Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
Ek het vanoggend in my 1952-Nash Metropolitan geklim en gewonder, hoekom ry ek jou, ou "girl"? Ek kan haar nie sommer net 'n "girl" noem nie. Sy is ouer as ek, en sy het baie meer van die lewe gesien as ek. 58 jaar van haar lyfie aanmekaar hou en "still going strong".
Ek stel julle graag voor aan hierdie besonderse wiele.
Om Mildred, aan die gang te kry vat baie geduld. Jy moet eers die petrolpedaal 'n paar keer pomp, dan die sleutel draai en die aansitknoppie druk. Partykeer moet jy selfs die "choke" en die knoppie saam manipuleer, dan eers kom sy aan die gang. Maar as hierdie ou statige dame haar stem dik maak, is daar geen keer nie.
Mildred het geen luukshede nie, maar haar statige manier van ry, bring kalmte en vreugde elke keer wanneer ek inklim. Sy laat my besef dat daar baie meer aan die lewe is as om te jaag van punt A na punt B.
Mildred beskik oor die fenomenale 0 - 60 kilometer per uur in dertig sekondes!
Daar is meer aan "motoring" as spoed. Sjoe, het ek daardie woorde gesê? Tanya wat foto's neem van haar motor se spoedmeter, dit dan MMS na die handelaarshoof en byskryf: "Ja, Garth die Coupe kan daardie spoed bereik." Wat het met my gebeur?
Ek het spoed en luuksheid agtergelaat die dag toe ek Mildred begin ry het. Sy gee my elke dag nuwe oë om deur te kyk, met haar stadige maniere laat sy my die mooi om my meer waardeer. Sy is so stadig ek kan selfs die blare van 'n boom in detail bewonder wanneer ek verbyry. Ek sien die verskillende skakerings van die blou lug, die wolke se patrone meer raak as ooit tevore.
Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly. Ek ry stadig en beleef hoe dit moes gewees het 60 jaar gelede. Dinge het stadiger gebeur, daar was meer tyd vir jou medemens. Selfone, rekenaars al die goed wat ons lewens net meer gejaagd maak, het nie bestaan nie. Mense het nog briewe geskryf, pieknieks gehou, na die wireless geluister. Ek weet die lewe het verander, ek het verander, maar ek sê dankie vir hierdie liewe motor wat my laat dink om stadiger te loop en tyd vir myself te gee. Dinktyd, terwyl ek in haar ry.
Die week lê voor, uitdagings en sperdatums. Lysies wat afgemerk moet word, 'n mens raak so vinnig verstrengel in 'n gejaag. Probeer vandag net 'n bietjie stadiger beweeg, miskien sien jy iets raak wat jou deur die dag sal dra !
PS. Ek moes lag . . . in plaas van luister na my iPod het ek vandag na Mildred se enjin geluister!
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "My man het in my arms gesterf"
SARIE - Mei 2010
"My man is amper ‘n week gelede dood, ek gaan vandag sy as haal.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya van Graan stel haar eerste solo-album bekend
SARIE - Junie 2010
Tanya van Graan het al 'n bietjie van alles gedoen.
















Kommentaar