Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
Foto’s: verskaf Galery
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
Ek leun vooroor in die saal en streel saggies oor haar wit maanhare en die kant van haar kop.
Sy luister met aandag na elke woord terwyl ons rustig die paadjie tussen die groen weiding en die ertjieland afstap.
"Jy is beslis die mooiste perd in die wêreld. Al hou jy daarvan om in die stof en modder rond te rol. Grênd vroue in die stad betaal honderde rande vir so 'n mud wrap en buitendien gee dit jou so 'n strawberry blonde voorkoms," so boost ek haar ego oor haar hare, nes myne, in alle rigtings staan. Haar lang hare is vol modder en stof. Myne staan so oor ek kroontjies op verkeerde plekke het.
"En jou spierwit lang wimpers kontrasteer pragtig met jou swart oë. Geen lashes in 'n maskara-advertensie sal ooit mooier kan lyk nie."
Versigtig is haar naam. Oor sy in die veld altyd versigtig is vir dinge wat sy nie ken nie.
"Ook maar soos ek in die lewe is," verseker ek haar.
Op haar rug vergeet ek hoe hard ek vandag gewerk het. Sy is die rede hoekom ek my shrink nie meer nodig het nie.
Ons doen altyd die sundowner-rit.
Die son sak anderkant die Vaalrivier agter die Koepelberge. Ek dink met 'n lekker gevoel in my hart dat ek vier jaar gelede dié tyd van die dag in die spitsverkeer tussen Sandton en Linden vasgesit het.
Terwyl van my vriende nou na die traffic report luister, hoor ek en Versigtig hoe die voëls mekaar vertel waar hul vlerke hulle vandag orals heen geneem het.
Dit lawe ons siele.
Sy is my gunsteling. Dié wit perd wat maar net nie skoon kan bly nie. Sy laat haar nie deur Tjaka boelie as hulle saam gery word nie. Sy wil voor wees. As hy dit waag om voor haar te probeer indruk, trek sy haar ore so effe agtertoe. Dan moet mens maar ferm met die toom stuur voor sy happerig begin raak. Ek verstaan hoe sy voel.
Tjaka is 'n ouer hings. Hy laat dié merrie met die sterk wil maar begaan. Goeie ou Tjaka.
"Goed so, my meisie! Moenie toelaat dat mans ooit voor jou indruk en jou boelie nie. Hulle moet jou respekteer want maak nie saak wat Prinses van jou sê nie, jy is 'n lady." Sy en Prinses deel 'n kamp. Prinses laat my aan Paris Hilton dink. Ek verstaan hoekom Versigtig haar wil hap. Ek sou ook.
Thunder is die een wat nie kan verduur om agter 'n merrie te gallop nie.
"Tipies," skinder ek in Versigtig sê oor. "Jonk en arrogant, maar hy weet net nie hoe hy uit mis nie. Hy mag dalk dink die slanke Prinses wat op kamp staan en jaloers runnik oor sy nog te vurig is om te ry, het sexy boudjies en dun enkels, maar hy kry nooit kans om ons twee se vroulike rondinge van agter te sien nie! Sy verlies my girl."
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soethappie kyk ek en sy mekaar betekenisvol in die oë. Dan vryf ek haar oor die voorkop en die fluweelsagtheid van haar neus en sit sommer 'n klontjie in my kies ook.
Ons verstaan mekaar. Ons merries.
Ons sal dit anderdag afdraf.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "Olyfhemp"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 9
Ek het vanoggend weer die versnipperde hemp, wat die hospitaal vir my gegee het, onderin my kas raakgekyk en probeer dink wat noem mens ‘n item waaraan jy so klou? Want dis nié ‘n troosbersie nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: "Stakers beduiwel rekord-eksamen"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die geluid van vuvuzela's het nie vanoggend dieselfde uitwerking op my as tydens die Wêreldbeker nie. Ek voel bietjie soos 'n gek.
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
















Kommentaar