Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
Vir 'n breukdeel van 'n sekonde oorweeg ek dit om nie stil te hou by die ongelukstoneel oorkant die plakkerskamp nie.
Ek is reeds laat vir my afspraak in Pretoria. Vreeslik selfsugtig dink ek ek het nie tyd nie. En dis gevaarlik. Sug. Hoekom is ék weer die eerste een op 'n ongelukstoneel?
Mens is vreeslik selfgesentreerd in jou eie haastige bestaantjie. Soms te haastig om menslik te wees.
Die man wat skuins oor die sitplek van sy bakkie lê, kon een van my geliefdes gewees het, beskuldig ek myself toe ek langs hom gaan sit.
Sy bakkie het heen en weer oor beide kante van die snelweg getol.
Ek verwens myself weer dat ek nie ten minste chirurgiese handskoene in my kar het nie. Al wat ek by my het, is twee bottels mineraalwater.
Ek weet nie veel van noodhulp af nie, maar keer dat die polisiemanne wat vinnig op die toneel is die man sommer net uit die bakkie ruk. Ek weet darem dat mens nie sommer 'n beseerde moet hanteer nie ingeval hy sy nek of rug beseer het.
Ek bied aan om by die man te sit terwyl die polisiemanne die stukke takke en dele van die man se bakkie wat oor die pad gestrooi lê van die besige snelweg verwyder.
'n Groep nuuskieriges van die plakkerskamp drom vinnig om die bakkie saam.
Ek dink aan die vreemdheid van die lewe. Hier sit ek op 'n snikhede Saterdagoggend saam met 'n vreemde man in sy bakkie voor Sebokeng. Die man het hulp nodig en al wat ek kan doen, is om te hoop die ambulans kom gou.
My instink sê vir my ek moet sy natgeswete voorkop met die water laaf. Dit help en dit lyk of hy begin reageer.
Hy het geen dokumente aan hom nie. Iewers is daar 'n gesin wat nie op hierdie oomblik weet hulle geliefde is in nood nie.
'n Jaar gelede het ek op pad werk toe gesien hoe 'n vragmotor 'n jong Zimbabwiër raakry. Ek het geweet ek sou laat vir werk wees as ek stilhou, maar het toe ook gevoel ek het geen keuse nie.
Die polisie wat die jong man gejaag het voor hy onder die trok beland het, het dadelik aangeneem hy is dood. Maar toe ek op die teerpad by hom gaan sit, het ek besef hy leef nog.
Dit was kort voor Kersfees. Daar op die teerpad het ek Robert Mugabe sit en verwens want ek het gevoel dit is sy skuld dat die polisie die jong onwettige immigrant oor die besige pad gejaag het.
Die jong man het waarskynlik hoop en 'n nuwe lewe in ons land kom soek en nou lê hy kort voor Kersfees sterwend op 'n teerpad in Vanderbijlpark.
Ek het sy voorkop gestreel en vir hom gebid want ek kon sien sy oë raak glasig en sy asemhalinmg al vlakker. Ek het gebid vir die ma iewers in Afrika wat besig was om 'n jong seun te verloor.
'n Man het tussen die verkeersopeenhoping deur in my rigting gehardloop en 'n paspoort op my skoot neergesit. "He is my brother."
"He is still alive" is al wat ek kon uitkry voor hy vinnig tussen die nuuskierigs verdwyn het.
Hoe wreed is die lewe. Die arme man vrees die polisie so dat hy nie by sy sterwende broer kan bly nie. Ek kan my indink hoe dit hom moes skeur om weg te stap van die ongelukstoneel.
Sy broer het minute later gesterf. Sy naam was William Madimbe. Hy was twintig jaar oud.
Ek weet nie wie die vreemde man is in wie se bakkie ek nou sit en wag vir die ambulans nie.
Sy gesig boer die res van die dag in my gedagtes. Ek sal seker nooit weet wat met hom gebeur het na ek weggery het nie.
Ek hoop net as dieselfde tragedie eendag een van my mense tref, sal 'n haastige mens in 'n breukdeel van 'n sekonde besluit om tog maar stil te hou.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog oor Aardklop-kunstefees: "Mieliewoede"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Ek wou eintlik net 'n grys broek kom koop. Ek was nie voorbereid op 'n heruitbreek van die Boere-oorlog in een van Aardklop se tente nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "My strykyster verstik"
SARIE - Oktober 2010
By die huis gaan sit ek die klip wat sê ek moet die lewe aangryp in die tuin neer. "Ja, oukei, oukei ... ek verstaan nou jou boodskap!" praat ek met die klip. Koos kyk my aan asof hy dink ek het nou finaal my varkies verloor.
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Haasmoord
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Amazing grace, how sweet the sound ... Selina se stem kom uit die tuin aangesweef. 'n Effense spot tussen die gewyde woorde. Dan volg 'n ontstelde onderonsie tussen haar en Lieneke.
-
Martie Swanepoel blog: Karoo-maan
SARIE - November 2010
Het jy al die maan sien sak en die son se opkom beleef? Op dieselfde oomblik?
-
Martie Swanepoel blog: Koffie soapie
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Die hunk van 'n akteur sit reeds vir my en wag in die koffiewinkel. Hy sien my, staan op en omhels my.
-
Martie Swanepoel blog: Maak oop
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Watter gastroënteroloog sal jy in jou jy-weet-wat laat loer: ’n Aantreklike of ’n befoeterde een?
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Ons MOET trou!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 12
“En nou vir ’n bomskok, ek dink ons moét trou ...” Daar in die Mimo’s om elfuur die oggend op ’n Donderdag staar ek vir die man oorkant my.
-
Martie Swanepoel blog: Oor tanne en klas
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Liewer sonder voortanne as sonder klas. Ek is lus en twiet dit oor die lugweë.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
















Kommentaar
narnia het gesê:
wooohoo nice post!
11de Des. 2010, 11:26Stephanie het gesê:
Agge nee Martie. Hoe ontstel jy my nou. Hoe ontstellend die gedagte dat daar daagliks duisende mense in vrees lewe omdat hulle "onwettig" is. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Europa. Kyk maar na die Roma. En die miljoene elders in Afrika wat nie onwettig is nie, maar daagliks moet vlug voor moordbendes wat deur hebsug, korrupsie en magsbeheptheid aangevuur word.
12de Okt. 2010, 09:08Gert Bosman het gesê:
Pragtig Martie! Jy't die regte ding gedoen! Wens die res van ons mensdom was ook nog soos jy.
11de Okt. 2010, 21:54