Martie blog: "Meetsnoere van genade"
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
Met kwistige kwashale verf die vrou haar oordeel. Oor iemand se seerkry en hartseer verf sy dik hale swart verf. Die emmer waarin sy haar verfkwas doop, is skynbaar diep. Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek terwyl ek na haar luister. Ek het al met mense gepraat wat misdade gepleeg het, dwelms gebruik het, hul lewensmaats verkul het.
Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging?
Is dit verkeerd om - volgens die vrou met die verfkwas se oordeel - 'n insig te probeer kry in die storie agter die storie?
Sy glo dis simpatie wat ek uit my jammerhartigheid skep.
Maar ek glo ek weet beter.
En ek is tevrede daarmee.
As die lewe my nie ook al kliphard onder die jis geskop het nie, sou ek anders oor baie situasies kon dink.
Ek is intens dankbaar daarvoor. Dit het my teruggebring aarde toe.
Ek het geleer die mensdom se oordeel is geweldig genadeloos oor situasie waarvan hulle eintlik maar min weet.
Oor koppies tee en glase wyn het ek ook voorheen vryelik my mening uitgespu. Tot ek in die bek geruk is.
Glashuise.
Toe ek onlangs party trek vir 'n veroordeelde, laat 'n kennis my weet: "Ek het 'n emmer vol klippe en ek is gereed om te gooi ..."
Sjoe, my ou, weet jy waarvan jy nou praat? Het ek gewonder.
Ek het na my val 'n hoë klipmuur om myself gebou.
Want dit keer my om nie so maklik 'n klip te mik nie ... en ander moet hel hard mik om my raak te gooi.
O, weet ek nie hoe lekker dit is om in 'n koor te oordeel nie? Sappig en lekker.
Maar as een van jou ruite aan skerwe spat, dink jy twee keer voor jy volgende keer saam sing. Ek onthou nog goed die woorde van 'n vrou vir wie die lewe nog net geglimlag het.
My lewenskrisis het vir haar skynbaar maklik gelyk om op te los. Sy het gemeen ek het nie genoeg geloof nie.
Sy het my gemeet met die goed bedoelde maatband van iemand wat op wie die son helder skyn.
"Dink jy nie ..."
Ek het geluister hoe maklik die oplossing volgens haar sou kon wees.
Geloof.
My skat, het ek so mooi as moontlik probeer sê, mens verstaan GELOOF beter as die lewe jou hard op jou sterre laat beland.
En hier waar ek op my sitvlak sit, glo my, weet ek van GELOOF.
Sy is jonk en mooi en talentvol en leef in 'n verwysingsraamwerk waar alles mooi en goed en wonderlik is. Ek hou my hart vas vir haar want sy sal nog moet leer van die lewe se toetse en beproewings.
En dis waar jou geloof werklik getoets word.
Maar die mense met die emmers swart verf ...
Ek was ook eens so.
Ek ken 'n vrou wat al tien jaar sê sy is jammer vir die sondes wat sy in die gemeenskap se oog gepleeg het.
"Gaan dit ooit genoeg wees?" vra sy my een aand in trane. Gaan dit?
Hoe kan ek vir haar sê dit sal waarskynlik nooit genoeg vir mense wees nie?
Ek kyk sprakeloos na die vloei van die verfkwas. Kwistige hale.
Deur die glasvenster lyk die swart verf vir my baie strak.
Goddank ons word in sentimeters van genade geoordeel.
Sewentig maal sewe keer.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "Stakers beduiwel rekord-eksamen"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die geluid van vuvuzela's het nie vanoggend dieselfde uitwerking op my as tydens die Wêreldbeker nie. Ek voel bietjie soos 'n gek.
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
















Kommentaar
Charlene het gesê:
Martie,dankie...ek is een van daai mense wat haar ware vriende op haar een hand kan tel juis omdat ek altyd die storie agter die storie soek,nee, uitsoek.Omdat ek vas glo dat daar in elke mens iets goeds skuil. Die wêreld laat mens nie sommer jou wandade vergeet nie, inteendeel is ek verlede jaar deur my buurman daaraan herinner dat ek die aanval in my huis moes verwag -'jy voer dan al jare lank die straatkinders'.Vergewe en vergeet?...
25ste Aug. 2010, 17:18Johnny het gesê:
Ai daar staan so baie tussen die lyne...
24ste Aug. 2010, 11:15Ben het gesê:
Diep Martie. Soms is dit juis daardie diep krap wat die wond genees....
23ste Aug. 2010, 20:44Judy Lessing het gesê:
Mooi storie Martie.
23ste Aug. 2010, 15:11Tanya O'Connor het gesê:
HIerdie gaan ek druk en vele kere vorentoe lees! Dit is goed vir my siel!
23ste Aug. 2010, 13:02