Martie Swanepoel blog: Hartskok
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
Ek sit in die kardioloog se wagkamer met vorms van een van my man se lewenspolisse. Hulle wil hê die dokter moet invul hoe ernstig my man se hartkwaal was.
Die dierbare man op wie se skouer ek al soveel keer gehuil het skryf dat my man vier hartaanvalle gehad het voor die noodlottige een en dat hy twee miniatuur springs in sy are gehad het om dit oop te hou. Dan was daar die pasaangeër wat niks daarvan gehou het as my man 'n whisky te veel gedrink hê nie.
Ek stap met die vorms na die intensiewe waakeenheid van die hartsaal se wagkamer. Ek weet nie hoekom ek daar gaan sit nie.
Die laaste keer wat ek daar was, het 'n gesin oorkant my gesit en huil.
Dit voel soos gister ...
Op die bed links van my werk mediese personeel met 'n vrou wat besig is om 'n hartaanval te kry. Op die bed regs van my lê my man. Sy hart fladder 185 slae per minuut. Agter die gordyn hoor ek hoe hulle die vrou herhaaldelik skok. Dan is daar 'n stilte.
Die geskarrel rondom Johan se bed word intenser. Ek word uit die pad gedwing. Hulle trek die gordyne voor my toe en ek staan na die twee stelle toe gordyne voor my en kyk.
Ek weet die vrou links van my het pas gesterf. Regs van my hoor ek die dringendheid aan die dokters en verpleegsters se stemme. Ek weet Johan is in lewensgevaar, maar ek staan net daar soos 'n zombie.
Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor. Netnou was dit 'n te vinnige piep piep piep. Ek het goed geweet wat dit beteken.
Ek was al hier waar ek op hierdie oomblik is. Ek onthou hulle het my 'n vorige keer blitsig uit die waaksaal geneem. "Kry die vrou hier uit..." ek onthou elke woord en die dokter se stemtoon presies. Maar dié keer staan ek net daar. Ek weet nie hoekom nie. Niemand sien my raak nie, want hulle is besig om vir my man se lewe te veg.
Vrees vang my vas in die breukdeel van die sekonde na die skokgeluid. Ek ruik Johan se borshare brand. Dan begin 'n stadige, ritmiese piep piep piep. Ek kan nie spontaan reageer nie. Ek moet dink: Hoe moet jy nou reageer? Moet jy histeries raak? Is jy veronderstel om te huil?
Ek het eerlikwaar nie vir myself antwoorde nie. Ek staan net daar. 'n Suster neem my agter die gordyne in. Johan is wakker. Ek probeer 'n grappie maak: "Sien jy hoeveel mense gee vir jou om? Kyk net hoe staan ons almal hier om jou bed." Johan glimlag flou oor die commotion wat hy pas weer veroorsaak het. "Hulle is hier want hulle wil net weer geld uit my maak." Dis my en Johan se ding. Dis asof humor ons soms herinner ons leef nog. Ek is hier want ek het jou lief, wil ek sê. Maar ek sê dit nie.
Daar is verligte glimlagte rondom my man se bed. Hy is baie swak en ek word gevra om in die wagkamer te gaan sit. Die gesin van die vrou wat pas gesterf het, kom sit by my. Hulle kry tee. Ek staar voor my uit want ek voel dit sal 'n inbraak maak op hulle privaatheid as ek met hulle praat.
Wat kan ek in elk geval vir hulle sê? Hulle geliefde is dood en myne leef ... Ek sit met die vorms op my skoot en wag.
Maar niemand bring vir my tee nie.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie en Jacoline Williams
"Nooit het sy gekla nie, as ons hartseer en mismoedig was (baie keer), was sy die een wat gesê het, ons moenie “worry” nie ..." - Martie, ma "Nooit het my ma gekla nie, maar altyd die positiewe in als gesien, party dae was dit moeilik, maar sy het altyd blymoedig gebly." - Jacoline, dogter
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Olyfhemp"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 9
Ek het vanoggend weer die versnipperde hemp, wat die hospitaal vir my gegee het, onderin my kas raakgekyk en probeer dink wat noem mens ‘n item waaraan jy so klou? Want dis nié ‘n troosbersie nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Nagsluiper
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ek het lank 'n stryd teen ontwykende slaap gestry voor ek aanvaar het ek is 'n nagdier en die wondere van die nag ontdek het.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
















Kommentaar
Esta het gesê:
Baie dankie vir jou blog. Jy verstaan. Sterkte
29ste Sep. 2010, 15:23