Eksklusief: Janie du Plessis blog vir ons
Foto’s: verskaf Galery
Janie du Plessis, voorbladgesig van jou November 2010-SARIE, blog voortaan vir sarie.com.
Sondag 31 Oktober
Die afgelope twee dae was dit gholf! Die Andalucia Valderama Masters hier in Sotogrande. Ek en Rian en die twee seuns het vir James Kingston van Suid Afrika gaan ondersteun.
Seker een van die mooiste bane wat ek nog gesien het maar volgens James een van die moeilikste! Teen gistermiddag het dit boonop begin reën en vandag het die wind ons letterlik omgewaai. Daai arme spelers is deur hel! Maar as toeskouer is dit eintlik meer opwindend om die beste spelers in die wêreld te sien speel as hulle so in die knyp kom. Dis dan wanneer 'n mens eintlik die ongelooflike houe sien en verstaan hoekom daai mans van die beste gholfers in die wêreld is. Vandag moes hulle balle uit diep gras, agter bome en onder denne naalde uitslaan. Die een ou het sommer sy gholfstof moes regbuig na 'n skouspelagtige mokerhou op die 18de gat.
Dis heerlik om die toernooie by te woon. Dit voel asof 'n mens in 'n pragtige park loop.
Die kinders in Spanje kry uitstekende geleenthede om gholf te leer speel. Hier naby die huis is daar 'n publieke baan en ek tel elke middag ten minste 33 - 50 kinders wat p/dag daar les kry met 7 afrigters. Dis net een baan! Die top-spelers in Spanje kom glo uit hierdie area en anders as Portugal, is die jong mense nogal gesondheidsbewus.
Die infrastruktuur ondersteun die jong gholfers. Dit is 'n sport vir almal en nie net die elite nie. Dis hoe dit moet wees.
Rian wil skaapboud met wortels, boontjies en aartapples eet vanaand. Volgens hom is 'n Sondag nie 'n Sondag daarsonder nie. Die goeie nuus is dat hy gaan kook...
![]() |
Janie en die Suid-Afrikaanse gholfspeler, James Kingston |
Maandag 25 Oktober
Ek't vanoggend wakker geword en was so deurmekaar oor waar ek is? Oktobermaand is my dol maand, my teruggee-maand. Dis dan wanneer ek die land rondrits en praatjies gee oor kanker, bewusheidsveldtogte ondersteun en die pad vat op my Harley Davidson saam met my mede survivors. Dit voel vir my elke jaar asof ek in Oktobermaand omtrent elke aand in 'n ander dorp slaap en hier teen die einde is 'n mens nogal gedisoriënteer. Ek moet erken, ek's bly dis verby want ek't gisteraand op die vliegtuig amper op die ou Italiaanse omie langs my se skouer gaan lê, want ek't gedink ek's by die huis.
Met die Journey of Hope uiteindelik verby het ek vanoggend vir die eerste keer in vrede lank gebad, maar so gelag toe ek al die blou-, pers- en groen kolle op my bene gesien het! Dit lyk asof ek in 'n oorlog was. As 'n mens so op daai motorfietse ry, tref die klippies jou van voor af as jy ry en met die opklim en afklim, kap jy jou bene boonop daagliks teen 'n harde ding op die fiets.
Ek's in Spanje op die oomblik. Sotogrande. Ek kuier hier saam met Rian (du Plessis, Janie se vriend) by sy huis vir 2 weke en die plan is om die gebrom van die motorfietse uit my kop uit te kry en dit op die gholfbaan te kry. Dis gholf-paradys. Ek't vanmiddag La Cañada-gholfbaan gespeel saam met Leon, Oliver en Rian. Leon is Rian se 16-jarige seun en Oliver is sy maatjie.
Hy's op skool in Engeland, by die Mary Hare-skool vir dowes en is 'n lekker speelmaat in ons familie-uitdagings. Hulle het 'n kort vakansie op die oomblik. As hulle oor my en Rian skinder, praat hulle met hulle hande maar, hulle het geleer praat en ons hou lawaaierige etes want hulle gehoor-apparate laat hulle toe om ons stemme te hoor en hulle kan albei ongelooflik goed liplees. Ons is so geseën met ons kinders en ons is so dankbaar vir die hulp wat ons het met die regte skole vir elke kind se uitdagings. Benito (my seun) se leerprobleme het my al nagte lank laat wakker lê.
Dis laat-somer hier in Spanje. Die weer is wonderlik en ons speel gholf tot 19.30 in die aande as die son eers sak. Hier eet 'n mens jambon en baie olywe. Jambon is 'n bosvark boud wat 5 jaar lank gedroog is. Ons het die hele boud in 'n houtraam in die kombuis. Rian het 'n langlem mes en sny stukkies vleis af en maak 'n tapas-bord met olywe en kaas as ons drankies drink vroegaand. Dis sonder twyfel my hoogtepunt van die dag.
'n Ding bly vassit in my kop... Op die vliegtuig was daar 'n ou oom en sy vrou, baie elegant, en op die oog af, welgesteld. Die oom was effe kruppel en het gesukkel met die sakke wat hy moes dra. Hy was 'n aantreklike oom met mooi oë en 'n vriendelike geaardheid, ordentlik en saggesproke. Die tannie was egter 'n heks en dit het vir baie van ons, wat die twee kon hoor en sien, verstom hoe sy deurentyd op die oom geskel het. Sy was die hele tyd vir hom kwaad en toe ons vroegoggend in Londen land, het sy met haar suur gesig net voortgegaan met haar geskel. Hoekom doen mense dit? Wat op aarde maak 'n mens so suur dat jy lelik is met mense om jou en veral met die's wat duidelik vir jou lief is?
Kyk die Journey of Hope-video
Verwante artikels
-
Eksklusief! Janie du Plessis blog vir sarie.com oor haar borskanker-reis deur SA
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog, het pas afgeskop. Vanaf 9 tot 16 Oktober gaan 15 SA vroue op Harley Davidson-motorfietse brul vir 'n goeie doel. En Janie du Plessis blog eksklusief vir sarie.com
-
Eksklusief! Janie se glanslewe en die verskriklike seer + VIDEO
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Niemand het geweet van die donker uiterstes waarheen Janie du Plessis se huwelik haar geneem het nie. Nou praat sy openlik daaroor, en hoe sy deesdae lewe deur die liefde.
-
Eksklusiewe uittreksel uit Janie se boek: "Die begin en einde van 'n sprokie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
In dié 3 verkorte uittreksels uit Janie du Plessis se biografie word vertel van haar lewe in Europa, die donker kant van haar huwelik en hoe sy Massimo Beltrami uiteindelik verlaat het
-
Janie blog: "Dís hoekom ek die boek geskryf het!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 25
Op die vliegtuig terug van Europa het een van die lugwaardinne met ‘n Engelse koerant na my toe gekom en gevra of ek dit graag wil lees want ek’s op die voorblad!?
-
Janie blog: "In een sekonde kan jou hele lewe verander ..."
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Vanoggend het Judith, wat by my aan huis werk, met trane in die oe by die werk opgedaag. Sy't 'n gruwelike ongeluk op die hoofweg gesien met 'n kind wat dood in die pad gelê het. 'n Taxi het 'n kop aan kop botsing gehad met die kar van 'n pa wat op pad skool toe is met sy dogtertjie in 'n pienk rokkie.
-
Janie blog: "Wanneer is vreemde seksuele versoeke onaanvaarbaar..."
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 12
Ek lees die afgelope paar dae oor die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, en besef weereens dat statistieke bewys vroue herken dikwels nie eers die daad wat in die binnekamer plaasvind as misbruik nie.
-
Janie du Plessis blog: "Die vakansie is verby – ek't ‘n vakansie nodig!"
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
‘n Paar dae gelede het ‘n vriendin vir my gevra hoe dit gaan, wat my nuwejaarsvoorneme is en wat my mikpunte vir 2011 is. Ek weet nie! Ek het nog nie eers kans gehad om daaraan te dink nie!
-
Janie Du Plessis blog: Goeie maniere in die Karoo
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 2
Toe ons kinders was het ons een oggend op pad kus toe, vanaf Johannesburg, gestop by Theunie Steyn (eks president) se plaashuis in Bloemfontein. Ons was honger want ons het nog nie daardie oggend geëet nie.
-
Janie du Plessis en kie. op Harleys vir borskanker
SARIE September 2010
Die Revlon Journey of Hope, 'n borskanker-bewusmakingsveldtog skop weer in Oktober 2010 af.
-
Janie du Plessis: Agter die voorbladskerms
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
"Besig, borrelend! Dís hoe ons Janie du Plessis destyds as TV-aanbieder leer ken het.
-
‘n Ma van twee tieners vertel...
Dis vir my en my man, Johan, uiters belangrik om ons seuns met die regte waardes groot te maak, sê Christine Ferreira, redakteur van die geestelike tydskrif Lééf – met hart en siel.






















Kommentaar
Nicoline v.N. het gesê:
Na die artikel oor jou lewe in Portugal(nuwe-mooi-voorblad-Sarie),kan ek nie wag om jou boek te lees nie!Dankie dat jy bereid is om sulke hartseernuus met ander te deel.So kan mens die lewe meer waardeer en dankbaar wees vir wat jy het!Sterkte en mag jy vorentoe baie geluk en liefde ervaar!
4de Nov. 2010, 13:30Madeleine Schutzler het gesê:
O dit klink te heerlik. Het op Google Earth gaan kyk hoe lyk dit daar. Lyk na vakansie in hoofletters!! Geniet die 'break'.
1ste Nov. 2010, 16:11Trisa Hugo het gesê:
Die Jambon klink heerlik! Sulke suur mense probeer waarskynlik hulle eie seer verwerk deur ander so te hap. Maar wat sy nie weet nie, sy kan hom tog nie raakhap (tensy hy dit toelaat natuurlik!) nie, sy maak net haarself seerder. A sharp tongue can cut your own throat.
29ste Okt. 2010, 12:16