Michélle van Breda vang sokkergees: "A-nee-a, dis 2010, dis Wêreldbekersokker, 'n vlag vir my motor sál ek koop."
'n Paar weke gelede is ek in Johannesburg, en wat begroet my? Duisende wapperende Suid-Afrikaanse vlaggies. Waar jy ry, sien jy hulle op motors, in busse en bo-op taxi's. Hier's iets aan die gebeur, dink ek opgewonde.
In die SARIE-kantoor hier in Kaapstad wapper die vlae by ons vensters, op ons lessenare en selfs op ons motors. In Kaapstad begin die opwinding nou opbou met 'n massiewe vuvuzela wat op een van die snelwegbrûe vasgemaak is, en 'n groot wiel amper nes die London Eye.
In haar Junie-redakteursbrief skryf Michélle van Breda:
"Ons was nog nooit gul met ons landsvlag nie. Iets wat ek nie verstaan nie, want ons het een van die heel mooiste vlae in die wêreld. Afrika-kleure: rissie-rooi, goudgeel, hemelsblou, grasgroen. En die Y-patroon duidelik die simbool van die eenheidspad wat ons as 'n nasie moet stap.
"Rugby- en kriekettyd, dán is die paviljoene en velde skielik 'n ontploffing van kleur soos ons ons vlag swaai. Net om weer weggepak te word tot 'n volgende keer. 'n Vlag sal ons nie sommer by ons voordeur plant, of in ons tuin of op ons dak laat pryk nie. In Amerika doen hulle dit - daar sien jy oral die star-spangled banner.
"Maar 'n paar weke gelede is ek in Johannesburg, en wat begroet my? Duisende wapperende Suid-Afrikaanse vlaggies. Waar jy ry, sien jy hulle op motors, in busse en bo-op taxi's. Hier's iets aan die gebeur, dink ek opgewonde. Kan dit wees dat ons die sokkergees begin vang en ons mompelinge oor skuld, padverleggings, bouwerk en toeskouers wat dalk nie gaan kom nie eenkant toe skuif?
"Op die lughawe sien die skoenpoetser my op 'n afstand aankom. Ek het 'n paar moeë, nou al vaalswart leerstewels aan. A-nee-a, sê Elvis, in 2010 kan niemand só lyk nie! Net R15 dan maak hy daardie stewels vir my só blink ek sal 'n sonbril moet dra. Hy begin vir 'n vale poets, maar eintlik wil hy net sokker praat.
"Oor die beautiful game wat hy in die township se stof leer speel het. Oor Bafana Bafana wat ons asseblief nie net moet afskryf nie. Mense kan maar sê wat hulle wil, afrigter Carlos Parreira word gereken, herinner hy my. Ek vertel hom ek was so pas in Brasilië en daar spreek hulle sy naam Pa-herra uit.
"Dankie, sê Elvis. Sulke goed is belangrik om te weet. Hy praat oor sy helde, wat hy binnekort elke dag op TV sal sien, en wie se skoene hy dalk sal kan poets. Wie's my gunsteling? vra hy. In my kop soek ek verwoed 'n naam, want ek kan Elvis nie nou teleurstel nie. Lionel Messi, antwoord ek. Hy hou op met poets en doen 'n vinnige dansie - ek't die jackpot geslaan! Hy lag van tevredenheid. Ja, besluit ons, ons sit ons swaar verdiende rande eers op Bafana Bafana (ons moet mos!), dan op Argentinië oor Messi.
"Ons onthou van Engeland, hulle het nie meer vir Beckham nie, maar Wayne Rooney is warm. Brasilië met Kaká moet 'n mens nooit onderskat nie, en wat van Italië? Hulle was immers die vorige wêreldkampioen. Nader aan huis klop ons harte warm vir die Ivoorkus met die blits-doelskieter Didier Drogba.
"Toe ek afkyk, blink my boots soos 'n spieël! Terwyl ek wegstap, onthou ek 'n Saterdagmiddag in Ghana op 'n straatmark. Ek soek krale, maar die manne sit met hul transistor-radio's styf teen die oor. Ghana speel teen Mali, en dis oorlog.Toe Ghana die eerste punte aanteken, ontplof die mark. Daar's 'n gedans,'n gejuig, toeters wat blaas. Ek wag om te betaal, maar die kraleman wil niks van geld weet nie. Hy's buite homself van vreugde. Hy hang die krale om my nek en sê: You South Africa. Nelson Mandela!
"Mark Feeesssshh! You take for free.
"Net daar op O.R.Tambo besluit ek a-nee-a, dis 2010, dis Wêreldbekersokker, 'n vlag vir my motor sál ek koop"
Verwante artikels
-
Gees: Kyk, dít het ons!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Lees Michélle van Breda se sokker-redakteursbrief uit die nuutste uitgawe van SARIE.
-
Michélle se April-redakteursbrief
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Vergewe. Vergifnis. Woorde wat maar swaar dra aan die emosie. Dink net aan die debatte en argumente wat dít nie in die laaste jare in SA ontlok het nie.
-
Michélle se Maart-redakteursbrief
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Ons sién nie altyd 'n ding soos ons moet nie. Veral nie as dit by ons land en ons eie skeppendheid kom nie. En dan vra dit soms 'n ander ding om te sién wat ons werklik moet. Wat sou die rede wees?
-
Michélle se redakteursbrief: 2010 - hier kom ons nou!
SARIE Januarie 2010
-
Michélle van Breda: Om te vergewe
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
-
Michélle van Breda: Soos ons dit sien
SARIE Maart 2010
Ons sién nie altyd ’n ding soos ons moet nie. Veral nie as dit by ons land en ons eie skeppendheid kom nie. En dan vra dit soms ’n ander ding om te sién wat ons werklik moet.
-
Michélle verklap gesprekke om die Lauders se etenstafel
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
En daar verras Aerin Lauder en haar span ons groep redakteurs (van sover as Rusland, Australie en Mexiko) gister behoorlik!
-
Motor v.d maand Kia Cerato
SARIE - Junie 2010
-
Motor v.d. maand - Audi Q7 TDI
SARIE - Mei 2010
-
PRETFOTO'S: Kaapstad se ongelooflike Wêreldbeker-gees
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Alhoewel die Sokker Wêreldbeker lank verby is, leef die herinnernge voort... Fotograaf Lizelle Lötter neem jou op 'n nostalgiese visuele reis.
-
SA se sokkergees
SARIE - Junie 2010
-
SA Wêreldbeker die beste nog - só sê 'n kenner
SARIE Julie 2010
-
Sokker ís groter as rugby
SARIE - Junie 2010
-
Verdien geld deur rond te rits!
SARIE September 2010
Lus om 'n ekstra paar rand te verdien sonder om iets te doen?
-
Victoria Beckham ontwerp die nuwe Range Rover se binnekant
SARIE Julie 2010
Sy was eers 'n sangeres, toe mode-ontwerper van haar eie klerereeks en nou het Range Rover haar gevra om die binneversiering van die nuwe model-reeks Evoque te ontwerp, berig Livestreetjournal.net


























Kommentaar
Susan Combrinck het gesê:
Ek weier om 'n vlaggie te koop. Die sokker het nog nie begin nie en die humeure loop al hoog vir die mense wat geen respek vir ander het nie. Ek en my man het vanoggend by die Post House restaurant in Clarens gesit om bietjie koffie te drink. Ek het vir die eienaar gesê dat hulle besigheid gaan verloor oor die geblaas van die vuvuzela's - hy het dit goed gedink dat die kelners elk 'n vuvuzela oor die skouer dra. Nadat ek ook vir die kelners gevra het om nie die vuvuzela te blaas nie het een van hulle direk in my ore belaas toe ons loop en die ander kelners het gedink dit is 'n groot grap en het heerlik gelag. Dit is mos nou 'n goeie voorbeeld van disrespek en daardie mense wat nie vir my respek het nie kan mos nie verwag dat ek vir hulle respek moet hê nie en in die verolg wanneer ons dalk weer na die restaurant gaan moet hulle nie enige fooitjie verwag nie. As dit so gaan by meer restaurente en ander plekke wil ek nie weet wat goed gaan uit die sokker kom nie.
11de Jun. 2010, 13:57Marie-Louise Myburgh het gesê:
Die vlae wat so op die maat van die Vuvuzelas in die Kaapse wind wapper lyk fantasties! Lekker sokker! Marie-Louise
9de Jun. 2010, 16:49