Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
So elke twee weke draf ek by die apteek in vir ’n vitamiene-inspuiting, maar dié week het ek my voete daar ingesleep.
“Hallo Hallo! Lanklaas gesien.”
Ja, ek kan dit voel. My petrol is op.
“Ek sien dis vandag die regterboud se beurt.”
Sy begin my altyd vrae vra oor my werk die oomblik as sy daardie brandende vitamiene B spuit in my boud druk.
“Uhhhhh... ja ek is nogal besig.”
Dis wat ek laas onthou het ek vir haar gesê het.
Ek word wakker op die vloer.
Die arme suster buk met ’n geskokte gesig oor my.
“Was dit baie seer?”
“Nee, ek voel bietjie sleg.”
Sy maak my sit op haar bedjie.
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog? Jou bloeddruk is vrééslik laag.”
Sy neem my pols en luister na my hart.
“Oeps, daar gee jou hart ’n skip!”
Dit laat my nie juis beter voel nie.
Ek stap daar uit met ’n afspraak vir ’n EKG en bloedtoetse.
Ek sweer dis psigosimptomatiese simptome want skielik voel ek sieker as toe ek ingestap het. Dis net oor sy vir my gesê het my hart gee ’n skip. Dis nie iets wat mens op deadline-dag wil hoor nie.
Ek kry ’n akute aanval van ipekonders want terwyl ek skryf, wag ek heeltyd dat my hart nog ’n skip moet gee.
“Ha ha ha!” sê ek die aand vir Gert oor die foon. “Ek kan nou eerlik vir jou sê my hart skip as ek met jou praat.”
Hy skrik hom dood en vra diskreet of my mediese fonds in orde is. Gelukkig vra hy niks van my testament nie, want dit sou my ipekonders glad nie goed gedoen het nie.
Vroegoggend trek die dokter ’n gelling bloed en die suster stop my ’n glasie in die hand.
Daai dekselse glasies. My blaas kan nooit op demand deliver nie.
“Jammer, ek kan regtig nie.” Ek kry ’n botteltjie “om later die middag terug te bring”.
Nou vir die EKG.
Ek word vol jel gesmeer en plakkers geplak om vas te stel of ek die oggend gaan oorleef.
Die dokter vertel my “hoe gelukkig mense met lae bloeddruk is” en dat die hartkloppings deel is van die kwaal.
Somehow voel ek nie op die oomblik baie “gelukkig” oor my kwaal nie. Ek voel of ek weer gaan uitpaas.
“En hoe lyk sake met jou mammogram en papsmeer?”
Ek voel ’n beklemming om my skippende hart. As hierdie man my nou vir knoppe gaan bevoel en ’n papsmeer doen, gaan ek sweerlik uitpaas. Dis die soort ding waarvoor ek sielkundige voorbereiding nodig het. Nie iets wat aan my gedoen kan word nadat ek reeds gemartel is nie.
Gelukkig word dié “aangenaamhede” bespreek vir oor ’n maand by die ginekoloog.
“As jou bloedtoetse terug is, kan ons vir jou medisyne gee.”
“Maar ek kan nie wag nie. Ek MOET nou beter voel! Ek is op deadline!”
Die man verstaan duidelik niks van deadlines nie. Geen toetse, geen medikasie.
Ek gaan stop desperaat by die gesondheidswinkel.
Die gawe vrou vra my na my eetgewoontes.
“Piesangs!, Jy MAG dit nie eet as jou bloeddruk laag is nie!”
Ek eet omtrent ’n tros op ’n dag ...
Ek kry Himalaya Rock Salt, druppels vir lae bloeddruk en ’n multivitamien wat R300 vir 150 kapsules kos! Mens moet vyf per dag drink ...
“O, en gaan koop ’n flessie Bovril en eet dit tussen etes,” groet die vriendelike vrou aan wie ek pas omtrent die helfte van my huispaaiement betaal het.
By die huis neem ek al my nuwe doepa en sit en wag dat ek beter moet voel.
Niks gebeur nie.
My gewete oor die twee onproduktiewe dae raak erger as die lamheid en ek gaan sit by my rekenaar.
Na ’n paar eposse, korreksies en hierdie blog, voel ek of ek darem weer ’n skip in my produktiwiteit het.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "Olyfhemp"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 9
Ek het vanoggend weer die versnipperde hemp, wat die hospitaal vir my gegee het, onderin my kas raakgekyk en probeer dink wat noem mens ‘n item waaraan jy so klou? Want dis nié ‘n troosbersie nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: "Stakers beduiwel rekord-eksamen"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die geluid van vuvuzela's het nie vanoggend dieselfde uitwerking op my as tydens die Wêreldbeker nie. Ek voel bietjie soos 'n gek.
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
















Kommentaar