Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
"Don't feed the monster," sê Francis.
Nou watter monster bedoel jy? Die bedrieglike mens wat my opnuut 'n woede-aanval laat kry het? Nee, ek wil hom nie feed nie. Ek wil hom soos 'n lastige vlooi tussen my naels dooddruk! Ek wil ...
Francis reken ek moet my vuurwarm emosies op 'n ander manier ontlaai.
Sy weet waarvan sy praat want sy sê sy het al baie onaangename gedagtes oor veral haar ex gehad.
"Reinheid in die gedagtes, reinheid, suster," sê sy, is wat ek liefs moet probeer pleks van wraaksugtige plannetjies soos om 'n stuk vrot vis in die man se posbus te gaan plant.
Op die net regte tyd vra Lydia ek moet vir haar 'n storie skryf oor die emosies van dans. Ek sluit gedagtes van 'n oorlogsdans uit my kop en bespreek ter navorsing 'n maand se intensiewe sensuele dansklasse by Belinda, my belly dance teacher. Dié kan ek immers later nuttig gebruik.
Ek vra ook vir Zack om my te leer tango. Ek is lus om smeulend in 'n vleiende rooi rok oor 'n dansvloer te gly.
Gert word gewaarsku om intussen sy stywe spiere los te maak met fisio, want ons twee gaan een van die dae by kerslig oor my grasperk tango en vir eens my bemoeisieke buurvrou iets sappig gee om oor dié vrolike weduwee te sê.
Oeps! Daar gaat die onreine gedagtetjies al weer ...
Ek was gou 'n hoop skottelgoed sodat ek weer deugsaam kan voel.
Met 'n boepensmandjie vol wyn en piekniekkos, 'n lantern en 'n kombers gaan hou ek skemeraand piekniek langs die rivier en waardeer fantastiese mense se geselskap. Ek vererg my nié vir die vrou wat sê my peetkind, die sjokolade labrador met die hope hondevreugde, steur haar Skotse gebroedseltjie nie. Ek neem my glas wyn en gaan sit op 'n stomp na die sonsondergang oor die rivier en kyk
Saterdagoggend brand aromaterapie-olies op my lessenaar wat my heilsame inspirasie moet laat inadem terwyl ek werk.
Maar op Facebook lê die versoeking en skuil soos metropolisieman Swannie agter die Barragebrug se pilare op die N1.
Pleks van om 'n patronizing vrou se aanmerking met 'n tikkie skerpheid te antwoord, skryf ek 'n pragtige ou boodskappie.
Trots op myself voel ek die reinheid oor my spoel.
Na so 5 000 woorde se skryf, dink ek, miskien moet ek daardie nuwe jogaboek deurblaai wat ek vanoggend om terapeutiese redes gekoop het?
Okei, ek weet ek hét al 'n jogaboek. Dit staan langs my boek oor Pilatus-oefeninge. Maar 'n mens het altyd nog 'n hoek nodig om 'n ding aan te pak. Ek het immers versterkings nodig op my roete na reinheid van gees.
Ek het lanklaas joga gedoen. Met die regte outfit aan, gaan maak ek my met die boek tuis op my slaapkamermat.
Ha! Dit begin met die savasana, die corpse position waarin 'n mens ontspan. Daarmee is ek besonders goed! Ek doen helende visualisering in my nuwe aanpassing van die lotusposisie. (Ek weet nie hoekom nie, maar my bobene is vreeslik gewel vandat ek dit laas gedoen het.)
My gunstelinge is steeds die cat pose en ek kry darem nog die parsvakonasana reg en strek soos 'n ballerina sywaarts.
Wat het ons hier? Die Warrior Pose I? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
Ter wille van my reinheid blaai ek liefs aan na die prasarita padottanasana. Mens staan met jou bene so wyd as jy kan en buig vooroor om jou kop op die grond te raak terwyl jou hande jou anker.
Ek dink dis my lae bloeddruk want my prasarita padottanasana gaan oor in 'n vooroor rol.
Dr. Bonkers en Vettie sit skoon regop soos hulle my helende oefeninge aanskou. Ek weet hulle dink hiérdie vrou is vandag beslis nie lekker nie.
'n Paar van die ander posisies werk ook nie meer so goed soos laas nie. Maar dit keer my nie om re rol en strek en myself in 'n spasma in te lag nie.
Sondag gaan loop ek kaalvoet in die kanaal en sit op die stoep en kyk hoe my kinders krieket speel.
Met rooi lippe gaan loer ek met begerige oë na die nuwe William Kentridge uitstalling op die dorp en bewonder 'n beeldhouwerk van spoelhout en visse.
Ek gaan koop nog 'n boek, bestel tea tree plantjies en vang 'n cat nap.
Ek het eintlik beplan om die naweek 10 000 woorde te skryf aan my boek, maar ek het in ruil 10 000 heerlike sekondes beleef.
Dit was nog net drie dae op my nuwe reine reis en ek voel klaar nie meer lus om die monster te voer nie.
... maar, wat van ek skiet die stukkie vrot vis deur sy kantoorvenster met 'n kettie?
Verwante artikels
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie Swanepoel blog oor Aardklop-kunstefees: "Mieliewoede"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Ek wou eintlik net 'n grys broek kom koop. Ek was nie voorbereid op 'n heruitbreek van die Boere-oorlog in een van Aardklop se tente nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "My strykyster verstik"
SARIE - Oktober 2010
By die huis gaan sit ek die klip wat sê ek moet die lewe aangryp in die tuin neer. "Ja, oukei, oukei ... ek verstaan nou jou boodskap!" praat ek met die klip. Koos kyk my aan asof hy dink ek het nou finaal my varkies verloor.
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Koffie soapie
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Die hunk van 'n akteur sit reeds vir my en wag in die koffiewinkel. Hy sien my, staan op en omhels my.
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Nagsluiper
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ek het lank 'n stryd teen ontwykende slaap gestry voor ek aanvaar het ek is 'n nagdier en die wondere van die nag ontdek het.
-
Martie Swanepoel blog: Ons MOET trou!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 12
“En nou vir ’n bomskok, ek dink ons moét trou ...” Daar in die Mimo’s om elfuur die oggend op ’n Donderdag staar ek vir die man oorkant my.
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
















Kommentaar
Martie Swanepoel het gesê:
Ek maak my gedagtes rein en druk die delete knoppie sommer 'n hele paar keer. DIE EINDE
8ste Nov. 2010, 00:06ingrid het gesê:
Druk die delete koppie nou!!!!!!11111 En bevry jouself van die judas WAT JOU HELE BESTAAN BESOEDEL.Gebruik jou energie op meer postiewe gedagtes en dade dit kan jou net geestelik verryk en emosioneel volwasse maak dit behoort n uitdaaging te wees en die resultate siels vereikend.
7de Nov. 2010, 22:32Judy Lessing het gesê:
Daai Judas... my kop vul weer opnuut met die vreeslikste wraakgedagtes, miskien 'n stukkie vis versteek iewers in sy enjinkap....but then, die pes-essens verdien geen energie van enigeiemand af nie. Jy het aan beweeg, dit is die belangrikste. Wis hom uit jou lewe deur die "delete knoppie"te druk. Elke keer as jy aan hom dink of hom op straat sien, visualiseer dit.
26ste Okt. 2010, 09:41Isabella Niehaus het gesê:
Ummmmm. Reine gedagtes is erg edel. Maar jy mag monster gedagtes he...draai hulle net altyd in mooi wit papier, of sagte spier witte melkdoek toe...met beautiful groot strik.....dan's hulle rein!!! Mal oor al jou stories. Groot druk hier van die Duinhuis af xx Bella.
25ste Okt. 2010, 20:41Tanya O'Connor het gesê:
Te lekker gelees!
25ste Okt. 2010, 16:10Grappie de Klerk het gesê:
Wanneer word hierdie wonderlike goed in 'n boekvorm uitgegee?
25ste Okt. 2010, 10:49