Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
Ek het die volgende waarheid, die volgende inspirerende woorde ontdek in SARIE van Desember 2009. Michélle van Breda het dit in haar redakteursbrief geskryf, dit het my laat dink.
"Die moontlikheid van vervulde drome en om uit te styg is vir baie van ons ewe intimiderend. Want dit kan 'n alleenpad wees en ons besef maar te goed: Saam met nuwe uitdagings kom groter verantwoordelikheid. So, uit vrees vir mislukking, en ironies genoeg, ook vir sukses, bereik baie van ons net 'n deel van ons potensiaal.
Our Deepest fear: Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. (Marianne Williamson) "
Waarvoor is jy bang? Op hierdie oomblik antwoord nou dadelik sonder om te huiwer! In vandag se samelewing is daar vrees letterlik om elke hoek en draai. Ek ry gister Tygervallei-sentrum toe, toevallig is my droom ook gister vervul, om my boek gepubliseer te kry, maar dit is 'n storie vir 'n ander dag.
Ek is bang, ek gaan verby die Mew-afrit ry. My man het vroeër gebel en vertel van die onrus daar, klipgooi en opstandige inwoners en ek moet daar verby. Hoe nou? Ek dink heel eerste aan my kar, ek sal voet in die hoek sit as ek naby Mew-afrit kom. Wat as daar klippe oor die pad is, hoe dan ? Die een bang gaan oor tot die ander. Ek besluit ek gaan 'n kans vat. En ek dink aan hoe ek vrees oorkom het, 'n gooot vrees, 'n vrees wat my lewe 'n paar jaar gelede totaal verander het. Hoekom is ek nou bang, wanneer ek by die afrit kom, wat ook al gebeur weet ek ek sal die regte ding doen. Ek klap myself sommer teen die kop, Tanya wat is dit met jou, hierdie is mos 'n piekniek!
Ek was bang vir motorfietse.
Nie net vir die twee wiele met 'n engin nie maar ook vir wat dit in my lewe gebring het. Dood, hartseer, trauma en verandering, ontwrigting, onsekerheid, en ek kan die lysie sommer lank maak.
Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink.
Ek begin werk by 'n motorfietshandelaar. Ek stap by die deure in en daar staan my vrese, mooi in gelid. Maar veral een vrees neem my verstand en krap dit deurmekaar. Sy is pers, sy het 'n massiewe enjin en sy blink. Sy sê kom ou girl kom klim op, ek vat jou op 'n rit wat jy nooit sal vergeet nie. Ek kry hoendervleis terwyl ek skryf, trane drup op my bril. Die Yamaha MT-01 het my wel op 'n rit gevat, 'n rit om weer voluit te leef en enige vrees wat oor my pad kom daaruit te veeg.
Dieselfde aand borrel ek oor van entoesiasme, ek vertel my Ier van haar, "Paddy you have to come and see her." Die gedagte om haar te koop is 'n droom. My baas gee haar vir ons om saam met 'n groep van 50 motorfietse Stilbaai toe te ry.
Ek sit my valhelm op, ek bewe, ek stap na haar toe aan. Paddy het alreeds opgeklim. Elke tree nader is vir my 'n oorwinning. Ek gaan opklim, ek wil opklim en ek kan opklim. Ek kan op my vrees klim.
Soos die kilometers onder die wiele verdwyn raak my glimlag al hoe breër, so in die ry klap ek myself sommer op die skouer! Ek het dit gemaak, ek is hier, ek het my vrees oorkom. Die dag toe ek die tjek vir haar uitskryf besef ek met die finale handtekening dat ek my vrees oorkom het. My nuwe lewe het begin, ek bang niks nie, want ek weet ek kan enige vrees oorkom.
Ek skryf die volgende woorde vir die Yamaha MT-01:
Twee Wiele
2 wiele het geneem
2 wiele gee nog steeds
2 wiele het my hart gebreek en
2 het dit weer heel laat klop
2 wiele het my bang gemaak en
2 wiele het my vry gemaak
2 wiele het die dood gebring en
2 wiele het die lewe weer betekenis gegee
2 wiele het my laat nagmerries ry en
2 wiele het my laat soete drome kry
2 wiele was 'n stuk koeksuster metaal en
2 wiele is nou lieflike perswart staal
2 wiele het my lewe laat stop en
2 wiele se dromme klop nog steeds in my kop
2 wiele het my laat vrees en
2 wiele laat my gil van plesier
2 wiele is weg (om die engele 'n harde tyd te gee) en
2 wiele is nou hier om my elke dag die lewe weer te gee
Verwante artikels
-
Om Bubbles te Blaas
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
"Wanneer ek by die huis kom gaan staan ek dan gewoonlik op die stoep en blaas bubbles. Bubbles het my help vrede maak met dood."
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "My man het in my arms gesterf"
SARIE - Mei 2010
"My man is amper ‘n week gelede dood, ek gaan vandag sy as haal.
-
Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor Blog: "My prokureur se wyse (gratis) raad"
SARIE Julie 2010
"Woede en haat gaan sit in jou klere vas, dit bly daar totdat jy besluit om dit uit te was, of selfs om sommer die klere weg te gooi! Help dit om te haat? Dit is tog iets wat jy elke dag met jou saamdra en JOU ongelukkig maak..."
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: Wat my kind my leer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek kan nie slaap nie, my maag is in die pad.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.














Kommentaar
Brenda de Klerk het gesê:
Double cheers!!!!
3de Jun. 2010, 16:38Bernie Colyn het gesê:
Tanya dankie vir iets so positief. Ons praat nou net daarvan hierby die werk hoe maklik is dit nie om by almal in te val met alles wat negatief is en dan die hele geselskap daarmee oor te vat maar daar kom nooit iets positiefs nie so dankie liewe mens vir jou wat altyd so positief is en 'n mens aansteek soos 'n vuur om so bietjie positief te wees. Geniet jou blog ongelooflik baie
3de Jun. 2010, 14:53