggie. Dan sien ek hom op Die Burger se voorblad......eerste Suid-Afrikaner wat 50 knope op water haal - 92 flippen kilometer!! Groot sterk, handsome! En sommer so op ‘n Dinsdag word ek ‘n private secretary want jong meneer is nog in Lüderitz. Ekke Skype, antwoord die foon met gelukwense en emails en Facebook en als is so professioneel. Nou ja, net daar loop die tranesommer, want dis dan my klein seuntjie dié! En nou’s hy sommer almal s’n!
Wat is dan lekkerder as om oor ‘n glasie wyn ‘n verspotte nuwe plan op te droom en dit dan vlerke te gee! So tussendeur ‘n lekker ete met interieur-fundi David en heerlike eksentrieke vriendin Hanlie van die Paarl - ons eet slaai en quiche by Caveau in Breestraat - drink wyn en soda en praat en praat en drink nog ‘n wyntjie en daar's sy gebore: Pandora’s Box.’n Dag vir vrouens met David en ek wat tafels dek. Syne grand. Dit wat jy het met ‘n nuwe iets by. Stylvol en sjarmant, my ou goed - recycling. Tafeldoeke uit blokke ou lap, 'n ou rokkie se kant-onderrok wat ook deel van die tafeldoek word. Iets met ‘n sense of humour!
Daar's iets om te eet, lekker wyn om te proe en die tjerrie: eksklusiewe goedjies om te koop vir tafeldek: Versamel van Thailand tot in Hopefield. Als hand-picked vir die dag se shoppie in die Duinhuis!!!
Ons drie skop af met die dag in November. Volgende jaar bied die rondreisende Pandora’s Box iets heel anders in Blouberg by David se huis en dan weer dra Pandora 'n nuwe rok in die Paarl by Hanlie...en ...ons moet nog dink waarheen dan... En daar vlieg Pandora met haar BOX!
Ek giggle lekker wanneer Taro luister na new interesting avenues waar sy ma gaan rondstap. Die kop word geskud, gesig word in die hande toegevou en al wat hy kan uiter: Mamma is ‘n malletjie!
Ek wil nie hê my gees moet ooit oud word nie....the old body is showing definite signs of ageing...maar die kop, sy bly jonk en besig!
Daar's wyne en whiskey-proeë, selfs coffee tasting. Nou kan jy weggevoer word na die tyd van Louis XVI met ‘n reeks kerse en geure wat vir die Royal Court in 1762 ontwikkel is: ‘n Candle smelling experience. 9 kerse in dik groen glase - each shaped by artisans from Italy! Kers staan elegant onder glass domes en die dome word so voor jou neuse geswirl om die ongelooflike kombinasies van reuke vas te vang. Maak jou oë toe, luister na die verhaal, ruik die vloerborde van Versailles of die reuk van leer en tabak....fresh laundry.
Die twee vrouens van die Grand Gallery Boadicea op Granger Bay, Jane en Suzette, het albei ‘n liefde vir reis en is lief vir soek na eksotiese ware. Op hullereistogte deur die wêreld vind hulle ongelooflike gems en die resultaat is die Gallery. Die hele atmosfeer van die Grand Café - sinkplaatskuur op die see langs die Waterfront - is iets om te beleef. Elegant gedekte tafels met rooi glase, enorme chandeliers, reuke en geure wat jou na elders wegvoer en op die seesand, ’n reuse skelpienk bank in die vorm van lippe!!
Dis nie net ek wat ‘nkantoor met ‘n view het nie. Net hier knus naby lyk Hannetjie en Leroux van LEKKA BY DIE SEE se kantoor ook so laatmiddag! Met ‘n bordjie vars oesters en ‘n glasie wyn wil mens net heeldag sit en werk....hie hie!!!

Lekker week vir julle.....
Verwante artikels
-
Ek's Isabella...'n Nuwe blog op sarie.com
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 37
Voormalige SARIE-moderedakteur Isabella Niehaus het nog altyd 'n vol lewe gelei - van skoonheidsredakteur, mode-redakteur, vryskut-stilis en nou spysenier en weskus-liefhebber. Kom saam op haar reis.
-
Isabella blog: Oor bloekombome op die Weskus
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 14
Ek vrek oor ‘n bloekomboom. Dis vir my ‘n statige, alleen boom. So creative boom. Kyk sy bas,die kombinasie van kleure sy regop proud lang nek en sy enorme kolle skaduwee. Ok niks groei onder hom nie…maar hy is ‘n statement boom.
-
Isabella Niehaus: "Ek't onblusbare joy for life"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 2
-
Isabella se blog: "Daar was 52 vrouens almal so mooi getooi, en hier kry ek stage fright in my eie huis!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 15
Ai, liewe liewe vrou... soos ek destyds vir ds Izak vertel het, ek kan myself skaars aantrek. Wat nog van 'n volk?! Okay, okay.
-
Isabella se blog: "Dis 'n lekker lewe díé"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 8
Moments of Magic elke dag! Dit is altyd my wens aan almal.....mag jy toegegooi word onner hulle. En as hulle nie self daar is, you create them girl!
-
Isabella se blog: "Ek's 'n jaar ouer, maar net klein bietjie wyser"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 15
"Hello, hier's ek terug, 'n jaar ouer en jammer om te erken, net klein bietjie wyser. Maar, ai, wat 'n wonderlike partietjie het twee dreadlock-koppe vir my gegee!"
-
Isabella se blog: "Ek's Queen of the Dune!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Dis sesuur innie oggend en so met die intrapslag in my kantoor met die view smile ek en onthou: ek's Queen of the Dune!
-
Isabella se blog: "Hi, dis weer ekke, ek’s terug ..."
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 14
Ek mag mos van plan verander, ek bedoel, ek is ‘n vrou en what’s the point of having a mind if you can’t change it?
-
Isabella se blog: 'n Bruilof op die duin
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 25
It’s a wedding madame!
-
Isabella se blog: Choices choices!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 11
Ai ai. Ná ‘n week van kosmaak en konsert-hou is my bene en heupe seer en kom karring daai vraag van terug stad toe, terug na ‘n vaste "day job" so in my kop.
-
Isabella se blog: Hier gesels ek alweer!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 21
My wonnerlike vriendin van amper 30 hele jare, Annalize Bosch bly op Paternoster saam met haar juweel van ‘n man, Arnold Hoon.
-
Isabella se blog: My boetie se begrafnis
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 21
Hoe vinnig rafel ’n mens se wêreld nie uit nie. Hoe maklik lyk jou beautiful gehekelde blokkie nie soos iets uit die plot van ’n good movie gone really really bad nie. My boetie ’n man van min woorde is weg.
-
Isabella se blog: Nóg 'n verjaarsdag storie
SARIE September 2010 | Kommentaar: 10
-
Isabella se blog: Oom Japie verjaar
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 5
Dit is soggens ysig hier op my duin. Maar so het die sonnetjie al geleer om lekker oorlams te wees... steek sy (of is dit nou haar?) sonnige gesiggie uit en jy dink... wow, lekker warm dag!



















Kommentaar
Greta het gesê:
Ek het nooit eens kinders gehad nie, en het self n traan gepink!!!
21ste Feb. 2011, 15:51freda young het gesê:
My ou seuntjie moet ook nog daar gaan ne! baie geluk met daai Blou oog Groot man van jou! ons is net so trots!!!! love u
27ste Okt. 2010, 19:37Louise Oosthuizen het gesê:
My hart verlang darem nou baie terug na my mooi Weskus en Langebaan. Groete, liefde en 'n stywe druk, al die pad uit Bamako, Mali. Mwahtjies.
27ste Okt. 2010, 12:54Nicolette het gesê:
Mal oor jou blog Bella - kos vir die siel!
27ste Okt. 2010, 11:48Annette Ebing het gesê:
Bella, ek lees gereeld jou Blog, maar vandag het ek gesit en huil tot ek nie meer kan nie! Ek wil nie he my seuntjies moet groot word nie!! Jy het al my vrese (mmmmm bobejaan agter die berg, ek weet, ek weet,....) so mooi verwoord. Dankie Baie.
27ste Okt. 2010, 10:51Isabella Niehaus het gesê:
Sorena...Lekka By die See net langs Boesmanland hier voor op die strand by Mykonos verby.....probeer gerus....dit is sulke lekker honest kos...en Hannetjie en Leroux en Tassie in die kombuis is 'n fees!!! email: lekkabydiesee@polka.co.za. Tel 082 899 6377.
27ste Okt. 2010, 09:03Johan Wilke het gesê:
Ons sal nooit oud raak terwyl ons kinders het nie, so moenie worry nie, teen 92km per uur kan jy nie bekostig om spoed te verloor nie Bella, Johan
27ste Okt. 2010, 07:53Martie Swanepoel het gesê:
Ek onthou ook nog die ou blondekoppie! Nou is hy 'n mooie jong man. En hy het die liefste ma in die wêreld!
26ste Okt. 2010, 18:56Sorena van Jaarsveld het gesê:
Waar is die stunning plekkie ,Lekka by die see??
26ste Okt. 2010, 16:58