Tanya O'Connor
-
Tanya O'Connor blog" 'n Kop vol pap'
SARIE November 2011
Vroeg oggend lui die foon, ek ken nie die nommer nie. Die dag is grys en vaal, dit reën en ek is op pad om te gaan pyp rook langs die see. My pyp is goed vir my psige en elke keer ontdek ek meer oor kalmeer in die smeulende kooltjie!
-
Tanya O'Connor: 'Ek en Lucrezia sê eers koebaai!'
SARIE Oktober 2011
-
Tanya O'Connor blog: "'n Kierie met 'n storie"
SARIE September 2011 | Kommentaar: 1
En toe is hulle tussen my en haar, sy kies die hasepad, vinnig in haar kar en sy trek weg dat die stof so staan. Die groot mannetjie kom staan teen my, ek vryf sy kop, dit voel so natuurlik.
-
Tanya O'Connor blog: 'Is dit 'n waarsku?'
SARIE September 2011
Dit is asof die huis saam gesels om die vuur. Ek los die deur net so, vir hierdie huis het ek respek gekry. Soms voel ek soos ʼn gas hier, soms soos ʼn ontdekkingsreisiger.
-
Tanya O'Connor blog: 'Akasia kom kuier'
SARIE Augustus 2011
Ek sien eers die mandjie waterblommetjies voordat ek die mens sien, en WAT ʼn mens is dit nie.
-
Tanya O'Connor blog: 'Oor Hart potte en onverwagte gaste . . .'
SARIE Augustus 2011
Waaraan dink jy wanneer jy wakker word? Wat is jou heel eerste gedagte?
-
Tanya O'Connor blog: 'Kom swem saam...'
SARIE Augustus 2011
Tyd staan stil wanneer jy jouself geniet en ook wanneer jy niemand het om aan verantwoording te doen nie.
-
Tanya O'Connor blog: 'Swart water'
SARIE Julie 2011 | Kommentaar: 2
Die water is swart, daar is nie ‘n rimpel op nie. Ek sit eers my voete in die vlak water, die nattigheid spoel oor my voete terwyl ek dieper in stap. En dan draai ek om.
Die water is swart, daar is nie ‘n rimpel op nie. Ek sit eers my voete in die vlak water, die nattigheid spoel oor my voete terwyl ek dieper in stap. En dan draai ek om. Ek was nog nooit een vir swem in ‘n dam of rivier nie, wat swem nie alles op die bodem rond nie? Wat wriemel daar onder rond en miskien het dit tande en kan my byt. Maar dit is baie warm en die dam is al plek waar ek kan gaan afkoel.
Ek gaan haal my Crocs in die bakkie, dit kan mos aan my voete vasbly en ek gaan nie swem nie, net afkoel.
Hier is niemand in die omtrek nie, ek het dae laas die trop bobbejane gewaar en die stilte is oral. Daar is nie ‘n wind wat waai of ‘n visarend wat van hom laat hoor vandag nie. Alles is waarlik doodstil. Die stilte kom vanuit die kranse aangesweef en ek verbeel my hoe die niksheid daar tussen die rotse moet voel.
Hier gaan ek, dit is nou of nooit en ek stap die dam in. Die water vou om my lyf, van ver af is dit swart maar ‘n diep rooi wanneer jy jou lyf daaronder bekyk. My vingers, my arms, my skouers voel veerlig. ‘n Warm stroom kom van êrens uit die aarde en wriemel om my bene. Dit is so heerlik. Die water is sag, dit voel soos ‘n wonder room wat my bevryf van kop tot tone. Die rustigheid sluip in my binneste in.
Ek dompel my kop onder die water en ‘n saligheid spoel oor my. Ek hoor hoe die water van my afval en ek dryf dieper in. My voete vat nie meer aan die bodem nie maar ek word ondersteun deur ‘n onsigbare lugmatras.
Deur die riete kom ‘n fluit se melodie, die water word gestreel deur ‘n onsigbare wind en dit moet DIE wind wees wat die musiek maak. Ek soek na die fluitspeler maar sien niks, net ‘n paar perdebye wat van riet na riet vlieg en vir ‘n wyle vertoef.
Ek dryf oral op die dam rond, skop skop die water en swem stadig nader teen die rotswande wat die natuurlike poel vorm. Daar groei niks, nêrens is ‘n padda of vissie nie. Dit is asof die stilte alles verdryf het en dit is net ek in hierdie alleen plek.
Sedert ek Lucrezia se amatis ontdek het, het ek dit nog nie van my nek afgehaal nie. Ek het ‘n leer riempie uit ‘n boks opgediep en dit veilig om my nek vasgemaak. Die steen dryf saam met my al langs die rotshange, tot ek by ‘n skeur kom en toe begin die steen glinster in die water. Rooi-pers flitse verlig die water, asof die strale deur die water klief. Die water voer my by die rotsskeur in . . .
Daar is rotsformasies oral, en sowaar daardie een lyk soos ‘n slang se kop wat uit die klip beur, kompleet met gevurkte tong en ogies gekap uit die rots. Die klipslang se lyf raak weg in die rots. Die hardheid hou die ondier gevange . . .
























Kry jou SARIE oral, enige tyd