Martie Swanepoel blog: Destruction before creation
Hoe om jouself reg te ruk en die lewe ten volle aan te pak
Destruction before creation
Ek het sy naam ingetik en met my rekenaarmuis een kliek gegee.
Block this user. Kliek ... en daar sit ’n gat wat iemand vir 28 jaar in my lewe gevul het. Dit was vir my ’n oorwinning.
Toe ’n vriendin in die jare voor Facebook en rekenaars my vertel het hoe sy mense uit haar adresboekie Tipex, het ek gedink sy is wreed.
Maar sy het toe al wysheid gehad wat ek met jare moes aanleer.
’n Wyse vrou het my een keer die storie vertel van die man wat met ’n skaap onder sy arm loop. Die skaap is swaar en ongemaklik om te dra. Later vrek die skaap en so stap die man oor heuwels en berge met die dooie skaap onder sy arm. Die vleis begin ontbind en die stank omhul hom terwyl hy stap. Die vrotsel trek in sy klere in. Maar hy weier om die skaap neer te sit.
Dit het my laat nadink. Ek het ’n hele paar vrot skape onder my arm vergader. Ek het party sommer met ’n kruiwa probeer aanstoot.
Dis wat ons met mense doen wat nie goed is vir ons nie. Toksiese verhoudings, mense wat jou aftrek met hul negatiwiteit, skinderbekke, mense wat jou kritiseer, oordeel, jou aanval...
Dit kan ’n lang lys word.
Ek is baie sentimenteel en geneig om aan goed en mense vas te klou. Ek buig agteroor in verhoudings.
Dit het baie trane, terapie en slapelose nagte gekos om tot die besef te kom dat jy nie ander mense of hulle persepsies oor jou kan verander nie. Jy kán van jou kant af probeer.
Maar as iemand ’n vrot dooie skaap onder jou arm begin word, moet jy kies.
Nee, dis nie maklik nie.
Na ’n reeks traumatiese gebeure in my lewe het ek besluit om op te staan en weer te begin leef. En om te kan leef, moet ek ontslae raak van die vrot skape in my lewe.
Dis ’n ou cliché, maar gelaai met diep waarheid: Jy kan nie altyd kies wat met jou gebeur nie, maar jy kan kies hoe jy dit hanteer.
Ek het gekies.
Ek is 52 jaar oud en ek wil LEEF.
Ek maak foute, ek struikel, ek rou en huil. Maar ek kan elke keer weer opstaan, die stof afskud en besluit wat kan ek nou doen om die lewe opnuut aan te gryp.
Kobus Burger het vanoggend, asof hy geweet het ... die volgende waarheid op Facebook gelos:
“We must be willing to get rid of the life we've planned, so as to have the life that is waiting for us. The old skin has to be shed before the new one can come... You can't make an omelet without breaking eggs. Destruction before creation.” - Joseph Campbell (from A Joseph Campbell Collection)
Ek gooi daai ou velle af. Ek breek eiers en maak geurige omelette.
Dis my keuse.
Ek is ’n lojale, liefdevolle mens teenoor diegene wat dit verdien en wie ek verkies ek deel van my lewe wil hou. Ek staan by hulle deur hulle foute, geluk en daaglikse struggles. Ons verskil ... en vergewe mekaar. As die papaja die fên strike, trek ons laer.
Ek oordeel ander nie oor hulle besluite, oordele, oortuiginge en wat ook al van hulle die mense maak wie hulle is nie, maar ek het geleer om te besluit wie se teenwoordigheid, raad en insette ’n positiewe bydrae tot my lewe maak.
Ongelukkig werk die lewe wat ons beplan het, soos die wyse Campbell sê, nie uit nie.
Johan is gister presies twee jaar gelede dood. Ek rou oor dit wat ons beplan het, deurgemaak het en dit wat die afgelope paar jaar gebeur het. Op sy graf het ek laat inkerf: Wees vry en gelukkig.
En dis ook my drome vir my en my kinders.
Om dit te bereik, moet ek keuses maak want ek glo ons verdien van nou af net die heel beste.
Twee jaar gelede net na vyf het my foon gelui.
Gistermiddag vyfuur het ek en Lieneke op ons perde geklim en die veld in gery. Ons het nie gepraat nie. Die wind het ysig gewaai en die veld is plek-plek afgebrand.
Maar nog lank voor die eerste reën gaan kom, sien ek al groen spriete tussen die brandsel uitsteek.
Nuwe lewe.
Destruction before creation.
Verwante artikels
-
Martie blog: "Meetsnoere van genade"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 5
Daar moet iets met my verkeerd wees, dink ek. Hoekom sien ek die mens agter die situasie so maklik raak? Is ek dan 'n sucker vir oortuiging? Of het ek al 'n les geleer?
-
Martie se blog: "Vlieg soos ‘n arend"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Soms sê ek vir my kinders: “Kyk of julle McDermot sien ...” Dan maak ek ‘n onwettige U-ie in die middel van een van Parys se nou strate wat die verkeershoof stil sal skok.
-
Martie Swanepoel blog: "Balanseer-toertjie"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Hoe lank kan jy op ‘n tou balanseer? Ek praat van die tou van die lewe wat gespan is tussen punt A en punt B. Soos hoog in die dak van ’n sirkustent. Mens loop treetjie vir treetjie. Jou hande klem om jou balanseringstok.
-
Martie Swanepoel blog: "Ipekonders"
SARIE September 2010
Pomp pomp pomp. My arm raak lam van die druk. Shhhhhhhh, blaas die bloeddrukarmband af ... “Haai vrou, leef jy nog?”
-
Martie Swanepoel blog: "Sny die leisels"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
'n Vriendin se kleuter het behoorlik neulend aan haar rokspante gehang. Ek onthou nog goed haar woorde: "Ek wonder wie van ons is die gelukkigste. Ek wat altyd weet waar my kind is, of jy wat heeltyd jou kind uit die hoogste boom moet gaan haal."
-
Martie Swanepoel blog: "Stakers beduiwel rekord-eksamen"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 5
Die geluid van vuvuzela's het nie vanoggend dieselfde uitwerking op my as tydens die Wêreldbeker nie. Ek voel bietjie soos 'n gek.
-
Martie Swanepoel blog: Blogband
SARIE Augustus 2010
Ian Roberts kyk my nuwe digitale bandopnemertjie verdag aan.“Nou hoe weet ons dit wat ons nou praat, is in daai dingetjie?”
-
Martie Swanepoel blog: Dink-siekte
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 4
Die dokter het blykbaar nie ’n sin vir humor nie en is geskok. Ek dink hy oorweeg dit om die foon op te tel en die mense met die straight jackets te bel.
-
Martie Swanepoel blog: Ek kaap’n vliegtuig
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Iets in my het geknak en ek het besluit die vlug na Dar es Salaam gaan nié sonder my vertrek nie.
-
Martie Swanepoel blog: Gebed op 'n teerpad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die man wat op die motorsitplek worstel om asem te kry, is iemand se geliefde. Die sweet stroom van sy gesig af en dit lyk of hy besig is om 'n epeleptiese aanval te kry.
-
Martie Swanepoel blog: Gunste en gawes
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Die vrou rammel aan en ek probeer keer dat my mond nie verder oophang nie. Toe my ken net duskant my décolleté is, kry ek 'n woord in...
-
Martie Swanepoel blog: Hartskok
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Ek staan tussen die twee hospitaalbeddens in die harteenheid se intensiewe waaksaal. Ek hoor hoe hulle my man skok. My oor luister vir die piep piep van die hartmonitor.
-
Martie Swanepoel blog: Mevroutjie val toe weer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 10
Ek kry myself geweldig jammer. Ek wens iemand kon 'n lawende lappie vir my voorkop bring. Ná 'n halfuur bel ek op my sel my kind in haar kamer...
-
Martie Swanepoel blog: Reine gedagtes
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het ons hier? Die Warrior Pose? Ek wonder hoe Judas sal voel as ek voor hom in dié pose gaan staan ... (Hy sal waarskynlik dink ek is stapelgek! But who cares?)
-
Martie Swanepoel blog: Reünie
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek sluk sommer 'n groot sluk wyn en proes byna daaraan. Wat verwag jy as jy hoor die outjie wat in standerd vier langs jou gesit het, is nou 'n male stripper?
-
Martie Swanepoel blog: Rissie-wrap!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
In die aroma van rissie en knoffel lê ek soos ’n chorizo-worsie wat in glad wrap toegewikkel is – en ek voel behoorlik hoe die vet wegsmelt.
-
Martie Swanepoel blog: Tuin van hoop
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Ek weet nie of die een of ander wyse hom al daaroor uitgespreek het nie, maar ek glo elkeen wat deur 'n diep lewenskrisis gaan, behoort 'n tuin te plant.
-
Martie Swanepoel blog: Verraad
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 3
Die dag as jy besef die man wat jy op die hoogste troon gesit het omdat hy jou stukkende hart weer kom laaf het, is ’n verraaier... daardie dag bars jou lewe soos ’n helium ballon.
-
Martie Swanepoel blog: Vier kerse
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
“Die kepe langs my mond word al dieper. As ek myself in ’n spieël vang en ek sien daai kepe, wil ek huil. Maar dis die mond van ’n vrou wat al genoeg suurlemoene geëet het.”
















Kommentaar
Christiana het gesê:
S-s-s-martie! Jip! Ko's los die vrot skapies en stap aan. Dis soos stasie toe stap met al jou goed, ook die wat jy nie wil hê nie en dan dit net daar op die stasie te los wanneer jy opklim en aanry. Hoe lekker om laer te vat SAAM met jou (en Bella en die hele lot)!
13de Aug. 2010, 11:39cara het gesê:
Ek het 'n ler op my rekenaar met die naam 'positivity articles'. Hierdie gaan beslis daarin ge-kliek word! Pragig!
12de Aug. 2010, 20:18Isabella Niehaus het gesê:
Liewe Martie.....ek sien jou nog in ons vorige lewens by publikasies....jy wat al my kruppel skryfwerk moes regmaak. Rou is ok..of iemand dood of weg is..time heals en glo my dit is waar. Maar vir time om te heal moet mens hel baie delete. Jy moet laat gaan van baie drome..van baie goeters. Ek het 2 weke gelede al my tydskrif werk van 23 in 'n groen asblik gegooi...ek het my lief ma se briewe gelees...erg getjank en dit mooi met satyn strik weggegooi. Sy en baie ander goed bly in my hart waar hulle hoort...my ontslae raak GOED het plek gemaak vir iets anners....'n beautiful storie vir eendag as ons koffie drink. Ek lees jou elke keer en ek stuur groot druk vanaf die weskus . Bella.
12de Aug. 2010, 17:59Nelda het gesê:
Baie inspirerend. Dis dikwels moeilik om dit waarvan ek gedroom het, te laat vaar omdat dinge anders uitgewerk het. Moeilik om mens se nuwe realiteit te aanvaar as die enigste realiteit wat jy nou het.
12de Aug. 2010, 12:40Tanya O'Connor het gesê:
Oh my . . . hierdie is soooo goed! Delete delete delete wat nie goed is vir jou nie! Jy is die belangrikste in jou lewe! Dankie vir ons gesprek van gister, het plat op my boude op die gras gesit en gewens jy sit langs my, dankie vir die wyshede en dankie vir jou!
12de Aug. 2010, 11:32