Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer

Deur Tanya O'Connor, SARIE - Junie 2010

"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"

Skoonma lees onlangs vir my briewe van 1962! Sy lees van hoe my man se pa vir haar elke dag geskryf het. Hulle het 'n huis gebou, sy was op die plaas by haar ouers vir 'n paar maande, en hy het haar op hoogte gehou met die vordering deur briewe.

Daar was nie selfone nie, en baie min telefone. Sy lees ook hoe hy na my man, toe 'n baba van 'n paar maande as "his nibs" verwys het. Ek gaan soek vir die terme op die internet, staan verstom op wat ek ontdek. In die 19de eeu is ook so verwys na "Lords" en "Sirs", "someone of great importance".  Soos ek hier skryf skop Rory verwoed in my maag, trane meng met 'n glimlag. Ek kan nie glo daar is 'n wonderwerk in my maag nie.  'n Wesetjie van groot belangrikheid is besig om bollemakiesie te slaan, sy ma se binneste nou en dan met 'n vuis by te dam dat ek so hik van ongeloof.

Ek dink hoe moet die klein mensie voel? Kan hy al dink? Kan hy my liefde vir hom voel? Ek glo so!

Ek het nooit eens gedink aan kinders nie, na skool het ek begin werk. 'n Toekoms begin uitkalwe uit 'n harde graniet lewe. Om te oorleef was elke dag deel van my leef. 

Nadat 'n perd my aan my voet gesleep  en ek my reuksintuig verloor het, selfs 'n brein operasie

 

Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?

ondergaan het, het ek weer begin werk, by 'n ryskool. (Ek het nou nog 'n litteteken wat al goed verdwyn het met die jare, die perd se hoef het net net my regteroog gemis.) Ja ek het weer opgeklim op 'n perd! Ek het kinders met downs sindroom en dyslexia leer perdry. 

Dit was finansieel die moeilikste jaar van my lewe maar ook een van die beste jare van my bestaan op aarde.  Ek het soggens semels saam met die perde geeet, en dit geniet. Ek kon net Vrydae wanneer ek betaal word melk koop en het dan maar die hele twee liter melk net so uitgedrink. Dit was my poeding vir die hele week!  'n Pakkie spaghetti gemeng met 'n uitgerekte bolognaise sous moes 'n week hou, water was my koeldrank.  Elke krieseltjie kos was heerlik, elke slukkie water 'n plesier.  Glo my jy kan 'n lieflike bredie aanmekaar slaan met 'n halwe uit, 'n aartappel en 'n wortel en 'n gedagte van 'n tjop!

Ek het stalle skoongemaak, perde gebad, hoewe skoon gekrap, bale gedra.  Tussen deur 'n paar ribbes gebreek, 'n perd het tot 'n hap uit my bo arm gevat.  Ek het  verpleegster vir siek perde gespeel, geleer hoe om 'n insputing binne aars te gee.

Ek het baie vuil geword, party aande het ek net my oë in die spieël as my eie erken, die res van my gesig was bruin van die stof.

Die stilte van 'n Karooveld is 'n kopskoonmaker, agter elke bossie skuil 'n waarheid. 'n Perd luister ook beter as 'n mens as jy met hom praat en antwoord jou tog met 'n runnik!

Ek het 'n verskil gemaak in 'n paar lewetjies. Die geluk om 'n kind te sien wat besef hy/sy het beheer oor 750kg spiere is onbeskyflik! Hulle kry soveel selfvertroue, begin glo in hulself.  Hulle het nie beheer gehad oor somme en woorde nie maar wel oor 'n baie groot dier.

Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?

 Ek dink aan my perdry dae, ek dink aan wat ek als oorkom het net deur weer op 'n perd se rug te klim. Ek dink aan hoe my lewe verander het. En ek kry hoop vir myself.  Ek kry hoop vir die ma wees toekoms. 

Ek weet ek gaan die ma perd beklim en sommer bloots ry. Ek weet ek gaan bo bly! Ek gaan Rory leer van perdry, van hoe om die lewe te ry!

Ek gaan hom leer van bale sleep en stalle skoonmaak. Ek gaan hom leer dat jy enige iets kan beklim as jy net wil! Ek gaan hom leer dat dit jou keuse is om bo te bly en as jy afval om weer op te staan, en nooit bang te wees vir 'n perd nie, al is hy ook hoe groot!

Verwante artikels

Kommentaar

  • I THINK i was one of the test subjects, and boy did i like the probing!!!

    19de Jan. 2011, 15:38
  • Very good article I enjoy your website keep up the great blog posts

    17de Jan. 2011, 09:33
  • hey there I just wanted to comment your blog and say that I really enjoyed reading your blog post here. It was very informative and I also digg the way you write! Keep it up and I’ll be back to read more soon mate

    2de Jan. 2011, 16:51
  • Everything has improved extremely grateful to you for the sper working in the whole program ..

    2de Jan. 2011, 09:26
  • I have to state, you chose your words well. The ideas you wrote on your encounters are well placed. This is an incredible blog!

    1ste Jan. 2011, 10:27
  • I have been searching for this information and finally found it. Thanks!

    29ste Des. 2010, 12:31
  • I really liked your article.Thanks Again. Awesome.

    25ste Des. 2010, 22:14
  • I am new to this forum.say hello to everybody.

    25ste Des. 2010, 13:04
  • Nice site, I envy it, but it seems a little weird when under mozzila browser, keep it moving:)

    24ste Des. 2010, 17:12
  • Og,my mens jy gaan een wonderlike ma wees.Jy het so baie on te gee,en jy doen.Vir daai klein mense gaan jy gee en nooit ophou nie,mammas wil ons alles vir hulle kinders gee wat hulle nie gehad het nie,en jy is so 'n GEE mens.Jou man is een bitter gelukkige persoon.Allea wat jy vat en doen verander in liefde en gee,dis'n kosbare eienskap. Dankie!! vir wat jy met ons deel.

    13de Jul. 2010, 15:31
  • Ma-wees is ongelukkig net iets waaroor ek kon droom - dit was my nie beskore nie. Die gebrek aan sagte velletjies, snot neusies, aanhoudende geneul vir iets, die tantrums, die eerste treetjie, die eerste woorde en die woorde daarna wat jou kan laat lag of huil, die trots as jou kind iets verrig wat jy nie gedink het hulle kon nie, die shopping vir die nuutste mode item, die atletiek byeenkomstes, die hartseer, die vreugde, die kleinkinders - dis al wat ek wou gehad het maar nooit kon beleef nie. Net die leegheid in my diepste wese en die hoop dat more miskien nie so leeg sal wees nie. Waardeer julle kinders, wees lief vir hulle al maak hulle droog, staan hulle altyd by al maak dit jou hoe seer. Skuif die dinge wat jou besig hou opsy sodat jy tyd met hulle kan spandeer. Lag baie saam, baklei partykeer saam (dis wat ouers doen) maar staan altyd saam. Waardeer hulle altyd. Hulle is 'n baie kosbare geskenk.

    22ste Jun. 2010, 18:58
  • Ja vriendin, die grootste leermeester in die lewe is jou kinders. Hul leer jou van uithou en aanhou. Hul ken nie die woordjie "nee" nie en verstaan nie hoekom nie. Hul het nie 'n bang haar op hul hofies nie (tensy ma of pa hul daarvan vertel) Vrees is aangeleerde gedrag. Ek het kinders wat aangerand is sien weer vertrou en liefhê. My dogter was aangeval en beroof op ouderdom 16 helderdag in die sig van menige in die Centurion Mall. Haar pad wat sy moes stap na herstel het my geleer ek kan nie als vir haar wees nie. Sy is 'n waagstuk op 2 beentjies. Ek leer die lewe sien deur haar oë, haar vreesloosheid en haar waagmoed, haar leuse is "hoekom nie?" nou op 20 maak sy haar bande los van ons. Dis moeilik in my hart, die storms wat daar woed, maar sy is reg vir die lewe. Ons het geplant en gewater toe ons kon, nou staan die oes vol in die son en sy blink soos goue koringare. Sy is mooi, binne en buite, ek sien haar raak, wie sy is. Sy het my geleer. Sy laat gaan nou my hand en vat hom slegs as sy my oor die pad lei. Vreemd die pad, maar so vol reenboog kleure. Die vreemdste is die eienskappe wat sy dra erken jy, jy verwonder jou dat 'n wesentjie wat so deel van jou is dan ook so anders kan wees as jy en sowaar haar eie wil en manier het, selfs radikaal anders kan dink oor sake as jy. En jy? jy leer dit respekteer en jy leer om te laat gaan. Ek laat gaan....en ek beloer elke boer wat wil oes met 'n arendsoog....in die stilte

    14de Jun. 2010, 17:42
  • My oudtste ooilammetjie vrek oor perde en dis wat sy met haar lewe wil doen. My twee kinders is vandag in New Zealand saam met hulle pa - die dag toe hy vir my se hy wil hulle landuit vat want hy sien nie 'n toekoms vir hulle hier nie, het my hart gebreek. Maar wat vir my goed was was nie noodwendig vir hulle goed nie! Almarine moes agterwee bly en Lizelle en Simone moes eerste kom! Ek verlang myself simpel na my tweetjies maar oor twee weke gaan ek vir 3 weke kuier. Wat ek die meeste mis van my kinders is hulle reuke! Elkeen het hulle spesifieke reuk! Ek mis om soggens vroeg vir Lizelle koffie te vat en as ons eers ons koffie gedrink het gesels ons. Ek mis Simone se opstaan stem wat vir my vra "wat eet ons"! In my hart sal my twee ooilammetjies my babas wees as hulle vandag 21 en 17 onderskeidelik. Eks lief vir julle.

    14de Jun. 2010, 13:20
  • Dit is die beste les wat jy jou kind kan leer. My seun het ADD en daar is gese dat hy nooit in 'n gewone skool sy matriek sal kan behaal nie. Ek het vir hom gese saam kan ek en hy alles vermag met die krag wat die Vader ons gee. Ek het letterlik saam met hom geleer en amper vraestel na vraestel saam met hom geskryf. Ek het hom geleer deit is maklik om tou op te gooi en se die mense was reg ek kan nie, maar dit is soveel lekkerd om hulle verkeerd bewys. Toe die Juf. wat hom afrikaans gegee het hom uit die ry gehaal het waar hulle gestaan en wag het vir hulle uitslae was hy oortuig dat sy gaan se hy het dit nie gemaak nie en my kind se gesig was spier wit. Maar sy wou hom net bedank vir sy harde werk , want hy het in 'n gewone skool Langenhoven Gimnasuim sy matriek gemaak en 67% vir afrikaans behaal. Ek is so trots op hom hy het ook geleer aanhouer wen

    14de Jun. 2010, 12:14