Martie Swanepoel blog: Verraad
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
Dit gaan sit vas in my keel soos 'n hap van 'n hardgekookte eier. Ek het 'n glas water nodig om dit af te sluk.
'n Vrou wie ek ken, sê sy weet haar man verkul haar, maar sy voel sy het finansieel nie 'n keuse as om te bly nie.
Hét mens nie 'n keuse nie?
Ek het in my vriendekring gesien hoe 'n man se affair 'n vrou kan verteer.
Verraad het ek al aan my eie lyf gevoel knaag.
Vandaar my heftige reaksie.
Nee, ek glo nie alle mans verkul hulle vroue nie. Ek haat ook nie mans nie. Ek is trouens baie lief vir hulle.
My reaksie is dus nie teen mans gemik nie. Vroue verkul ook hulle mans.
Ek kan net nie verstaan dat 'n mens voel jy het nie 'n keuse nie. Glo my, as 'n vrou wat al uit die as opgestaan het na verraad sê ek dit nie ligtelik nie.
Al leef jy van die een maaltyd na die ander. Al loop jy met jou voete. Jy hét 'n keuse.
Mens is dit aan jouself verskuldig. As iemand klaar 'n stuk uit jou siel geskeur het, hoekom sy kompulsiewe ontrouheid jaar na jaar toelaat om soos 'n kanker aan jou te vreet?
Jy laat toe dat 'n ander mens jou geluk bepaal. Jy is soos 'n gyselaar.
Judas het my op skool al verkul. Op universiteit ook, glo ek. Ons sou trou, maar toe verpletter hy my drome en ek huil tien jaar oor hom.
Na 28 jaar kom vertel hy my dat dit wat hy aan my gedoen het hom nog altyd gepla het en dat hy nooit opgehou het om vir my lief te wees nie. Aan die grens het hy in sy malariakoors glo my naam geyl ...
Ek en vriendinne en kollegas was skoon bewoë oor die roerende brief waarin hy my vertel hoe hy na my gesoek het en hoe sy een kind so blou oë hom konstant aan my herinner het.
As 'n mens deur 'n brose stadium van jou lewe gaan, val jy ondanks jou gesonde verstand vir sulke mooi woorde. Veral uit die mond van 'n man wie se verraad jou dekades lank in nagmerries geteister het.
Sonder om die sensasionele derms van die hele spektakel uit te ryg, kan ek jou nou 'n brief gee dat 'n skaap wat graag deur die draad breek, nooit daardie gewoonte afleer nie.
My pletter val was harder as toe ek 'n jong meisie was. Die man wat met groot beloftes drome in my brose gemoed kom plant het, het my op die wreedste moontlike manier verpletter en verraai. (Soos hy dit waarskynlik met sy vorige vrouens ook gedoen het.)
My familie, vriende, kollegas, kennisse, skinderbekke en aasvoëls wat graag die laaste stukkies vleis van jou siel afpik, het geweet my pragtige romantiese storie van die man wat my kwansuis nooit vergeet het nie, het platgeval. Selfs 'n skinderblad het daaroor gekwyl.
Die man wat die olyfplaas vir my sou koop. Die paleis net reg vir 'n prinses. Die blink kar, want net die beste is goed genoeg vir my.
Ek was vir hom beeldskoon, onweerstaanbaar, beminlik ... En ek hét vir 'n ruk so gevoel.
Better to have loved and lost than never to have loved at all ?
Jammer, maar die spreekwoord laat op die oomblik 'n slegte smaak in my mond.
Deur die waas van die geluk waarvoor ek so uitgehonger was, kon ek nie die krake raaksien nie. Miskien wou ek nie.
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is 'n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos 'n helium ballon.
Natuurlik is dit nie maklik om op te staan en aan te gaan as jy finansieel en emosioneel geruïneer is nie.
Jy doen dit met moeite.
Maar wat my gered het, is die feit dat ek besef het ek het 'n keuse om my menswees terug te eis.
Judas het klaar 'n negatiewe invloed op omtrent 30 jaar van my lewe gehad. Hoekom hom toelaat om nog een sekonde van my geluk te steel? Hy is dit hoegenaamd nie werd nie.
Glo dit as jy wil, maar hy het presies dieselfde storie gaan vertel vir die meisie met wie hy voor my op skool uitgegaan het! Hy het haar ook "nooit vergeet nie". Vir haar het hy ook "nooit opgehou liefhê nie".
Ek het byna van my kantoorstoel afgeval toe sy my by die werk bel en dié "romantiese" storie vertel. Sy wou eintlik uitvis wat die verbintenis tussen my en Judas was.
"O, hy het dieselfde storie vir my vertel. En wat my skok, is dat hy dieselfde roerende verhaal aan jou vertel het terwyl ek en hy nog 'n verhouding gehad het. Ons troudag was volgens hom net 'n kwessie van tyd. Soos toe ons op universiteit was ..."
Nee, sy het haar nie aan my waarskuwings gesteur nie. En ja, hy het enige verhouding tussen ons voor my ten sterkste ontken!
Sy het haar man gelos en met hom getrou. Dit is sy vierde huwelik.
As sy geluk getref het, goed vir haar.
Maar ek sê elke dag dankie dat my oë oopgegaan het.
Onlangs vertaal ek 'n stuk oor vergifnis en vergeet.
Die vrou wat dit geskryf het, se man was ook 'n serial bedrieër. Skinderblaaie het ook die sappigheid van haar mislukte liefde opgeslurp.
Gaan dit my as Christen uit die hemel hou as ek Judas nie vergewe nie? Ek werk daaraan. Op die oomblik wil ek verkieslik nie eens dieselfde lug as hy inasem nie.
Net toe ek dink my lewe het sy laagste laagtepunt bereik, het Judas my kom wys die lewe kan jou platter as plat klap.
Dis dié dat ek nie die gedagte afgesluk kan kry dat iemand bereid is om by 'n bedrieër te bly net oor sy dink sy het nie 'n finansiële keuse nie.
My liewe mens, ek het klippe gekou. Ek het geldelik gewurg, maar weet jy wat, ek staan vandag trots en regop.
Ek is so dankbaar vir die nuwe kans wat ek het om weer te leef en lief te hê. Om weer te vertrou. Want mens moet nooit ophou om aan die liefde te glo nie.
My nuwe geluk word gekoester en vertroetel. Dis myne en ek het baie hard daaraan gewerk om dit weer blink te poets.
Dit was my keuse.
Verwante artikels
-
Martie Swanepoel blog oor Aardklop-kunstefees: "Mieliewoede"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 7
Ek wou eintlik net 'n grys broek kom koop. Ek was nie voorbereid op 'n heruitbreek van die Boere-oorlog in een van Aardklop se tente nie.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Kantelende seën"
SARIE - Januarie 2011
Ek staan langs die swembad en staar na my dak. Hoe langer ek kyk, hoe groter word die gapende gat in die middel van my huis.
-
Martie Swanepoel blog: "My strykyster verstik"
SARIE - Oktober 2010
By die huis gaan sit ek die klip wat sê ek moet die lewe aangryp in die tuin neer. "Ja, oukei, oukei ... ek verstaan nou jou boodskap!" praat ek met die klip. Koos kyk my aan asof hy dink ek het nou finaal my varkies verloor.
-
Martie Swanepoel blog: "Photoshop die zits!"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Kom ek vra jou nou eerlik. As 'n vrouetydskrif 'n foto van jou neem en jy het daardie dag 'n aaklige zits op jou neus. Sal jy wil hê die fotograaf moet dit uit photoshop?
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Die Bar op De Aar
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 3
Almal weet daar is 'n bar op De Aar. Maar daar is ook 'n Toyota stasiewa. En ek en inspekteur Dirk soek sy eienaar.
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Koffie soapie
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
Die hunk van 'n akteur sit reeds vir my en wag in die koffiewinkel. Hy sien my, staan op en omhels my.
-
Martie Swanepoel blog: Maureen se laaste Kersfees
SARIE - Desember 2010
Ons het Kersmiddag by Maureen gaan kuier. Ek en Ma Tina het haar hande en voete met room gesmeer en parfuum aan haar gespuit.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Nagsluiper
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ek het lank 'n stryd teen ontwykende slaap gestry voor ek aanvaar het ek is 'n nagdier en die wondere van die nag ontdek het.
-
Martie Swanepoel blog: Ons MOET trou!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 12
“En nou vir ’n bomskok, ek dink ons moét trou ...” Daar in die Mimo’s om elfuur die oggend op ’n Donderdag staar ek vir die man oorkant my.
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
-
Martie Swanepoel blog: ’n Lewer vir Anci!
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 3
“Anci is nou in die teater. Skenker lewer is jonk en spotless ...”
















Kommentaar
ingrid het gesê:
good for you
26ste Okt. 2010, 18:55Martie Swanepoel het gesê:
Ingrid, ek dink nie jy verstaan die boodskap van die blog nie.Dit gaan juis oor opstaan en aangaan, maar NIE daaroor om die bedrieër te laat wegkom met sy sondes nie. As mens stilbly, beteken dit jy keur sy gedrag goed. Te veel vroue doen dit. Dan dink die bedrieglike man hy kan dit maar weer doen. Aikona! Natuurlik weet ek die lewe skuld my nie geluk nie. Ek het hope daarvan wat uit my borrel. Maar ek het ook geleer om op my regte te staan en nie 'n push over te wees as iemand my leed aandoen nie. Ek gaan nie eens met jou redeneer oor wat jy meen my my saligheid sal kos nie. En, ek is bitterlik baie lief vir myself. Dis hoekom ek dankbaar is ek is ontslae van Judas. Hiermee beskou ek die gesprek as afgehandel.
26ste Okt. 2010, 09:17ingrid het gesê:
Ja ek het weer jou blog verraad gelees . Niemand skuld jou geluk dit kom van binne jouself die werels skuld my niks so het ek agter gekom . Geluk is n keuse jou keuse dit kan nie gekoop of by ander gedwing word jy alleen is die skepper van jou geluk. Dit kom van vrede in jouself te kry deur God se Liefde vir jou die unieke mens te aanvaar en daarin te glo en uit te lewe. Deur eers lief vir jouself te wess soos God is dan kan jy dit uitdeel. Maar jy kan nie gee wat jy nie het. Ek jy kan niemand dwing om vir jou lief te wees. Mense beweeg aan . "Judas" het aanbeweeg en is gelukkig in sy 4 de huwelik ïts meant to be" Die gesegte if you love something let it go. . . Wees lief vir jouself.
24ste Okt. 2010, 16:37