Janie blog: "Wanneer is vreemde seksuele versoeke onaanvaarbaar..."
Ek lees die afgelope paar dae oor die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, en besef weereens dat statistieke bewys vroue herken dikwels nie eers die daad wat in die binnekamer plaasvind as misbruik nie.
Ek kom uit die SCOPE-tydskrif-jare waar borste met sterretjies toegeplak is. Borste was verbode en foto's daarvan was pornografie. Groot was my skok toe ek Europa toe getrek het en agtergekom het hoe natuurlik die beeld van ‘n kaal vrou vir die Europeër is! Byna alle tydskrifte het foto's van bostuklose meisies gepubliseer en dit was asof vet vroue, maer vrou, oud en jonk, nie naastenby die komplekse gehad het wat ons Suid-Afrikaanse tieners oor ons borste gehad het nie.
Ek self het later bostukloos begin loop op die strand en by ons swembad. Geen man het hom vergaap aan my nie. Geen kind het gedink dis snaaks nie. Ek het saam met ons tuiniers sonder ‘n bostuk gras gesny en dit was die natuurlikste ding op aarde.
En soos ek begin aanvaar het dat dié leefstyl anders is en dat die mense anders dink, so het ek gedink die andersheid word voortgesit in die slaapkamer. Ek was so dom! Liberale seksuele versoeke het niks te doen met wat aanvaarbaar is in die gemeenskap nie. Dit is die een plek waar jy mag nee sê. Dit is hier waar jou liefde en wedersydse respek tot op sy uiterste getoets word.
Dit is dikwels daai eerste klein treetjie van onsekerheid wat ‘n mens laat instem om ‘n vreemde ding te aanvaar agter toe deure en wat later lei tot onuithoudbare situasies.
Die belangrikste ding wat jy as vrou of vriendin kan doen, is om die situasie van misbruik eerstens te herken. As beide van ons nie saamstem in die slaapkamer nie, is dit verkeerd. Jy is nie preuts as jy nie wil saamspeel nie!
Hier is nogal baie briewe van lesers wat kla oor hulle mans wat saam met hulle vriende by die rugby of die gholf drink en dan huis toe kom met onredelike versoeke waartoe vrouens instem om die vrede te bewaar. “Wat moet ons doen?” vra almal.
Ek weet nie. Ek is een van daai wat ingestem het in die begin...
* Wat sê julle? Lewer asb kommentaar hieronder.
Verwante artikels
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog: "Boewens en krokke..."
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Janie du Plessis, voorbladgesig van November 2010, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eksklusief: Janie du Plessis blog vir ons
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Janie du Plessis, voorbladgesig van jou November 2010-SARIE, blog voortaan vir sarie.com.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Janie se boek: "Die begin en einde van 'n sprokie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
In dié 3 verkorte uittreksels uit Janie du Plessis se biografie word vertel van haar lewe in Europa, die donker kant van haar huwelik en hoe sy Massimo Beltrami uiteindelik verlaat het
-
Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 25
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
-
Janie blog: "In een sekonde kan jou hele lewe verander ..."
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Vanoggend het Judith, wat by my aan huis werk, met trane in die oe by die werk opgedaag. Sy't 'n gruwelike ongeluk op die hoofweg gesien met 'n kind wat dood in die pad gelê het. 'n Taxi het 'n kop aan kop botsing gehad met die kar van 'n pa wat op pad skool toe is met sy dogtertjie in 'n pienk rokkie.
-
Janie du Plessis blog: "Dis 'n kop-ding"
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 4
Ek raak so gefrustreerd as ek besef my kop dink verkeerd.
















Kommentaar
bet365 het gesê:
hello!This was a really terrific post! I come from itlay, I was luck to come cross your topic in yahoo Also I learn much in your theme really thank your very much i will come daily
10de Des. 2010, 06:38Linda het gesê:
Ek is konserwatief en kerklik grootgemaak. Toe trou ek maagdelik rein en onskuldig met 'n man wat GLAD NIE belangstel in enige vorm intimiteit nie. Dis die ander kant. So, wat is die antwoord? Ek weet nie. 'n Man sal óf jou besluite en keuses aanvaar, óf rondloop en soek wat hy nie by die huis kry nie, óf skei. Die belangrikheid van intimiteit in die huwelik moenie onderskat word nie. As jy die seksuele nie kan laat werk NA BEIDE KANTE nie, gaan die huwelik nie hou nie. As jy nie veilig en geliefd en gerespekteerd voel nie, is jy op die verkeerde plek en by die verkeerde mens.
6de Des. 2010, 15:58Heila het gesê:
My opinie is Janie, di dag toe jy besluit het om jou liggaam ten toon te stel vir jou tuinman, op die strand vir 'vreemde' oe, vir jou kinders en so kan ek aangaan.... ek is gladni preuts nie maar my lyf is my lyf! Ek en my man geniet mekaar se lywe in die huwelik - (38jr al lank) maar ons respekteer mekaar.... bv sy 'toilet'-tyd is sy privaat tyd, so ook myne...daar word nie winde opgebring voor die ander persoon nie (en ons het dit nie so afgespreek nie, dit was net n natuurlike besluit)... nog nooit het hy my geskel of verkleineer nie...en wat betref die vreemde versoeke as manlief met n drankasem terugkom van die rugby/gholf - beslis sal hy nie in my bed n le-plek kry nie, jammer!
4de Des. 2010, 21:46nellie het gesê:
Nogal interressant, ek is ook een wat toestem vir al die vreemde versoeke. Sonder dat my man dronk of selfs aangeklam is. Hoekom? Ek was vir jare gemolesteer en voel tot vandag toe of ek MOET ja se, skuldgevoel wat altyd bybly en dan is daar die feit dat dit juis is omdat hy so lief is vir my, dit 'bevestig' ons intimiteit. Dan natuurlik as jy dit nie binne jou huwelik toelaat nie, sal hy dit maar net buite die huwelik gaan kry.
2de Des. 2010, 18:11Lindie het gesê:
Nee, ek doen nie iets waarmee ek nie gemaklik voel nie. Daar is sekere plekke waar jy NIE gaan nie, en byna almal het daardie waarskuwings liggie wat ingebou is om te se...hier kom moeilikheid. Dit hoort ook so te wees dat geen persoon in so intieme situasie aan iets onderwerp moet word wat onaanvaarbaar is nie. Sien die Woord is duidelik, wat jy saai sal jy maai, grense is orals in die lewe om jou te beskerm, as jy die grense oorskry sal jy die prys betaal...en dikwels is dit te duur.
2de Des. 2010, 17:45Annaline het gesê:
Nou wanneer is privaat, privaat, damn wat moet ons nog aanhoor, ek nou redelik keelvol van al die glamour girls se "stories". Wat het van ons gewone mense geword? Stel iemand nog belang in wat die lesers wil weet en hoor. Aargh
2de Des. 2010, 15:30Della het gesê:
Ek WAS ook een van daai wat ingestem het in die begin. Dit begin met iets baie klein. En as jy jou oe uitvee is jy vasgevang in 'n situasie wat onuithoudbaar is. Moenie die eerste tree gee nie. EK praat nie van preutsheid nie. EK praat van pervesheid. Wees selfsugtig, dink aan jouself. As jy nie gemaklik is daar mee nie, en dit voel nie reg nie, dan is dit nie reg nie. Moenie instem net om hom / haar gelukkig te maak nie. Dit is nie liefde nie. EK het na baie jare se bid en glo daar uit gekom.
2de Des. 2010, 13:37Rensche het gesê:
Elke man en vrou mmoet mekaar respekteer, as 'n versoek nie reg klink of lyk nie, JAMMER, ek kan se nee, want ek is nie 'n toebroodjie, of 'n springkasteel of 'n "hasie" nie, nee ons is dames, vrouens, met 'n gevoel en ook het ons waardigheid in ons, so mans vergewe ons maar dit moet mooi en skoon wees... so ook vir die vrou, respekteer die man, daar is wild en "wild....
2de Des. 2010, 13:06Petra het gesê:
Dis woes ! Ek het net 1 antwoord NEE NEE NEE. Om toe te gee ter wille van die vrede, waar word die streep dan uiteindelik getrek ?
2de Des. 2010, 10:49Mari het gesê:
Ek dink nie mens moet iets doen waarmee jyself nie mee gemaklik is nie, dit sal jou selfbeeld en menswaardigheid 'n knou gee, ek dink wel mens kan mekaar iewers in die middel ontmoet solank jy en jou geliefde albei daarmee gemaklik is!
2de Des. 2010, 09:26Nella het gesê:
Ek dink dit gaan hier oor wedersydse respek. Net soos jy jou man respekteer moet hy jou ook respekteer. Sodra jy ongemaklik voel met 'n onredelike versoek is dit jou reg om NEE te sê, want jy het ook respek vir jou EIE liggaam. Dit is nie 'n vrou se plek om "vrede" te bewaar omdat haar man hom probeer "vul" met seksuele behoeftes nie. Net God kan ons vul en ons by 'n plek bring waar ons vervuld is!! As God nie in ons is nie, gaan ons aanhou soek en aanhou probeer vul met onredelike versoeke!!
2de Des. 2010, 08:38Belinda Schafer het gesê:
Baie maklik. n Dronk man kan op n ander bed gaan slaap. Ek dink ons vrouens moet regtig beter standaarde stel en versigtiger ingaan in huwelike en verhoudings. Die wereld het baie verander. PEOPLE TREAT YOU THE WAY YOU "ALLOW " THEM TO TREAT YOU. Televisie en die media het n geweldige invloed op mans. En hulle eet dit ongelukkig vir soet-koek op ,want hulle weet nie van beter nie. Dis tyd dat ons vrouens STANDAARDE neerle/stel . Goeie mans is skaars , maar hulle is daar / net soos goeie vrouens . Die lewe gaan oor keuses. Keuses kan jou lewe maak of breek.
1ste Des. 2010, 22:08