Janie blog: "In een sekonde kan jou hele lewe verander ..."
Foto’s: Gerda Genis Galery
Vanoggend het Judith, wat by my aan huis werk, met trane in die oe by die werk opgedaag. Sy't 'n gruwelike ongeluk op die hoofweg gesien met 'n kind wat dood in die pad gelê het. 'n Taxi het 'n kop aan kop botsing gehad met die kar van 'n pa wat op pad skool toe is met sy dogtertjie in 'n pienk rokkie.
Die onverwagse is die ding wat ons almal seker die meeste vrees? Dit is daardie ding wat soos 'n vuishou vir jou in die sy tref as jy net vir 'n oomblik wegkyk. En dan die gevolge - hoe hanteer jy dit sodat dit die minste seer veroorsaak?
Die dag toe ek my vuishou in my sy gekry het, het ek ontdek dat ek nooit geleer het om met my kinders te praat nie. Hulle was 5 en 7 jaar oud en ek moes aan hulle verduidelik het dat ek siek was en sou weggaan vir 'n lang tyd en wou vir hulle verduidelik hoe diep my liefde vir hulle lê in 'n taal wat hulle sou verstaan. Ek kon nie. En ek weet dat my onvermoë om op daardie dag myself ordentlik uit te druk, eintlik groot trauma in hulle lewens veroorsaak het en dat dit hulle eintlik jare gevat om daaroor te kom.
Ek wou eintlik vir hulle spaar van die seerkry, die bekommernis en hulle vrees - en toe ek hulle handjies vat en vir hulle moes vertel wat gebeur het, het ek minder vertel as wat ek moes. Ek het gedink dat hulle nie sou verstaan nie maar dit was eers baie jare later dat ek besef het, hulle hét nie verstaan nie want ek het nie alles aan hulle verduidelik nie. Hoekom doen ons dit?
'n Ouer se natuurlike instink is om te beskerm. Ek wou vir my kinders weghou van slegte nuus en elke keer as ek 'n storie vertel het, het ek eintlik nie vir hulle voorberei op die werklike gevolge van die verhaal nie .Maar meer as dit, ek het nie die woorde gehad om myself uit te druk nie - so amper asof ek alles leer doen het in my lewe behalwe o moor die belangrike dinge te kan praat - die dag as dit moet! Ek het nie vir my kinders verduidelik watse impak die onverwagse op hulle lewe sou hê nie. Dis amper om vir 'n kind te sê dat jy en hulle pa net 'n bietjie gaan skei, of jy't net 'n bietjie kanker, of is net 'n bietjie werkloos...
Die lewe is vol vuishoue and bliksemstrale en 'n mens doen eintlik jou kinders 'n onreg aan om hulle te weerhou van die realiteite van die lewe en om seer te kry is 'n groot deel daarvan, van menswees en van mens word.
Dit het jare gevat om die moed te kry om dit te doen maar nou pak ons saam al die vuishoue en die realiteite van die lewe aan, sonder voorgee, met eerlikheid en kwesbaarheid - elke dag 'n bietjie nader aan onsself, aanvaarding en begrip.
In ons huis hoor die apies, praat die apies en sien die apies...
Verwante artikels
-
Eksklusief: Janie du Plessis blog vir ons
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Janie du Plessis, voorbladgesig van jou November 2010-SARIE, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Janie se boek: "Die begin en einde van 'n sprokie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
In dié 3 verkorte uittreksels uit Janie du Plessis se biografie word vertel van haar lewe in Europa, die donker kant van haar huwelik en hoe sy Massimo Beltrami uiteindelik verlaat het
-
Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 25
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
-
Janie blog: "Wanneer is vreemde seksuele versoeke onaanvaarbaar..."
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 12
Ek lees die afgelope paar dae oor die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, en besef weereens dat statistieke bewys vroue herken dikwels nie eers die daad wat in die binnekamer plaasvind as misbruik nie.
-
Janie du Plessis blog: "Die vakansie is verby – ek't ‘n vakansie nodig!"
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
‘n Paar dae gelede het ‘n vriendin vir my gevra hoe dit gaan, wat my nuwejaarsvoorneme is en wat my mikpunte vir 2011 is. Ek weet nie! Ek het nog nie eers kans gehad om daaraan te dink nie!
-
Janie du Plessis blog: "Dis 'n kop-ding"
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 4
Ek raak so gefrustreerd as ek besef my kop dink verkeerd.
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Janie du Plessis se hoop, vrees en lewenslesse
SARIE - Desember 2007
Janie du Plessis, suksesvolle sakevrou en motiveringspreker, kyk na binne.
-
Janie du Plessis: Agter die voorbladskerms
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
"Besig, borrelend! Dís hoe ons Janie du Plessis destyds as TV-aanbieder leer ken het.
















Kommentaar
Svetlana Smit het gesê:
Dit is so waar ... ek moes ook noodgedwonge my kinders van 5 en 8 baie intieme dinge vertel toe hulle pa besluit hy is lief vir 'n ander tannie .... aan die een kant is dit goed, aan die ander kant word hulle vreeslik vinneg groot. Hulle verstaan baie dinge nie en met so baie informasie wat oor hulle koppe rond vlieg, dit breek 'n mense se hart. Maar eerder dit, as wat hulle op ander maniere probeer uitvind en dan op ongewenste maniere die skok verwerk .....
15de Feb. 2011, 10:16