Martie Swanepoel blog: Blogband
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
My laaste skanse teen die vooruitgang het met die skryf van 'n boek geval. My getroue werksmaat van bykans tien jaar, my Sony-bandopnemertjie, het finaal die gees gegee. (Sy voorganger, die Panasonic, het afgetree toe ek sy parte met 'n rek bymekaar moes begin hou en met behulp van prestik die batterye in posisie moes vasplak. Hy is steeds in my laai.)
Ek kan nie eens begin om te dink hoeveel bekendes en beroemdes se stemme daardie "masjientjies" al opgeneem het nie.
Ek het 'n kassie met 'n argief van ou bandjies. Op een sê een bekende hy weet nie hoekom hy sy vrou verkul het nie, op 'n ander een vertel 'n rugbyspeler snikkend hoe drank en dwelms byna sy loopbaan vernietig het, 'n sangeres vertel van haar aborsie in die sewentigs, op een vertel 'n oud-staatshoof se vrou hoe sy buite die eg op hom verlief geraak het en dan is daar die klassieke een waarop 'n jong en jeukerige sanger baie onvleiende goed vir my skreeu oor ek in the line of duty vir hom 'n sensitiewe vraag moes vra. (Nie dat dit my gewoonte is om onsensitiewe vrae te vra nie.)
'n Ruk gelede al het ek 'n digitale opnemer gekoop, 'n JNC. Nugter weet waarvoor dit staan, maar jy kan ook musiek op hom luister en selfs na video's kyk. (Dit het my paniek eerder vergroot as om my te beïndruk. Ek WIL nie op 'n snaakse gedoentetjie so groot soos 'n vuurhoutjiedosie en so dun soos 'n koevert video's kyk nie. Ek wil klou aan my ou roetine van 'n bandjie indruk en PLAY en RECORD gelyk druk.)
My kind sê die JNC is soos 'n superweergawe van 'n MP3 Player. Vir my gee die ding angsaanvalle.
My eerste onderhoud op hom was met Steve Hofmeyr. Ek het ewe nonchalant die ou Sony langs die JNC neergesit.
"Wat op aarde doen jy?" vra Steve my daar in sy studeerkamer.
"Ek gebruik die ou bandopnemer as 'n back up, want ek vertrou nog nie die nuwe een nie."
Steve wou hom doodlag, maar toe ek dieselfde met Ian Roberts doen, het hy my dilemma verstaan.
"Ek trust ook nie 'n masjien as ek nie die kassetband kan sien draai nie," het hy my verouderde gewoonte verdedig.
Ja, besluit ons toe beide, 'n masjien wat nie eens 'n knoppie het wat sê "Fast Forward" en "Rewind" nie, so 'n ding gaan 'n mens lank vat voor jy hom vertrou.
So besluit ek toe (seker teen my eie beterwete) op 'n dag om vir 'n baie belangrike onderhoud vir 'n boek die moderne JVC by die huis te los. Net ek en my getroue Sony vat die pad Pretoria toe.
My bandjies netjies genommer en in volgorde sit ek hulle tussen my en Cezanne Visser se ma, Susan Lemmer, op 'n koue winterdag op haar dubbelbed neer. Kombersies oor ons bene, koffiebekers in die hand en 'n plak Lindt-sjokolade tussen ons, gaan ons twee nou lekker gesels ...
Gelukkig het ek die neurotiese gewoonte om so nou en dan terloops te loer of die bandjie nog draai.
En daar steek ta toe sommer vas. Genoeg gehad van 10 jaar se onbaatsugtige diens.
Paniek slaan in koue sweet teen my slape uit. My onderhoud vir die dag is nog net kwartpad! Gelukkig is die Menlynsentrum net om die draai.
Ek jaag soontoe, draf Game binne en soek desperaat na "'n bandopnemer wat nog met bandjies werk". Die man by die toonbank kyk my aan asof ek met 'n time machine uit die tagtigs gou kom kuier het.
Ek stap R1 000 later daar uit met 'n Olympus digitale opnemer. Dié het darem 'n groen liggie wat wys sy battery is nog oukei en jy kan die digitale sekondes sien aftik.
Ek is dus terug by 'n Olympus, maar dié een lyk soos 'n mini-ruimtetuigie vergeleke met die Olympus-tikmasjien waarop ek in die vroeë tagtigs by Beeld leer stories skryf het.
Ja, ek en hy moet mekaar nog vind.
Ek vertrou hom steeds nie, want, soos Ian Roberts tereg sê: "Hoe weet mens dit wat ons nou gepraat het, is binne-in daai dingetjie?"
Verwante artikels
-
Dít het die resessie vir Tallie geleer
SARIE - Mei 2010
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Olyfhemp"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 9
Ek het vanoggend weer die versnipperde hemp, wat die hospitaal vir my gegee het, onderin my kas raakgekyk en probeer dink wat noem mens ‘n item waaraan jy so klou? Want dis nié ‘n troosbersie nie.
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
-
Ontmoet die ware Tallie - sarie.com se gewildste blogger
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 29
Op sarie.com het sy aangrypend geskryf oor haar emosies nadat haar man sy werk verloor het. Nou onthul ‘Tallie’ haar identiteit en vertel hoe haar lewe verryk is.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Toe my man sy werk verloor - Tallie deel haar dagboek
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 52
Tallie besef hulle het hul vriende nodig...
















Kommentaar