Peter Veldsman-blog: Gedagtes rondom Kersfees
Foto’s: verskaf Galery
Van 'n strandpiekniek, tot gevulde hoender, basiliekruidroomys en 3 lekker kookboeke. Peter inspireer met 'n paar idees.
Die span by my restaurant het 'n paar gedagtes oor Kersfees om te deel. Ek hoop dit inspireer jou.
Peter Veldsman - 3 boeke
Soos alte dikwels in my lewe hou ek daarvan om boeke as Kersgeskenke te gee. Vanselfsprekend is Marlene van der Westhuizen se Sumptious. Maar die wonderlikste, eerlikste kookboek wat ek nog in my hand kon hou, is Waar vye nog soet is deur Emilia le Roux en François Smuts. Dan is daar die liewe Errieda en Francois se Huiskok, Glanskok
Johan Odendaal (my sakevennoot) dink dat vanjaar se Kersgereg 'n ontbeende hoender is. Met stampkoring en droëvrugte-vulsel, opgerol en gebak is dit die ware Jakob om die broekskeur-jaar te besweer. Soos hy sê: "Voorspoed is 'n voorreg, nie 'n reg nie." Dit pas by sy lewensfilosie dat die slegte tye daar is om ons te herinner dat die goeie tye om die draai wag.

Nikos Mamakis (Emily's se bestuurder) is 'n Boere-Griek (sy Ma is Afrikaans, sy Pa Grieks). Nikos het mode-ontwerp studeer en het jare lank die produksie van Gerrit van Rooyen se Thomas Red-ontwerpe behartig. Tans verdeel hy sy skeppende vermoëns tussen Emily's en sy eie mode-onderneming NIKU, wat in ontwerpers-onderbroeke vir mans spesialiseer. Soos te wagte gaan hy en 'n jongklomp Kersfees langs die see vier met bruchetta, tapenade en allerlei smere, ligte wyn, denkbare en ondenkbare olywe, Spaanse, Franse en Duitse ham en 'n torta di Sienna vir agterna.

Andrew Whelan, Emily's se hoofsjef, wat 'n paar maande gelede vir die tweede keer pa geword het, bied 'n familiefees by sy huis aan. Hy gaan een van die restaurant se treffers, basiliekruidroomys, met aarbeie en groenspanspek as nagereg voorsit.

En ons studente? Hulle is maar te bly om by die huis te wees en Ma se kos, by wyse van verandering, te kan geniet sonder om self 'n vinger te roer!
Ek groet tot later en onthou om te kom inloer.
Liefde, Peter.
PS: 'n Glasie op Emily's
Die afgelope maand was besonders goed vir my restaurant. Soos almal in die kosbedryf het ons ook maar deur 'n lang en droefgeestige winter gegaan, maar nou skyn die son weer. Die Kaapse mense eet weer uit en rosegeur en -kleur is aan die orde van die dag. Ons het die hoogste toekenning (Diamant) van Diners Club vir ons wynlys en wynversameling ontvang, is deur American Express aangewys as een van net enkele Platinum-eetplekke in Kaapstad en les bes het ons die eerste plek behaal in die Wes-Kaapse kompetisie vir eetplekke wat in winkelsentrums handel dryf.

Goed en wel, maar wat is nuut op die spyskaart?
Kekerertjie-tjips!
Verwante artikels
-
5 vrae aan sjef Chantel Dartnall
SARIE KOS Herfs 2009
-
Die geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009
Ons onthou spesiale dae deur hul kleure én geure. 6 bekendes deel hul koester-herinnerings om Kersfees
-
Eksklusief! Peter Veldsman blog vir sarie.com
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 4
Hy's 'n oud-kosredakteur van SARIE en 'n meester op sy gebied. Peter Veldsman blog ekskusief vir sarie.com. Maak seker jy mis nie sy kosstories, spesiale resepte en al die lekker kos-gesels nie
-
Maak jou eie geskenkkaartjies en Kersboom vir Kersfees 2010
SARIE - Desember 2010
Het die Kersseisoen jou alweer oorval met min tyd oor en baie om te doen?!
-
Nuwe kosredakteur, Herman Lensing, se puttanesca-resep
Klik vir die resep wat hy in sy RSG-onderhoud genoem het
-
Peter Veldsman blog oor kluitjies + hy gee 2 resepte
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
Ontdek hierdie winter die eenvoudige waarheid van boerekos. Dis eg en eie aan ons aard. Peter gee twee heerlike resepte en vertel hoe kluitjies regoor die wêreld smaak...
-
Peter Veldsman blog: "In die sop"
SARIE Julie 2010
Gegroet, liewe blog-lesers! In Sarie Kos Winter 2010 is 'n foto van drie geslagte kosredakteurs van die tydskrif: Die aantreklike jong Herman, Barbara en die uwe. En 'n klompie geregte uit my kombuis.
-
Peter Veldsman blog: Sous-vide, Sannie Smit en varkfilet - die Franse manier
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 8
Vanoggend kyk ek na 'n televisie-kosprogram. Dit gaan oor sous-vide, die nuutste "hype" in koskringe.
-
Peter Veldsman kos-blog: Blondines, Mosambiek en meer
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 9
Lees wat hy oor blondines, Mosambiek en Marlene van der Westhuizen se nuwe kookboek in die nuutste inskrywing van sy blog te sê het.
-
SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!





















Kommentaar
Elmarie Kemp het gesê:
Haai Peter en Johan Mis julle! Sit voor die kaggel terwyl ons eerste winterstorm buite baljaar .... klink die strandpiekniek wonderlik. Ek en Theo het vanoggend 'n massa sneeu weggeshowel!!! Ons gesin gaan darem na Playa del Carmen, Mexico, toe van Kersfees tot na Nuwe Jaar. Ek & Theo sien julle September. Verlang na 'n lekker kuier by Emily's - dankie vir die lekker saamkuier in Junie. Liefde Elmarie Kemp, Red Deer, Alberta, Kanada
6de Des. 2009, 09:58