Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
Chili wrap. Lose 15 - 50 cm within 1 hour.
Aha! Net wat ek nodig het vir die naweek se wegbreek uit mykluisenaarskap. As mense jou mos lanklaas gesien het, sien hulle dadelik as jy 'n bietjie lywiger geraak het.
Maar hier het ek nou 'n troefkaart. Ek maak dadelik 'n afspraak vir Saterdagoggend en kondig dit op Facebook aan sodat my vriende gewaarsku kan wees vir my transformasie.
"Is dit soos daai wrap wat mens by KFC kan eet?" vra Nikki spottend.
Benna laat weet: "Hie hie hie."
My sus meen ek gaan net water verloor.
Maar 'n hele paar van my maters is die ene ore.
As dit werk, gaan sy sommer vir 'n week se chili wraps bespreek, sê Ilze.
Saterdagoggend is dit effe snerpend. 'n Klein stemmetjie vra of ek nie maar kan bel en kanselleer nie? Maar nee, besluit ek, as ek vanmiddag die pad vat Johannesburg toe, gaan ek stunning lyk. In my kop beplan ek al my slanke outfits. (Wat ek natuurlik agter my "vet klere" heel agter uit die kas sal moet grawe!)
Ek gaan sit op Renette se masseerbed. Sy verduidelik hoe bestanddele soos rissiepeper in jou vel opgeneem word en jou bloedvate stimuleer.
Ek hoor woorde soos "ontgiftiging", "anti-selluliet", "vetverbranding", maar my kop bly draai rondom daardie sentimeters wat netnou gaan wegsmelt.
Ek word gemeet en gemerk met 'n swart pen. "Hmmm, jy is gelukkig, jy het stywe vet."
Ha! Stywe vet ...? Is dit goeie nuus? Ek voel al klaar maerder.
Maar ek bieg oor die CMC-dieet waarop ek nou al twee jaar is - Cupcakes, Muffins en Cappuccino's.
Die CMC-dieet verrig wondere as jy depressed en oorwerk is. Dis net die "stywe vet" wat so 'n nare newe-effek is.
Renette smeer my lyf en bobene met haar rissie-knoffel-en-aalwyn-room in en wrap my in plastiek tot ek soos 'n gestopte worsie voel.
Toegewoel onder 'n kombers, in die aroma van rissie en knoffel lê ek en wag dat die vet moet wegsmelt.
Ná 'n rukkie begin ek gloei. Dis so 'n lekker warm gevoel.
Voorwaar die saligste manier van maer word wat ek nog beproef het.
En glo my, ek het hulle al deurgedraf, die porsie-afweeg-dieet, die honger-ly-en- inspuiting-dieet, die Atkins, die Scarsdale, die koolsop, die Beverly Hills.
Toe ek jonger was, het ek geglo ek is vet. Nou wéét ek ek is vet.
Darem "stywe vet".
Ek word ont-wrap en weer gemeet.
As jy al die sentimeters oor my bobene en lyf saamtel, is dit 15 cm wat weggesmelt het!
Die liewe Renette sê ek kan eers oor twee uur gaan bad en waarsku ek moet liefs nie nou gaan shop nie, want 'n aroma van knoffel en rissie omhul my.
Maar my oggend is kort en met die geur van 'n chorizo-worsie draf ek deur die supermark en 'n paar klerewinkels.
Ek voel so maer ek wil net koop. 'n Gesigmasker en een van daai 10-minute-bokse daai (beslis dié keer een met 'n rooierige skynsel om by my rissie-slankheid te pas) beland in my mandjie.
Ek smeer, skuim en ontspan met 'n glas wyn in die bad.
Almal wat weet van my rissie-wrap-avontuur sê die aand dadelik ek lyk maerder (... want hulle is lief vir my).
Ek vertel vir Gert ek is gediagnoseer met "stywe vet".
"Ja, jy het nogal stywe vet," antwoord hy.
Ek dog ek gee hom 'n klap.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie blog: Ek kan in Frans hoes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek kan omtrent Mevrou Spogbuurt se duur krone op mekaar hoor klap. Haar mond is die eerste keer in ’n uur toe.
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: "Stakers beduiwel rekord-eksamen"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die geluid van vuvuzela's het nie vanoggend dieselfde uitwerking op my as tydens die Wêreldbeker nie. Ek voel bietjie soos 'n gek.
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
















Kommentaar
Jean-Marie Steenkamp het gesê:
As enige iemand ook die ervaring wil deel skakel gerus vir jou naaste salon om ook jou vetjies te laat diagnoseer. Chili Wrap bly die beste!!! Jean-Marie 072 142 9866
15de Nov. 2010, 12:35Julie Naude het gesê:
Gert kan bly wees ek is nie jy nie want dan het hy nou onder by die voet van n krans gelê. Ons sou dan moes swart klere koop. Arme Gert. Ek hoop jy gee hom al sy dae. Ek glo hy sal in die vervolg mooi dink voor hy weer ietsie sê teen ons vroulike stywe vette of die jong poppies se papperige vetjies
18de Aug. 2010, 11:07Isabella Niehaus het gesê:
Hoe lekker laat jy my lag.....ek gaan nou dadelik vir so behandeling hier in die Kaap soek!!! Hooooop ek het ook stywe vet!!!! Bella.
17de Aug. 2010, 18:25Gert Bosman het gesê:
Sjoe! Mens moet versigtig wees wat mens sê! :-). Volgende keer praat ek maar oor die voëltjies, lente en weer. Gert
17de Aug. 2010, 17:31