Eksklusief! Janie du Plessis blog: "Boewens en krokke..."
Foto’s: Gerda Genis Galery
Janie du Plessis, voorbladgesig van November 2010, blog voortaan vir sarie.com.
Gister het ons 'n mat, 'n paar bakkies en nog goeters vir die huis gaan koop in Marokko. Dis teoreties net 'n 35-minuut ferrie-rit maar alles met 'n enjin in Marokko is óf stukkend óf laat as jy eers daar aankom. Die dag was onnodig lank en ek was lekker issegrimmig toe ons in plaas van 8uur die aand eers middernag terug was in Sotogrande.
Ek was die tolk! Ek't lankal uitgewerk dat as ek die helfte van die sin in Italiaans sê en die ander helfte in Portugees, praat ek omtrent Spaans - want sien, almal verstaan my. Die probleem met gister se uitstappie was dat almal was soos Spanjaarde lyk, nie noodwendig Spanjaarde was nie. Daar by die ferrie was hulle Arabiere en die Arabiere het nie my Spaans verstaan nie.
Dis toe met my Spaans en die Arabiere, wat my flous met hulle Spaans, dat ons toe amper beroof word.
'n Baie gawe ou het vir ons gevra of hy ons kan help want ons kon nie die kaartjiekantoor kry nie. Ons volg toe vir die man vir 'n lang ent. En hoe meer ek hom vra, waar die kantoor is, hoe minder verstaan hy my! Toe ons weer sien, toe's daar sommer 'n ander ou, met skewe tande en 'n stoppelbaard wat met ons gawe ou begin baklei. Toe ons, na 'n helse ent, by die hawe begin uitloop toe hoor ons 'n harde fluit en toe ek omdraai toe's dit 'n polisieman wat woedend skreeu en handgebare maak. Daai twee gidse skarrel toe soos verskrikte rotte tussen die bosse langs die pad in. Ek vra toe vir die polisieman wat aangaan. Hy skreeu toe vir my - "Hulle's diewe - hulle gaan julle beroof! Kan jy dit nie sien nie?"
Ek't gedink dat die taxi waarin ons van die hawe na Tangiers moes ry, die stukkendste motorkar was wat ek al ooit in my lewe in was! Ek was verkeerd. Die taxi wat ons terug van Tangiers af hawe toe geneem het, was! Ek weet nie van karre nie maar Rian het vir my verduidelik dat die 'dif' glo in sy duiwel was, die 'gasket' was geblaas en nog 'n belangrike ding wat ek nie kan onthou nie was gebreek, wat eintlik maar beteken het dat ons nie vinniger as 40km/h kon ry nie! Die stuurwiel kon ook nie lekker draai nie want die kronkelende kuspaadjie terug hawe toe moes ons plek plek so wyd draai dat ons in die aankomende verkeer se baan moes ry om die om die draai te kan maak.
Maar, ek dink die omie was blind want ekt hom dopgehou en gesien dat hy skrefiesoog na die wit lyn staar in die middel van die pad en sy wiele mooi netjies aan weerskante probeer hou het.
Ons het darem 'n mooi mat gekoop.
Lees Janie se vorige blog-inskrywings
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Verwante artikels
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog vir sarie.com oor haar borskanker-reis deur SA
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog, het pas afgeskop. Vanaf 9 tot 16 Oktober gaan 15 SA vroue op Harley Davidson-motorfietse brul vir 'n goeie doel. En Janie du Plessis blog eksklusief vir sarie.com
-
Eksklusief! Janie se glanslewe en die verskriklike seer + VIDEO
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Niemand het geweet van die donker uiterstes waarheen Janie du Plessis se huwelik haar geneem het nie. Nou praat sy openlik daaroor, en hoe sy deesdae lewe deur die liefde.
-
Hoe gaan Kate lyk op haar troudag?
SARIE - November 2010
Die koninklike paartjie se troudatum is pas bekend gemaak: 29 April 2011! Maar nou begin die volgende rondte raaiskote oor wie haar rok gaan ontwerp ...
-
Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 25
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
-
Janie blog: "Wanneer is vreemde seksuele versoeke onaanvaarbaar..."
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 12
Ek lees die afgelope paar dae oor die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, en besef weereens dat statistieke bewys vroue herken dikwels nie eers die daad wat in die binnekamer plaasvind as misbruik nie.
-
Janie du Plessis blog: "Die vakansie is verby – ek't ‘n vakansie nodig!"
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
‘n Paar dae gelede het ‘n vriendin vir my gevra hoe dit gaan, wat my nuwejaarsvoorneme is en wat my mikpunte vir 2011 is. Ek weet nie! Ek het nog nie eers kans gehad om daaraan te dink nie!
-
Janie Du Plessis blog: Goeie maniere in die Karoo
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 2
Toe ons kinders was het ons een oggend op pad kus toe, vanaf Johannesburg, gestop by Theunie Steyn (eks president) se plaashuis in Bloemfontein. Ons was honger want ons het nog nie daardie oggend geëet nie.

























Kommentaar
Deborah het gesê:
Al wat ek van Morokko weet is dat hulle kos lekker proe. Maar dit was lekker om jou storie te lees. Ek het half gevoel asof ek saam julle dit als ondervind het. So gaan jy en Riaan trou? En dan hoef jy nie jou van te verander nie :-) dh
12de Nov. 2010, 15:54Rita het gesê:
Ek giggel want vroeer vanjaar het 'n groep ook vir die dag oor gegaan Marokko toe. Daar was 'n toer gereel, en almal het tande geslyp vir die lekker koop aan geskenkies Die trippie in die ferrie het het ook ure langer geneem en almal het stokvlou en met lee hande teruggekom! Beslis 'n kulturele ervaring!
9de Nov. 2010, 15:02