Martie Swanepoel blog: Vier kerse
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
So skryf my vriendin.
Ek steek vier kerse aan.
Sielsuster in Switserland.
Jou hart breek soos net ’n ma s’n kan as jou kind teen die dood veg.
In watter verseboekie, in watter wyse se geskrifte, kry ek trooswoorde vir jou?
“In die gesig van Die Dood, daar waar jy Die Dood in die oë staar, en hy vir jou terugkyk, waar jy hom ruik, Martie, daar het jy God se Hand met ’n hoofletter nodig. Dit is nie vir sissies nie.”
In haar handsak dra sy ’n skulp wat sy op die Camino-pelgrimsroete in Spanje opgetel het. Hoe sou sy toe kon weet van al die treë van geloof en hoop wat sy nog sal moet stap?
Elke dag tel sy klippe op.
“Ek dra vandag een vir jou,” beloof sy my ... “Ook een vir Ilze in Lusaka.” Hoe lank kan ’n mens ’n swaar sak met geliefdes se laste so onselfsugtig dra?Sy ry hospitaal toe deur ’n kliniese Switserse stad. Sy sien pragtige standbeelde deur vensterruite vol reëndruppels. Daar wás dae dat sy daarna kon kyk en kon wens sy het dit met haar eie kunstenaarshande uitgebeitel.
“Maar iewers langs die pad het iets binne my doodgegaan,” bieg sy.
Wat beteken troos wat jy oor die kuberruim aanstuur? Of ’n SMS wat sê: “Moenie bang wees nie, ek dink aan jou.”
’n Kers brand vir my lagmaat. Sy is nou tweede op die lys vir lewer-oorplantings in die A-bloedgroep.
“God, U moet haar asseblief nie miskyk nie. U sal haar hoor, sy is die een wat so lekker lag. U sal haar raaksien. Sy is die een met die pers strepe in haar hare. Dra haar, asseblief. Dra die familie wie se harte so ruim gaan wees om vir haar nuwe lewe te gee ...” bid ek.
En my gunsteling- ou knorpot, ek weet jy sê heeltyd dit gaan goed en jy is te besig om pret te hê om siek te wees, maar ek het al ’n pak kerse vir jou gebrand.
Jou nuwe boek staan op die rak. Sal jou lesers weet jy het dit geskryf terwyl uitmergelende chemikalieë deur jou lyf gepomp is?
Maar ek weet ons gaan weer saam wyn drink, skinder en skater ... en by kerslig feeste vier.
Tot dan brand my kerse vir jou.
Die woord “borskanker” het my soos ’n koue skoot water getref.
Nee, nie sy nie! Nie my vriendin nie. Sy is dan ’n ma. Ma’s mag nie borskanker kry nie.
Maar wie verdien dit?
Ek bel vinnig.
“Ek gaan oiukei wees.”
Ek steek nou al ’n kers van dankbaarheid aan.
Die laaste vuurhoutjie brand te lank voor die pit vlam vat.
Ek voel die brandpyn.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: "Ons merries verstaan mekaar"
SARIE Augustus 2010
Ek weet nie hoeveel suikerklontjies Versigtig op 'n middag eet nie, maar met elke soetigheidjie kyk ons mekaar betekenisvol in die oë. Ons merries verstaan mekaar.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
















Kommentaar
freda de lange het gesê:
Dis die regte lewe daardie, dis goed wat net altyd met ander mense gebeur, jy bid vir hulle, jy beleef elke oomblik saam met hulle, maar jy staan nie in dieselfde paar skoene as hulle nie, tot die dag kom dat jy wens ander mense moet in jou paar skoene staan, dat hulle kan ervaar en verstaan hoe dit regtig voel om daar te wees. Mense dink jy is alreeds dood, dit is soos n mini begrafnis, net die wit kerkkoppies, reenboogtoebroodjie en frikkadeele kort, dis hoekom ek toe my eie begrafnisbrief geskryf het. Dit hoef nie n lang sad song te wees nie. Marthie, n bear hug vir jou ma, sy het dit so nodig en kerse is broodnodig om lig te maak. Dis nie die einde van alles nie, dis die begin van n nuwe onbekende wereld.
20ste Aug. 2010, 11:17freda de lange het gesê:
Dis die regte lewe daardie, dis goed wat net altyd met ander mense gebeur, jy bid vir hulle, jy beleef elke oomblik saam met hulle, maar jy staan nie in dieselfde paar skoene as hulle nie, tot die dag kom dat jy wens ander mense moet in jou paar skoene staan, dat hulle kan ervaar en verstaan hoe dit regtig voel om daar te wees. Mense dink jy is alreeds dood, dit is soos n mini begrafnis, net die wit kerkkoppies, reenboogtoebroodjie en frikkadeele kort, dis hoekom ek toe my eie begrafnisbrief geskryf het. Dit hoef nie n lang sad song te wees nie. Marthie, n bear hug vir jou ma, sy het dit so nodig en kerse is broodnodig om lig te maak. Dis nie die einde van alles nie, dis die begin van n nuwe onbekende wereld.
20ste Aug. 2010, 11:17Calize Swanepoel het gesê:
Ai tannie Martie, my hart bloei...
29ste Jul. 2010, 19:43Tanya O'Connor het gesê:
As jy 'n sak suurlemoene kry moet jy maar 'n kas tequila daarmee saam ook kry! Martie jy is 'n inspirasie! Ek stuur vele drukkies na jou toe!
29ste Jul. 2010, 16:15