Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
En daar lees ek toe die skokkendste berig oor dwelms, seks en kanker – alles in een, as opsommend van dít waaroor die boek gaan wat Martie Meiring geskryf het. Heeltemal uit konteks uit! Verstommend sensasioneel en duidelik geskryf deur iemand wat nie die boek gelees het nie!
En asof dit nie genoeg is nie, het ‘n ‘space invader’ nog boonop op die oop sitplek langs my kom sit en my kom vra waaroor die boek gaan en hoekom ek die boek laat skryf het?
Dis eenvoudig.
Dit gaan oor die heiligheid van ons huwelike en hoe ons belofte van getrouheid aan ons maat dikwels tragedies wegsteek wat geen uitkomkans bied aan die een wat swaarkry nie. Veral ons Afrikaanse vrouens is geleer dat uitpraat uit die huwelik nie iets is wat ons doen nie. Die waarheid is egter dat as daar ‘n tragedie in jou binnekamer afspeel gaan niemand jou kan help nie, want niemand gaan weet nie. Agter geslote deure is ons dikwels vasgevang met skrikwekkende realiteite van ons tyd – alkoholisme, dwelms, ontrouheid en geweld.
Dit het my jare gevat om te besluit om die boek te skryf. Ek het verlede jaar met die Journey of Hope-gemeenskappe besoek waar ek hartverskeurende verhale moes aanhoor van vroue wat vir een of ander rede in my vertrou en hulle harte aan my oop gemaak het. En die waarheid was eintlik dat die grootste geheim maar eintlik in my eie hart gelê het...
Die ergste chaos in my huis het my soos ‘n besetene laat oefen en fietsry langs die kus in Portugal. En ek onthou dat daar in daardie tyd ‘n fliek van Kevin Costner was wat in ons dorpie gewys het – En soos ek gery het, het die titel van die fliek bly herhaal in my kop : “No Way Out".
Min het ek geweet dat kanker my sou kom red, net daarna...
* KRY JOU NOVEMBER-UITGAWE VAN SARIE VIR 'N EKSKLUSIEWE ONDERHOUD EN UITTREKSEL UIT DIE BOEK.
Verwante artikels
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog vir sarie.com oor haar borskanker-reis deur SA
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog, het pas afgeskop. Vanaf 9 tot 16 Oktober gaan 15 SA vroue op Harley Davidson-motorfietse brul vir 'n goeie doel. En Janie du Plessis blog eksklusief vir sarie.com
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog: "Boewens en krokke..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Janie du Plessis, voorbladgesig van November 2010, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eksklusief! Janie se glanslewe en die verskriklike seer + VIDEO
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Niemand het geweet van die donker uiterstes waarheen Janie du Plessis se huwelik haar geneem het nie. Nou praat sy openlik daaroor, en hoe sy deesdae lewe deur die liefde.
-
Eksklusief: Janie du Plessis blog vir ons
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Janie du Plessis, voorbladgesig van jou November 2010-SARIE, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Janie se boek: "Die begin en einde van 'n sprokie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
In dié 3 verkorte uittreksels uit Janie du Plessis se biografie word vertel van haar lewe in Europa, die donker kant van haar huwelik en hoe sy Massimo Beltrami uiteindelik verlaat het
-
Janie blog: "In een sekonde kan jou hele lewe verander ..."
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Vanoggend het Judith, wat by my aan huis werk, met trane in die oe by die werk opgedaag. Sy't 'n gruwelike ongeluk op die hoofweg gesien met 'n kind wat dood in die pad gelê het. 'n Taxi het 'n kop aan kop botsing gehad met die kar van 'n pa wat op pad skool toe is met sy dogtertjie in 'n pienk rokkie.
-
Janie blog: "Wanneer is vreemde seksuele versoeke onaanvaarbaar..."
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 12
Ek lees die afgelope paar dae oor die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, en besef weereens dat statistieke bewys vroue herken dikwels nie eers die daad wat in die binnekamer plaasvind as misbruik nie.
-
Janie du Plessis blog: "Dis 'n kop-ding"
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 4
Ek raak so gefrustreerd as ek besef my kop dink verkeerd.
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Janie du Plessis en kie. op Harleys vir borskanker
SARIE September 2010
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog skop weer in Oktober 2010 af.
-
Janie du Plessis: Agter die voorbladskerms
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
"Besig, borrelend! Dís hoe ons Janie du Plessis destyds as TV-aanbieder leer ken het.
-
Luke Watson word pa
SARIE - November 2010
Luke Watson, kaptein van die Engelse klub, Bath, asook voormalige Springbok-flank, en sy vrou, Elaine het 'n baba-dogtertjie ryker geword, berig Nuus24.
-
Stofpad na menswees
SARIE - November 2010
Die "bofbal-en-kattebakmoord" het destyds opslae gemaak. Die ma van 'n baba en 'n kleuter is lewenslank tronk toe gestuur weens haar aandeel in haar man se dood. Sy is intussen ná 12 jaar uit op parool...
-
‘n Ma van twee tieners vertel...
Dis vir my en my man, Johan, uiters belangrik om ons seuns met die regte waardes groot te maak, sê Christine Ferreira, redakteur van die geestelike tydskrif Lééf – met hart en siel.
















Kommentaar
Surina Neethling het gesê:
Ek het die boek vir Kersfees by my kinders gekry en kan nie wag om dit te lees nie. Ek dink net niemand weet van 'n ander persoon se "wildernes" waardeur hy gaan nie, watter "coping skills" elkeen gebruik nie, dus moenie veroordeel nie. Janie lyk vir my na 'n ma wat die kwessie oor die skryf van die boek met haar kinders sou kommunikeer het, sy sou nie net blindweg goed openbaar het nie. Ek het ook pragtige kinders, nes hare en mens kan nie alles van jou kinders weerhou nie.
25ste Des. 2010, 15:57Belinda Schafer het gesê:
Janie,ek het jou boek gekoop,gelees,en jy het met jou talente gewoeker wat van God af kom. Geen mens word gevrywaar teen wat vir jou voorle in die lewe nie, want dan sou ons almal se lewens perfek gewees het. Deurlopend kan mens sien, jy is n "doener" en nie n prater nie en hou maar net aan met jou manier van doen, want jy is amazing,original en nooit vervelig nie. Ons hou baie van jou net soos jy is. Jy's n survivor.WE LOVE YOU.Die ou kla-kouse het niks om oor te "brag" nie en is dis maar net suur druiwe, soos ons almal weet. Die hoe bome vang altyd die meeste wind. Enjoy the breeze .
1ste Des. 2010, 22:24noutoenou het gesê:
Agge-nee Janie! Ekself is nou regtig moeg vir al jou "eerlikhede" uit jou huwelik; kort-kort 'n "nuwe liefde" en wat nog. WAAROM, o WAAROM moet jy nou al hierdie "eerlikhede" kwytraak nadat jou man oorlede is? Hy kan hom nie nou meer verdedig nie - dink jy kon nou maar hierdie fassinerende feite vir jouself gehou het. Jou kinders gaan ook eendag verhoudings hê; indien en wanneer dinge vir hulle dan nie reg gaan nie, gaan dit so maklik vir hulle vrouens wees onm te sê: "nes jou pa - jou ma het dit immers in haar boek gestaaf". Hou tog nou maar op met al jou ontblotings. Min dinge ontstel my meer as al hierdie openbarings wanneer iemand se lewensmaat oorlede is. Dit kan regtig net van 'n swak karakter getuig.
17de Nov. 2010, 13:24Elsebe het gesê:
Ek het nie die boek gelees nie. MAAR ek verstaan nie hoekom Janie, Gibbs, Sonja - noem maar op - wil he ek moet weet van hul "ervaringe" nie. As jy moet praat - doen dit met 'n terapeut. Moenie geld uit ander probeer maak nie!!
16de Nov. 2010, 10:30Maggie het gesê:
@Ilse - dis beslis so dat bitter min skrywers 'n lewe net uit skryf kan maak, maar Deon Meyer is reeds 2 jaar voltyds skrywer. Hy het sy "day job" gelos om meer tyd aan sy skrywery te bestee - gelukkig vir ons. Ek het nog nie Janie se boek gelees nie, en is ook nie seker ek wil nie, maar as dit nodig was vir haar herstelproses sê ek sterkte aan haar. Dit klink my dit was 'n moeilike pad, en miskien vir ons gewone 'sterflinge' ook 'n vingerwysing dat daar dikwels onder baie van die glans en goud van die superrykes en bekendes diep hartseer lê.
15de Nov. 2010, 13:39Deborah het gesê:
Nou toe nou... Dit smaak my die van ons wat die boek gekoop en gelees het... het net bewondering vir jou liewe Janie. Jy was nog altyd en is nog steeds n inspirasie in my lewe. Dankie daarvoor en dankie dat jy so braaf was om jou storie te vertel. dh
15de Nov. 2010, 10:39Juanita het gesê:
I was blessed to receive Janie’s book for my birthday and I bet that my friend, who gave it to me -never realised that she gave me more than a book. Through the pages I relived a few of my own horrible moments, as I was also married to an addict for a long time. I understand why Janie felt that she had to negotiate with her ex-husband. I’ve been there. I also did whatever it took to ‘hide’ the situation from our children and to protect them from the dark side of my marriage. Janie is one phenomenal women, she is a survivor – not just a cancer survivor, a life survivor!!
15de Nov. 2010, 09:24Cta het gesê:
Janie is baie dapper en ek gaan beslis die boek aanskaf. Janie ek wens jou net voorspoed en geluk toe en so ook vir jou twee mooi seunskinders. Hulle verstaan nie altyd wat mens doen om hulle te beskerm nie, maar glo my eendag sal hulle !!! Jy is 'n inspirasie vir so baie !!!
15de Nov. 2010, 08:51Ria Lourens het gesê:
Ek het reeds kommentaar gelewer - maar net dit nog: Het diegene wat Janie afkraak haar boek gelees? Ek het - en daar is geen swart smeerdery nie - Feite! Ek het my ingeleef in die boek - gesien hoe sy meegedoen het om haar huwelik te probeer red - om te probeer deurdring na haar lewensmaat wat afgrond toe geneig het. Hom van homself probeer red! LEES die boek en sien jouself in haar posisie!!
14de Nov. 2010, 16:42Ilse het gesê:
My raad aan almal wat so baie te sê het, is lees eers die boek en praat dan saam! Dit het ek wel gedoen en kan nou onomwonde sê: Inderdaad 'n moedige persoon wat gewillig is om haar mees persoonlike ervarings met ander te deel.Vir die wat dink dis vir geldelike gewin, dream on! Selfs Deon Meyer - seker een van ons gewildste skrywers - het 'n day job, want met boekverkope alleen kan jy nie skoolrekeninge betaal nie. Janie se storie inspireer hopelik almal in soortgelyke situasies om te weet hulle is nie alleen nie en dat daar ander opsies is as om alles op te offer in die naam van "die huwelik". Janie is, soos ons almal, toe nie perfek nie. Dieselde geld vir van die keuses wat sy in haar lewe gemaak het. Haar verhaal is egter een van wake up calls en tweede kanse. En dankie tog daarvoor!!
14de Nov. 2010, 15:37Nita V het gesê:
Nita V. Ek het Janie se boek gelees en tussen die voor-en -agterblad, het ek vir ure verdwyn in die dapperheid wat sy betoon het. Ek respekteer haar meer as ooit, want sy het alles in haar vermoee gedoen om haar huiwelik te red, ter wille van haar kinders. Indien jy nie self met 'n verslaafde getroud was nie - is dit beter om liewer nie kommentaar te lewer nie, want 'n ander se boek is duister om te lees! Haar ondervinding met kanker het haar gemotiveer om ander te help en om ander met dieselfde siekte hoop te gee. Janie - YOU ROCK!!!
13de Nov. 2010, 09:16Else het gesê:
Janie, I think you are very brave to have written the book, and I can identify with a lot of what you say. Don't listen to the self righteous other comments. Maybe some people are lucky not to have experienced traumatic events in their life. They should be grateful and not so judgemental. I know you and your lovely two boys and they are well balanced and together teenagers. I hope the book is a success!
12de Nov. 2010, 16:47Eileen het gesê:
Eish.... Dit verbaas my altyd hoeveel negatiewe mense daar in die wereld is. Mense wat eintlik hulle tyd sal mors om iets leliks EN stupid te se. Ina, daar is nie geld in boekskryf in Suid Afrika nie want daar koop te min mense boeke. In SA is n top verkooper 10 000 boeke waar in Amerika n top verkoper 1 miljoen boeke is. So geld is kan nie die rede wees nie. Smaak my jy is een van daais wat nie boeke koop nie anders sou jy dit geweet het. Hulle se swaarkry is n blessing in n mens se lewe want dit doen twee dinge... dit bring mens tot die besef dat daar n "higher power" is en dit maak van jou n beter, sterker, "compassionate" mens waneer jy ander kant uitkom. Janie, dankie dat jy jou storie met ons gedeel het. Die van ons wat n "easy" lewe lei is dankbaar vir die insig wat jy vir ons gee. Ek wens jou voorspoed en geluk voorentoe.
12de Nov. 2010, 15:43Lindie het gesê:
Janie jy is 'n dapper vrou. Ek weet nie of ek die moed van my oortuiging sou gehad het om aan te hou probeer solank as wat jy het nie. Die waarheid is bevrydend, mag dit ook so vir jou wees. Xx
11de Nov. 2010, 15:48Ria Lourens het gesê:
Nita het baie duidelik nog nie moeilike tye deurgemaak nie. Skryf bring bevryding en maak die binnekant skoon. Ek weet waarvan ek praat. En om dan nog regop, trots en pragtig te lyk wil gedoen wees. Hou so aan Janie. Het een van jou Pa se Jagstorie-boeke ook gelees. Groetnis.Ouma Ria
11de Nov. 2010, 14:48INA PRETORIUS het gesê:
DIE REDE = GELD.
11de Nov. 2010, 14:25Lizette het gesê:
Ag nee wat - Janie kon maar haar storie vir haarself gehou het - as sy enigsins repsek vir haar kinders openbaar het. @Nita: ek stem saam. Net soos al die ander van die aandagsoekkers. Dit was werklik onnodig om die gemors openbaar te maak. Har arme kinders - dit bly hulle Pa, al het hy ook wat gedoen - sy kon die info maar vir haarself gehou het. Nou gebruik sy dit ook om geld te maak. is daar weklik mense wat sulke goed wil lees?? Ek mors nie my geld so nie. EN, sy het 'n KEUSE gehad of sy wou deelneem aan al die aktiwiteite - niemand het haar gedwing nie - nou wil sy jammer gekry wees. Siestog, hoe flou.
11de Nov. 2010, 14:22Hanta de Jongh het gesê:
Janie, tenspyte van alles wat jy duergemaak het is jy steeds 'n stunning vrou, jy het hom lief gehad en alles probeer om dit te maak werk. Ek is glad nie van mening dat dit jou manier is van "aandag soek" nie, miskien is Nita van daardie soort, of sy het duidelik nie 'n "clue" wat om haar aangaan nie, iets soos "hear no evil, see no evil" maar iets wil sy sê. Dit is vernederend genoeg om dit in 'n boek te laat publiseer, en dit om net vir ander wat dalk in dieselfde situasie is te help, moet haar asseblief die afkraak as julle nie weet waaroor dit gaan nie. Janie you go girl. Jy is 'n inspirasie vir baie vroue om jou sal jou graag wil ontmoet.
11de Nov. 2010, 13:26sas het gesê:
Nita, jy wens heelwaarskynlik om soos Jani te wees. Iemand wat deur alles wat met haar gebeur het, boonop in die kollig, steeds mense inspireer en hulle respek het.
11de Nov. 2010, 13:02Mari-Louise het gesê:
Janie, jy is 'n inspirasie vir vrouens, baie sterkte met jou lewenspad en toekomsplanne.
11de Nov. 2010, 10:34Riaan Ferreira het gesê:
Dit is skokkend wat in slaapkamers gebeur en dat vroue voel hul mag nie daaroor praat nie. Veral as hul eie man hule verkrag, verneder, mishandel. Ek glo dit het tyd geword vir vroue om op te staan vir hul regte, sulke mans aan die pen laat ry want hul verdien nie om in die samelewing te wees nie. 'n Man wat sy eie vrou verkrag is erger as moord, sy vertrou hom, maak staat op sy liefde, ondersteuning en beskerming. Ek het 'n vriendin wat dieselfde deurmaak, maar uit vrees vir haar man, swyg sy eerder daaroor. Bang dat hy haar sal vermoor as sy dit bekend maak. Hoe gaan ons hierdie siek spul gestop kry in ons samelewing wat vroue die reg ontneem om mens te wees soos God dit in Sy Woord vir ons uitspel. Die vrou is die man se gelyke, nie sy vloerlap nie. Ek wens mans wil die Bybel met meer erns begin lees en dit REG lees. Ja, ek is 'n man, maar God is die belangrikste persoon in my lewe. Behandel vroue soos God dit van ons verwag, soos Jesus self dit gedoen het, met respek, eer en met LIEFDE.
11de Nov. 2010, 09:20DAWN het gesê:
EK HET DESTYDS VOOR DIE JASSIE GESIT EN IN ONS TOWNSHIP VOL GEWELD EN DWELMS WAS DONDERDAGAANDE n' OASE,WANT JANNIE WAS OP DIE "TEEVEE"EK ONTHOU HOE EK MY HARE SO POENSKOP LAAT KNIP HET, MAAR DIT HET NIE LEKKER GEWERK NIE WANT EK MOES BAIE "STRAIHTENER" GEBRUIK OM DIESELFDE EFFEK TE KRY. TOE JANNIE DIE DAG TROU MET DIE ROOI ROK HET ONS BYNA DIE TYDSKRIF VERSKEUR,MY OUMA HET SAAM ONS NA JANNIE SE TROU FOTO'S GEKYK VIR ONS WAS DIT SO ROMANTIES OM IN DIE REEN TE TROU. MY OUMA HET EGTER SO EEN KYK GEGEE EN EWE DROOG VERKLAAR "DAAR IS IETS IN DIE MAN SE GESIG WAT MY NIE AANSTAAN NIE".............
11de Nov. 2010, 09:05Nita het gesê:
Ek voel dat Janie dalk 'n bietjie van 'n aandag soeker is. Net sodra sy uit die kollig is vind sy 'n manier om weer terug te beweeg in die kollig. Ek hoop haar seuns is "ok" met die boek en verstaan.
11de Nov. 2010, 08:52Bev Braun het gesê:
Dear Janie You are an awesome woman, extremely couragous to have faced everything that you have and still come out looking as fresh and beautiful as you do. You truly are an inspiration to all woman not only single moms. I wish you the very best of luck with your book.
10de Nov. 2010, 16:20