Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
Dis kwart voor drie die oggend. Ek ry uit op die Lindequesdriftpad. Ek gaan my kind na sy matriekafskeid se after paartie haal.
"Sjoe, jou ma is cool om ons dié tyd van die oggend te kom haal. My ma sal dit nooit doen nie," sê die vreemde kind wat saam met ons in die motor klim.
Is ek regtig cool of is ek 'n oorbeskermende ma? Neuroties?
Ek en my kind het tot 'n sinvolle ooreenkoms gekom vir die aand. Hy kan gaan, maar ek neem hom en gaan haal hom.
Ek besef hy moet volgende jaar alleen in 'n woonstel in Johannesburg gaan woon om te studeer en dat ek hom moet kan vertrou om tussen reg en verkeerd te onderskei. Ek weet en glo hy kan. Van sy kant weet hy dat hy my genoeg kan vertrou dat ek drie-uur in die nag op 'n vreemde plaaspad sal uitry om hom te gaan haal.
Dis vir my baie moeilik om die leisels te laat gaan. Ek gaan hom met 'n swaar hart in die stad agterlaat om alleen sy ding te doen.
Ek besef nou hoe my ouers moes voel toe ek alleen oorsee gegaan het. Hoe swaar dit vir hulle moes wees om my alleen by 'n universiteitskoshuis af te laai.
Miljoene ouers voor my het die vrese al oorleef wat ek nou het.
Hoe het hulle? Soms voel dit ek gaan nie deur dié ding kan kom nie.
Ek moet myself kondisioneer om my kind toe te laat om die grootmenswêreld te betree.
Hy was 'n vreeslose kleuter wat altyd in die ongeluk beland het. Hy het die waaghalsigste toertjies gedoen wat hom meer kere in 'n noodeenheid van 'n hospitaal laat beland het, as wat ek op skrif bekend wil maak. Soms het ek soos 'n ellendige ma gevoel wat nie dié klein mensie se nuuskierige ontdekkingstogte kon beheer nie.
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde. "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
Sy graad nul juffrou in Weltevreden Park Primary het by fisieke aktiwiteite FEARLESS geskryf.
My sussie het soms gesê Tinus maak haar senuweeagtig as hy speel. Die wêreld was vir hom 'n plek waarin hy sonder inhibisies kon ontdek en klouter.
Na die gebreekte bene, tientalle steke en twee maaguitpompings het 'n stil, rustige kind ontluik en later 'n baie laid back intellektuele jong man my verbaas.
My huis in Parys is 'n saamkomplek vir van jocks, af-vlerkies, nerds, cool dudes, eksentriekes en intellektuele. My kind trek hulle na hom toe aan.
Sy vermoë om mense met uiteenlopende persoonlikhede in krieket- en sokkerspanne en orkeste te organiseer, gee my hoop vir sy leierseienskappe.
Ek is dankbaar hy kom vra my of ek dink dis okei om hubbly bubbly te rook en net so dankbaar dat hy my menings ook in ag neem.
Hy beproef en leer, maar ek dank die Vader hy is blatant eerlik en dat ons saam kan ooreenkom, toegewings kan maak en debatteer.
Die hiperaktiewe, vreeslose klein ongeluksvoël is besig om in 'n grootmens te ontwikkel op wie ek trots is.
Ek weet nie hoe en wat ek en Johan reg gedoen het nie, maar in my agterkop weet ek my vrese vir volgende jaar is normaal, maar ook dat ek hom kan vertrou om die wêreld te gaan ontdek.
Hy is nie meer vreesloos halsoorkop nie. Hy weet presies wat hy met sy toekoms wil doen en hoe hy dit wil bereik.
Laas jaar met Aardklop het hy saam met 'n groep, wat hy nie goed ken nie, by die fees gaan kamp. Hy het my een nag twee-uur gebel. "Mamma, kom haal my, ek wil nie meer hier wees nie."
Hy het vreeslik verskoning gevra oor ek die 45 km tussen Parys en Potchefstroom alleen moes ry om hom te gaan haal.
Maar ek was eintlik so trots op hom. Hy was in 'n situasie waarin hy ontuis gevoel het
en hy het my genoeg vertrou om my te bel en hulp te vra.
Hoekom die vreemde kind se ouers nie daar was om hom na die after paartie te gaan oplaai nie, het niks met my te doen nie.
Maar toe ons by die huis kom en ek vier-uur die oggend saam met Tinus en Lieneke by die rekenaar na die Matriek-afskeidfoto's sit en kyk en oor al die opwinding van die aand kon praat, het ek 'n lekker warm gevoel in my hart gekry.
My klein terroris is nou 'n man.
"Gaan jy ons nie volgende jaar mis nie?" vra Lieneke een aand bekommerd aan haar boetie.
"Nee ... toemaar, ek joke net!"
Hy gaan hoë bome klim ... Ek hou my hart vas ... Maar ek weet hy gaan okei wees.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Nagsluiper
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ek het lank 'n stryd teen ontwykende slaap gestry voor ek aanvaar het ek is 'n nagdier en die wondere van die nag ontdek het.
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
















Kommentaar
Judy Lessing het gesê:
Hy sal okei wees. Tinus kan goed oordeel, hy is hardwerkend en 'n survivor. Sy hart is oop vir ander. Daar in Johannesburg sal hy hom ook ontferm oor die jocks, af-vlerkies, nerds, cool dudes, eksentriekes en intellektuele.
28ste Sep. 2010, 09:14