Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
Foto’s: Martie Swanepoel Galery
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
Vroegoggend gaan pluk ek vir myself 'n bos kruie en geurige takke om in 'n vaas op my lessenaar te sit. Ek kneus kort-kort van die blare en asem die lieflikheid van die lewe in.
Roosmaryn, olyf, 'n roketplant wat blom, laventel, 'n tak van die nartjieboom en 'n bos koljanderblomme.
Ek pluk graag bosse kruie. Party gaan kombuis toe, ander word in 'n vaas gedruk.
Ek deel dit ook as offergawes uit.
Toe 'n vriendin onlangs na 'n ernstige motorongeluk en koma herstel het, het ek weekliks 'n nuwe bos kruie langs haar bed gaan sit. Dit het haar herinner daar is lewe agter die pyn.
Waar die kruietuin nou staan, was 'n kaal stuk grond toe ek hier ingetrek het. Die hele tuin, behalwe die 25 bome was kaal en verwaarloos ...
Soos my lewe in daardie tyd gevoel het.
Ek het die grond begin bewerk en die hardheid van die aarde met 'n pik en kanaalwater saggemaak en genesende kompos ingewerk.
Party dae het ek gedink dat die barre stuk grond my gaan wen. Maar dit het nie.
Dié kruietuin te plant, was by my 'n dringende begeerte.
'n Dam vir die eende met speke beddings rondom het stadig nuwe lewe op die kaal stuk aarde gebring.
Ek wou nie die kruie-boeke op my rak raadpleeg nie. Ek moes die stukkie aarde se belofte self ontdek.
Soos ek die dieptes van my menswees leer ken het.
Die tuin het 'n klassieke kruietuin-struktuur, maar my kreatiewe gees kon nie weerstaan om plantjies deurmekaar te plant nie. Ek wil met elke kyk na die tuin 'n ander plantjie raaksien.
In vier jaar het my tuin 'n verlengstuk geword van die fase van my lewe wat ek hier op Parys kom beleef het.
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
Dit is die vingers in die grond steek, die meng van die kompos, die vasdruk van 'n plantjie en die reuk van vars natgemaakte grond wat vir my hoop gebring het.
Saam met die rowe oor my siel het ek plantjies sien groei en miniatuur-klein saadjies sien ontkiem en sterk plantjies word.
Ek self kon nie glo dat my geloof se mosterdsaadjies so sterk kon groei nie.
Voor my agterstoep het 'n stuk klipperige aarde 'n lushof van genesing geword.
Daar is al studies oor die emosionele uitwerking van kruie op die gemoed gedoen. Maar met my leke-kennis kan ek net vertel hoe dit my binneste laaf as ek in my aromatiese stukkie hemel werk
Daar moet iets betowerend aan my kruietuin wees want my Persiese kat, Max, het die tuin as sy huis aanvaar. Hy rol sy lyf oor die Penny Royal tot hy een wolbol aroma is. Hy kruip in onder die laventelbos en vly hom teen die tiemie.
Hy slaap dag en nag in die tuin. Een van sy gunstelingplekke is onder die roosmaryn- en laventelbosse langs kleikunstenaar en dramaturg Daleen Kruger se katbeelde of op die damwal langs een van die hasies van rivierklei wat Louise Kreussel vir my gemaak het.
Vroeg soggens en laat smiddags is my tuin op sy mooiste. Dan streel die sagte lig die plante. Ek kan ure op my stoep sit en daarna staar. Ek het selfs al in die nag in my klein heiligdom gewerk.
Ek beskou dit as sintuiglike terapie.
Vir dae gaan die vaas vol geur vir my oneindige vreugde verskaf.
My kruieboeke verduidelik wat dit is wat ek ervaar.
Die roket verdryf negatiewe emosies, koljander het vertroostende warmte, laventel se helendheid streel, sitrus se geur lig die gemoed lig en die olyftak bring vreedsame energie.
Aromas van vrede.
'n Bos aroma vir die gemoed uit 'n plek wat eens net rou grond was.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Ons MOET trou!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 12
“En nou vir ’n bomskok, ek dink ons moét trou ...” Daar in die Mimo’s om elfuur die oggend op ’n Donderdag staar ek vir die man oorkant my.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”






















Kommentaar
Judy Lessing het gesê:
Kruie, mmmm.......my gunsteling plante. Ek ervaar, sien, proe en ruik so ver as wat ek jou blog lees. Bly daardie tyd in jou lewe is verby Sus.
7de Sep. 2010, 08:59Tanya O'Connor het gesê:
Martie, ek het dit soo geniet om jou kruie plesier te lees! Moet sê ek verkies kruie bo blomme, en groen bo kleur. Rondom die huis is daar soveel fynbos en die mooiste plante, kruie is maar min in my tuin, net sand, daar groei darem bietjie roosmaryn en 'n bos of twee laventel. So lekker om te sien hoe die groen so deur die grond lewe kry.
6de Sep. 2010, 12:06