Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
Lees haar blog waarin sy vertel hoe sy aangegaan het met haar lewe, maar ook die herinneringe van haar man se dood destyds neerpen.
31 Mei 2010
Ons almal is anders (maar tog dieselfde)
Ek en (skoon)ma sit by die Panorama kliniek, ons drink tee. Ek kyk na haar, ek voel hoe liefde in my hart opwel. Ek het weer 'n ma gekry, ek het weer 'n kans gekry. Ons is hier vir 'n besoek by 'n slim spesialis, 'n vrou so slim sy straal dit uit. Vandag sien ma haar kleinseun beweeg vir die eerste keer.
Ja ek is weer getroud, onbeskryflik gelukkig getroud, en na 'n miskraam twee jaar gelede is 'n baba op pad. Die pad tot hier vandag was 'n laaang eksamen. Ek het al die vakke geslaag maar nie altyd so goed nie, maar ek het dit tog gemaak. Ek het elke vraestel voltooi al was dit nie altyd met 'n A of 'n B nie. Ek het my beste gegee vir myself, ek het nooit toegelaat dat die samelewing en mense my wysmaak wat ek weet nie vir myself sou werk nie. Joan Armatrading sing 'n liedjie, ME MYSELF I . . . dit was net ek en myself en my drie honde.
Dit was vir my 'n aanpassing om alleen te wees, om die eerste oggend na my man se dood wakker te word en te dink, ek is nou 'n weduwee.
Om op te staan en te dink hy lê êrens in 'n yskas.
Die foon lui, dit is die Suid Afrikaanse Orgaanskenkingsvereniging. Hulle vra my man se organe! Eers wil ek elke watsenaam strip wat daar is om te strip. Ek wil vreeslik kwaad word. Hoe kan hulle my man se lyf wil he ? En toe die besef, hy is weg, die lyf wat by die hospitaal le is net 'n dop. 'n Vel sak met gebreekte bene hier en daar. Ek se vat maar, vat wat julle kan gebruik.
Sy hartklep, beenmurg, korneas en vel word geoes. Sy vel gaan vir 'n dogtertjie met 70% brandwonde. Een van sy oe vir 'n kunsstudent, die ander vir 'n musiekonderwyseres. Sy beenmurg help 16 mense. Sy hartklep gee ook nuwe lewe. Ek het die brief nog steeds, die brief wat dankie se. Dankie ? Dit klink snaaks, hoe se mens dankie vir organe ? Ek is soo bly ek kon help, en ek weet hy sou dit ook so wou he.
Ek het al baie gedink oor die dood. Die oggend toe ons vir hom totsiens se en sy as in houtboksie langs sy geliefde bier staan besef ek hoe ek presies voel oor die dood. Dit is 'n vars oggend, almal is daar in hulle beste klere, aangetrek om koebaai te se. Hulle motors blink, hulle blink, en ook die trane op hulle wange blink. Ek glimlag, die eerste werklike glimlag, in 'n week. Die dood is 'n viering van die lewe, hy het sy take op die aarde voltooi, hy het voluit gelewe en nou is dit tyd vir hom om tata te se. Hoe kan ek bitter wees oor die dood? Hoe kan ek vrae vra? Die dood is finaal en ek was bevoorreg om deel van sy lewe te wees. Ek sit sonder enige verwyte. Ek het liefde, verstaan, blomme, vriendskap, motorfietse . . . wat ook al gegee toe hy geleef het. Ek het vrede, en . . . ek het die lewe. 'n Lewe wat voorle om soos hy 'n verskil te maak in my eie lewe en in ander se lewe.
Ek het al gehoor, is al gesê, "ek kan nie glo jy het die dood dadelik aanvaar nie" ? Hoe kon jy, daar is mos prosesse ? Wel dit is juis hoekom ek hierdie skrywe noem ons almal is anders. Ek was eerlik met myself, ek het gedoen, opgetree en aangegaan met die lewe want my uitkyk en filosofie het vir my gewerk. Ek het aanvaar ek is anders as ek dit kan vergelyk met die samelewing se proses gedrewe standaarde wat dood, hartseer, aanvaarding en liefde aan betref!
My uitkyk werk nog steeds vir my! Nee ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie. Hoekom sou ek, ek doen elke dag selfondersoek en ek luister vir my eerlike self. My dae is nie elke dag vol voelgesang of pronkertjies wat altyd lekker ruik nie. Hier en daar is daar wel 'n malva en 'n haantjie wat al van vroeg af iriterend kraai. Ek is egter oortuig dat wat ook al op my pad kom ek mee hand kan skud en se kom ons gesels. Kom ons maak dit werk, kom ons verander dit, soek 'n uitweg en gaan aan met die lewe!
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "My man het in my arms gesterf"
SARIE - Mei 2010
"My man is amper ‘n week gelede dood, ek gaan vandag sy as haal.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: Wat my kind my leer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek kan nie slaap nie, my maag is in die pad.














Kommentaar
Elsa Kleinhans het gesê:
Vriendin. Dit is so great dat daar soveel lewe kan wees uit 'n ander se verlies. Wat jy gedoen het, is wonderlik! En jy het weer 'n kans gekry op liefde, 'n nuwe familie, 'n nuwe lewetjie op pad. Ek wens jou net al die geluk en liefde toe! Jy verdien!! Jy weet hoe ek voel oor die ME MYSELF ding! Luv u
5de Jun. 2010, 12:13Bardine Salchow het gesê:
T-girl, ek haal my hoed af vir jou. Uit die seerste seer kry jy die beste gevoel- positief, ek lewe!!
31ste Mei. 2010, 18:26Dr Johan Gouws het gesê:
Tanya, jy is 'n voorbeeld van iemand wat saam jou man deur die vallei van doodskaduwee gestap het, en uiteindelik kon sien dat daar lewe aan die anderkant is. Dankie dat jy ons laat besef die dood is nie 'n verskrikking nie, maar moet gevier word, dis 'n lewe wat gevier moet word. So min mense maak hulself oop om aan die lewe te dink wanneer die dood toeslaan. Dis egter so nodig, want net die lewe kan mens weer laat leef ... en kyk, jy is gelukkig getroud en 'n kleinding is op pad ... 'n nuwe lewe ... wat 'n genade!!!
31ste Mei. 2010, 17:31Theresa Potgieter het gesê:
Baie roerend en met insig geskryf. Dankie Tanya!
31ste Mei. 2010, 15:59Elize het gesê:
Tanya alle voorspoed aan jou met jou nuwe lewe!
31ste Mei. 2010, 12:30