Martie blog: Ek kan in Frans hoes
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
Ons lê in ’n dagkliniek en wag vir ons ‘prosedures’ in die teater. Behalwe die ‘prosedures’ het ons vier in saal 3A oënskynlik niks gemeen nie.
Maar na ’n rukkie kan ek nie help om te glimlag oor die Terry Pratchett satire wat mens sou kon skryf oor wat in daardie kamer gebeur het nie.
Ek hou nie van narkose en ‘prosedures’ nie en is dus nie my spraaksamige self nie. Ek kruip hoflik en vriendelik agter my boek weg.
Later besef ek, ek is eintlik ‘n voyeur. Want ek het nie ’n rol te speel in die klein verhoogstuk wat om my begin afspeel nie.
Langs my lê ’n vername vrou van een van die ryk buurte van die stad. Ek weet dit, want sy het ’n reuse chip van new money op haar skouer.
Haar man het pas vir haar die nuwe Mercedes-Benz CL-Class gekoop. Sy het haar Cartier horlosie en ringe liefs by die huis gelos. “Mens weet nooit nie.” Sy vertel hoe sy glo een van haar huishulpe besteel haar. Die effense klank van rassisme in haar storie laat my ineenkrimp.
Dit als weet ek net uit haar gesprek met die suster wat ons almal se bloeddruk kom neem.
Die vrou oorkant my werk by ’n Franse kosmetiekmaatskappy en sy geniet Suid-Afrika baie, vertel sy die suster.
Langs haar lê ’n meisie van Sentraal-Afrika. Dit lyk my sy is net so min lus vir praat soos ek.
Gelukkig vir ons zoom Mevrou Spogbuurt in op die Franse vrou. Hulle het immers iets gemeen. Mevrou gebruik die hele reeks Franse skoonheidsprodukte van kop tot toon en sy het 20 jaar gelede in haar eerste jaar Frans as vak gehad. O ja en sy was al drie keer in Frankryk. Sy is mal oor alles wat Frans is.
Ek is baie dankbaar sy ignoreer my heeltemal. Ek lyk seker nie vir haar important genoeg nie.
Ek dink nie dit sal help as ek vir haar sê ’n deel van my bloedlyn het so ’n paar geslagte gelede uit Frankryk hier aangekom nie en dis net ons neuse wat ons van ons Franse bloed oorgehou het.
O ja, en ek het een keer bronchitis in Frankryk gehad. Ek glo ek kan in Frans hoes want ’n dokter daar het sonder dat ons mekaar kon verstaan die regte medisyne vir my gegee.
Die jong meisie oorkant my interesseer Mevrou ook nie.
Ek sou op my boek kon konsentreer as die vername vrou nie skielik oorgeslaan het in haar beste Frans nie.
Dit gaan behoorlik horte en stote, maar ek moet dit aan haar toegee, sy volhard en ignoreer heeltemal die feit dat die Franse vrou heel goed Engels kan praat. Kort-kort kyk sy of sy ons ander twee imponeer. Ek weier om haar erkenning te gee vir haar vertoning en steek my glimlag agter my boek weg.
Hier raak dinge mos al hoe interessanter!
Ek dog dis net ek wat die komiese situasie raaksien, maar toe vang my oog die groot pikswart oë van die Afrika-tiener wat glinster van die genieting.
Die Franse vrou hou haar pose. Sy is immers hoof van bemarking by die maatskappy se Afrika-tak. Sy glimlag professioneel.
Maar selfs ’n vrou direk uit die Franse kosmetiese adel kan ook net so lank uithou. Sy verskoon haar later om toilet toe te gaan.
Die intrige verdiep toe sy op pad terug is na haar bed en die Afrika-meisie se tydskrif van haar bed af val. Die Franse vrou tel dit op.
“Merci beaucoup!” sê die skaam meisie.
Iets aan haar aksent moes die Franse vrou se aandag getrek het.
“Parlez-vous le français?”
“Oui, j'étais né en France.”
Die meisie is in Frankryk gebore maar haar ouers is nou diplomate in sentraal Afrika.
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
Die Franse vrou en die meisie gesels tog te lekker verder in hulle moedertaal.
My glimlag agter my boek raak al hoe breër.
Is die lewe nie wonderlik nie? Hier lê vier vreemdelinge in ’n dagkliniek in Johannesburg. Twee is Frans, een kan in Frans hoes en een gebruik Franse cream ...
Verwante artikels
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Nagsluiper
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ek het lank 'n stryd teen ontwykende slaap gestry voor ek aanvaar het ek is 'n nagdier en die wondere van die nag ontdek het.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
















Kommentaar
Esta het gesê:
Ek laaaaaai jou blog.. Dis so raak beskryf... Cool
29ste Sep. 2010, 16:07