Tanya O'Connor blog: "Ek kan enige geurtjie oorkom"
"Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend."
Ek voel goor, my lyf is nie meer my eie nie. Ek het so 'n mislike trek op my gesig. Die gesig wat in die spieël vir my kyk, is nie myne nie. Nee, dit is beslis nie ek nie! Sal weer later kyk, miskien is Tanya dan terug.
Op die bank in my kamer lê nuwe klere, ek moes laat maak. Ek is huil-huil uit by 'n klerewinkel, want niks het lekker gepas nie. Ek voel soos 'n gestrande walrus, en die son skyn nie vandag op hierdie walrus nie.
Die fluweelklere sal my toevou met toemaar-dis-oukei, Rubens het tog groot vroue geskilder. Ek sien ook my gesig-verfsakkie lê, ek begin stadigaan hoop kry. Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend.
Ek is nou amper 28 weke swanger en daar word sokker gespeel in my maag, gedurig! My organe word geherrangskik en mnr. Rory laat my vinnig hoor dat hy nie van sterk kos hou nie. Hoe nou gemaak? Ek kan nie proe soos ander mense nie. Ek kan glad nie ruik nie, so Hilda'tjie se koskombinasies geval my nogal. Slap tjips met roomys en 'n titseltjie tamatiesous daarby net vir die skop.
Ek wonder oor die doeke wat beslis nou en dan 'n reukie sal afgee. Hoe gaan ek dit weet? Ek sal daardie geurtjie oorsteek as ek daar kom.
Die idée van ma word . . . ek het dadelik prakties begin dink en my hormone toegelaat om oor te vat, sommer gister 'n 4 x 4 vir Rory gekoop.
Dit nog nie eens gesien nie, maar die handelaar vertrou. Het die verkoopsman gewaarsku: "Peet, jy weet mos van Rory en my hormone is deurmekaar, ek weet ook hoe om 'n gelaaide volstruishandsak te swaai, "so beware". Hy het net gelag, ken my al goed. Ek weet hulle sal nie 'n skedonk aan my verkoop nie. Het al agt voertuie gekoop by die betrokke winkel, ons is soos familie.
Ander ma's koop 'n stootwaentjie, ek koop 'n 4 x 4, maar dis ek en ek doen wat goed is vir my en wat vir MY sin maak, hormonaal sin maak!
Ek was en is nog steeds bang, ja, ek is bang vir die onbekende van 'n klein bondeltjie Ierse liefde. Maar ek weet ek gaan oukei wees, ek kan NOU niks doen aan my vrese nie, net elke dag van 'n bultmaag geniet. Elke dag se lewe-voel geniet.
Ek glimlag al klaar, ek is seker as ek nou in die spieël kyk, gaan ek beter lyk.
Ek gaan nou opstaan, my nie steur aan die kat se smekende oë wat sê, bly lê nie.
Die dag wag, die lekker van leef wag!
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: Wat my kind my leer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek kan nie slaap nie, my maag is in die pad.
















Kommentaar
Genée het gesê:
Hallo sonskynmens, so dan en wan 'n bietjie reën en donderwolke is heeltemal normaal met die hormonale wals wat aangaan op 'n maat van sy eie in swangerskap en menapouse. Die ronde magie nou ja wat sê ek vir jou ? dis nou maar so en groei gaan hy groei! Jou voete gaan op vakansie jy sien en bereik hul nie meer nie. Maar hoop ten goede is daar die selfde uur na Rory sê "hallo ma!" kan jy en jou voete mekaar weer leer ken! Die lyfie swaai dan 'n vreemde ritme en als voel los en of dit wil uithang en uitval. "n ou verpleegster het in my oor gefluister bind jou styf vas en dra stywe klere. Ek het haar staan en beloer en gewonder waar haar logika gaan aftree het. Maar helaas dit was wyse woorde hoe gouer jy vasgord hou gouer trek als terug na "normaal" Maar jou lewe vind 'n nuwe pad...grondpad en later snelweg. Want 'n baba verander jou onherroeplik in 'n wese wat jy nooit gedink kan bestaan nie. Die aanleer van geduld, trane wat dadelik in 'n sagte glimlag verander. Liefde wat seermaak. Om onvoorwaarlik te gee, aanvaar en te laat gaan. Jy kom agter min slaap is 'n tydelike kondisie wat voel of dit verewig aan hou en dan skielik is dit ook oor. Jy slaap nie wanneer jy moet nie want jy verkyk jou aan die nuwe bondeltjie lewe. Viva Lewe Tanya! Jou donker wolkie het reeds verpas soos ek jou leer ken het.
30ste Jun. 2010, 15:10