Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
Ek het 'n ou oorpak van my pa aan. My maters langs my is net so behang met kettings en die hare is in allerhande kleure. Ek onthou die aand goed! Dit was 'n "Back Streets of London"-partytjie en ons het oorboord gegaan. Deesdae is blou lippe in en ek hang nou 'n perdestang om my nek, so ek het nie baie verander nie! Miskien is die heupe wyer en die hare skakerings van rooi om die grys by die slape weg te steek, maar van binne is ek nog dieselfde.
Die aand is vars in my geheue, hoe kan ek vergeet dat ek daardie aand die perfekte "jump" gespring het, net soos David Lee Roth van Van Halen? Ek het 'n paar weke gelede hul nuutste CD gekoop en een liedjie wat "live" opgeneem is se woorde, wat David L Roth met die skare deel, het my bygebly. Hy het vertel van hoe hy een aand voor die konsert in sy hotelkamer sit en worry het oor die "show". Hy sê terwyl hy sy tyd gemors het om hom te bekommer het sy mede-"band"-lede geparty soos min in 'n ander deel van die hotel. Hy vertel die jillende menigte, "What matters is right here right now, tomorrow my never come, and *&^&& tomorrow". Wat tel is nou en hier!
Mnr. Roth se woorde weergalm in my kop, klap teen die wande van my skedel terwyl ek oor die woeste see uitkyk. Die wind waai verwoed. Koning Neptune roer die see met sy enorme vurk, sy wit seeperde met skuimpote is op galop. Dit gaan woes daar op die oop see, en ek wonder hoe dit moet wees om in die seesproei te wees? Hoe moet dit voel? Ek dink aan David se woorde, en ek geniet elke sekonde van die oomblik, van die kyk en van die dink.
Hoeveel keer dink ek aan ander onbenullighede wanneer die oomblik waarin ek my bevind die beste van my lewe kan wees? Ek kry hoendervleis terwyl ek hier skryf, ek raak sooo opgewonde en ek spreek myself hard aan! Tanya jy GAAAN van nou af elke oomblik van jou lewe indrink, jy gaan dit ervaar, jy gaan vertoef in daardie oomblik! Ek ril wanneer ek dink hoeveel sulke oomblikke ek al vermors het. Hoeveel keer was ek op 'n plek, by 'n mens, in 'n oomblik en ek het dit nie werklik myne gemaak nie? Ek was nie werklik daar nie.
Dit help nie om daaroor te tob nie, dit help nie om kwaad te wees vir myself nie, wat help, is om die besluit te neem om NOU en HIER te geniet! Om NOU en HIER myne te maak, want ek gaan nooit weer die voorreg hê van NOU en HIER nie!
PS. Ek staan op en gaan skink 'n glasie 5 jaar oue De Compagnie Brandewyn! Cheers op Koning Neptune en sy vurk, maar die grootste cheers op NOU en HIER!

Verwante artikels
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "De Compagnie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Ek byt in 'n groen vy in, ek hoor hoe die skilletjie kraak onder my tande. Die soet loop stadig oor my tong.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.




















Kommentaar
Karen Lelieblom het gesê:
Pragtig! dankie!! dis spesiaal v my!
26ste Nov. 2010, 15:09