Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
Foto’s: verskaf Galery
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
Onder die gat is daar 'n reuse duik in die sinkplate waarin my yskas én wasmasjien sal pas. Die stoep se een dakplaat is geknak en 'n hoop stene en rommel lê van voor my agterdeur tot 10 m verder agter die kruietuin.
Dit was 'n heerlike shopping ekskursie deur Pick ‘n Pay tot en met Selina se Please Call Me.
"Die satellietskottel het afgeval," het sy die saak eufemisties gestel.
Vrydag het 'n kraan gebars, die gastehuis se geyser het gedooi. Nou die satellietskottel, het ek moedeloos met my trollie vol groceries gedink.
Maar noudat ek hier langs die swembad staan, is ek by moedeloos verby. My 90 jarige huis se skoorsteen het omgeval en verkrummel. Eenkant langs die swembad lê die satellietskottel met sy beskeie skade.
Ek maak somme in my kop hoeveel gaan dit kos om 'n kwart van my dak en 'n skoorsteen van die Essie stoof in die sitkamer af tot bo te herbou. Die hele kaggelpaneel in die sitkamer sal oopgekap moet word.
Donderdagaand het die blitse in harde slae om my huis geslaan. Dit was net een te veel vir die ou dame se skoorsteen.
Ek wil net noem ek trou oor 'n maand. Dit was reeds 'n dilemma hoe ons al Gert se meubels ook in die huis gaan inpas.
Dit is nou nie juis 'n gerieflike gedagte dat my sitkamer dalk in 'n hoop bourommel en stof gehul gaan wees nie.
Terwyl ek en Abel bekommerd na die reënwolke kyk en seile oor die skade span, besef ek die seëning. Daar waar die hoop rommel nou op die stoep lê, het 'n groep tieners Saterdagaand gebraai.
As die skoorsteen my dak so hard getref het dat dit lyk of 'n vlieënde piering daar ‘n crash landing uitgevoer het, sou dit 'n kind kon doodval.
Die skoorsteen moes drie dae na die storm wankelend aan haar waardigheid probeer klou het voor sy gekantel het. Skielik lyk die skade nie meer so groot nie.
Ek is dankbaar.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Ouma is 'n alien"
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Ouma Tina sit vanoggend en huil in my sitkamer. "My kind, ek drink sommer gif. Ek wil nie meer leef nie. Ek wil nie meer so sukkel nie."
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Haasmoord
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Amazing grace, how sweet the sound ... Selina se stem kom uit die tuin aangesweef. 'n Effense spot tussen die gewyde woorde. Dan volg 'n ontstelde onderonsie tussen haar en Lieneke.
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: My laaste dieet
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
My soettand is amptelik deur 'n reeks bloedtoetse uitgetrek. Insulien-weerstandigheid was die diagnose wat my lewe verander het.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
















Kommentaar