Martie Swanepoel blog: My laaste dieet
My soettand is amptelik deur 'n reeks bloedtoetse uitgetrek. Insulien-weerstandigheid was die diagnose wat my lewe verander het.
My suikervlakke het gegrens aan diabetes en ek het goed geweet wat dit beteken. My pa was 'n diabeet en hy is aan komplikasies daarvan dood.
Ek wil nooit so ly soos my pa die laaste paar jaar van sy lewe gely het nie. Hy het 'n stuk van sy voet verloor en sy energie en menswees is deur die gevorderde stadium van die siekte opgevreet.
Tipe-2-diabetes is in sy middeljare by hom gediagnoseer nadat hy baie gewig verloor het en siek begin voel het. My pa het ook 'n vreeslike soettand gehad en so het 'n jare lange stryd vir hom begin. Hy het nooit vrede gemaak met sy siekte nie. Na sy dood het ons lekkers tussen sy klere weggesteek gekry. Ek het besluit dat ek my suikervlakke gaan beheer sodat ek nooit 'n volslae diabeet word nie. Ek het onmiddellik vrede gemaak met die situasie en van die dokter af gery en 'n trollie vol lae-GI-kosse gaan koop.
Liesbet Delport en Gabi Steenkamp se boek Eet vir volgehoue energie lê al 'n paar jaar op my rak. Ek het al onderhoude met hulle gedoen, maar ek het nooit kon dink hulle dieet sal my 'n nuwe lewe gee nie. Vier maande gelede het ek erg duiselig begin voel. Permanent. Ek het floutes gekry en was verskriklik moeg. Eintlik het ek lankal vermoed daar is iets verkeerd met my suikervlakke. Ek het lomerig en moeg gevoel na ek stysel en soetgoed geëet het.
Ek het binne 'n week op die Lae-GI-leefwyse beter begin voel. Nie 100% nie, maar beter. Ek het nou eers die 100%-vlak bereik en ek voel super-fantasties! Nou besef ek eers hoe siek ek werklik vier maande gelede was. Ook hoe energieloos ek al jare voel!
Ek was nog nooit iemand met goeie gebalanseerde eetgewoontes nie. Van jongs af het ek geglo ek is kamma oorgewig. Nou weet ek ek was toe nie vet nie, maar ek en vriendinne het als van die Beverly Hills-dieet, die Atkins-, die Scarsdale- en die af-weeg-diëte probeer. Nou weet ek ek het myself met die jare siek gemaak. Ek het my arme metabolisme van uiterste na uiterste geskommel.
Maar dis te laat vir trane en min vroue gaan hulle aan my preke steur.
Ek is nou 'n lae-GI-dissipel. Ek sal NOOIT weer my liggaam uithonger nie. Ek eet nou vier maaltye per dag (vyf sou beter gewees het) en knibbel tussenin aan 'n appel of my eie energie mengsel van pampoenpitte, sonneblomsaad, neute en rosyne. Soggens vroeg eet ek hawermoutpap en teen tienuur eet ek volgraan lae-G-beskuitjies met Marmite of ansjovis. (My bloeddruk is baie laag) My koskas is nou vol gepak met verskillende bone, lensies en koring. Ek eet lae-GI-brood en lae-GI-pasta en baie vis en hoender en hope groente en slaaie. Ek was nog 'n nooit 'n groot rooi vleiseter nie, maar sal so een keer per maand 'n stuk steak eet.
Ek geniet dit om die heerlikste geregte op te tower! Niks boring aan mydieet nie!
Ek word soms lus vir sjokolade, maar eet liefs die soort vir diabete. As ek wil wyn drink, verdun 'n ligte droë wyn met Sprite Zero of ek drink 'n dun whisky met Sprite Zero.
Ek het nie drasties gewig verloor nie, maar is na vier maande 5 kg ligter. Sonder hongerte!
Weens my druk werkprogram is ek nog nalatig met die oefen, maar ry darem twee keer per week perd. Ek glo ook vas aan gereelde vitamiene B inspuitings.
"Ek gaan jou wiks tot jou ore oop is," het 'n kollega se pa lank terug vir haar boetie gesê. "My ore is nou oop! My ore is nou oop!" het hy na die tweede hou gegil.
My ore is ook uiteindelik oop! Nou pak ek regtig die lewe met volgehoue energie aan.
Verwante artikels
-
Anri van der Linde oor gesond eet, drink en oefen
SARIE - Mei 2010
Hoe bly jy koelkop mooi met 'n eie sake-onderneming, 'n woelige kleinding en 'n renjaer-man? Anri van der Linde, wie se tweede baba amper gebore word, deel haar lewensfilosofie
-
Diabetes: Statistieke, bekendes wat dit het + 10 maklike resepte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 7
Hier's die statistieke, bekendes wat daarmee leef en 10 maklike resepte.
-
Donnalee Roberts: Agter die skerms by SARIE GESOND 2010-voorbladsessie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
7de Laan se Donnalee Roberts is die ene groot glimlag, tipies van positiewe energie waarmee sy alles in haar lewe aanpak.
-
Eet uit - sonder om gesond eet-voornemens te kelder
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: 'n Jaar ná die 'loony bin'
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 9
"'n Jaar gelede het ek uit die psigiatriese eenheid van 'n hospitaal gestap. My gesin spot steeds hoe baie twak ek gepraat het. Ja, ek was die kluts lekker kwyt."
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Geduld-o-meter
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Ek staan en wag by ’n drukkery vir ses bladsye om uit te druk. Die assistent kliek op die rekenaarmuis en staar verby my; kliek op die rekenaarmuis en staar verby my; kliek op die rekenaarmuis en staar verby my; kliek op die rekenaarmuis en staar verby my.
-
Martie Swanepoel blog: Haasmoord
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Amazing grace, how sweet the sound ... Selina se stem kom uit die tuin aangesweef. 'n Effense spot tussen die gewyde woorde. Dan volg 'n ontstelde onderonsie tussen haar en Lieneke.
-
Martie Swanepoel blog: Karoo-maan
SARIE - November 2010
Het jy al die maan sien sak en die son se opkom beleef? Op dieselfde oomblik?
-
Martie Swanepoel blog: Klippie in die hart
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 4
Ek sit met geluk toegevou in my handpalms. Soos ‘n blinkgepoleerde rooskwarts hart voel ek die gewig teen my lewenslyne rus.
-
Martie Swanepoel blog: Koffie soapie
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Die hunk van 'n akteur sit reeds vir my en wag in die koffiewinkel. Hy sien my, staan op en omhels my.
-
Martie Swanepoel blog: Maak oop
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Watter gastroënteroloog sal jy in jou jy-weet-wat laat loer: ’n Aantreklike of ’n befoeterde een?
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Ons MOET trou!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 12
“En nou vir ’n bomskok, ek dink ons moét trou ...” Daar in die Mimo’s om elfuur die oggend op ’n Donderdag staar ek vir die man oorkant my.
-
Martie Swanepoel blog: Oor tanne en klas
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Liewer sonder voortanne as sonder klas. Ek is lus en twiet dit oor die lugweë.
-
Martie Swanepoel blog: ’n Lewer vir Anci!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 3
“Anci is nou in die teater. Skenker lewer is jonk en spotless ...”
-
SARIE GESOND nóú te koop!
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 11
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures
-
Sarie.com-blogger Martie Swanepoel: "My oomblik van waarheid"
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Martie Swanepoel se blog vertel van haar lewe op die knus plattelandse dorp Parys in die Vrystaat. Maar eers moes sy weer leer leef.
-
Vrou oorleef valskerm-val - sy praat met sarie.com
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Marietjie du Plessis se valskermsprong het Saterdag lelik skeefgeloop toe sy met ‘n pletter val ‘n motor by die Parys Dome-fees getref het. Drie dae later kon sy in haar bed regop sit!
















Kommentaar
Amelia het gesê:
Hoekom die vitamien B inspuitings? Wat kan dit alles vir ons doen wat goed is?
8ste Feb. 2011, 14:53